cure-real
Results 1 to 4 of 4

Thread: Verwysings na nie-Bybelse boeke...

  1. #1

    Verwysings na nie-Bybelse boeke...

    Wat is julle opinie oor die talle verwysings na boeke (verlore of andersins) in die Bybel, maar wat nie in die Bybel opgeneem is nie ? Die bekendste hiervan is seker Henog (Judas 1 : 14, 15) , en dan is daar fasinerende verwysings na bv " die Boek van die OorloŽ van die HERE" in Numerie 21:14. Een bron skryf oor hierdie boek :

    Sometimes called The Book of the Wars of Yahweh. One source says "The quotation is in lyrical form, so it is possibly a book of poetry or a hymnal...Moses quoted it, so the date of its composition must have been prior to the completion of the Pentateuch, perhaps during the wanderings in the wilderness. Nothing else is known about it, and it survives only in Moses’ quotation."


    Dit was vir my verbasend om te sien presies hoeveel van hierdie boeke word na verwys of aangehaal in ons kanon, hier is 'n redelike volledige lys vir die wat belang stel.

    Wat dink julle ? Hoekom is daar verwysings na en selfs aanhalings uit boeke wat uiteindelik nie opgeneem is in die protestantse Kanon nie ? Is dit 'n jammerte dat sommige van hierdie boeke verlore geraak het deur die eeue ? (Ek self het 'n groot voorliefde vir boeke, en vind hierdie onderwerp fasinerend.)

  2. #2
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,851
    Ek dink nie enige buite-bybelse bron bevat noodsaaklike heilskennis nie, maar ek sien ook niks daarmee verkeerd om kennis te neem van buitebybelse bronne nie. Dieselfde geld bv. vir die kerkvaders. Natuurlik bly die kanon van die Bybel wat ons het die finale gesagsbron / maatstaf. Maar daar is selfs sake in die Bybel wat mens beter verstaan in die lig van party van die apokriewe boeke. Van die apokriewe boeke (bv. die Boek van die opregte / Jasher) bevat bv. ook inligting om sekere aspekte van die okkulte beter te verstaan.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  3. #3
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    Western Cape, South Africa
    Posts
    577
    Quote Originally Posted by Philip dT View Post
    Ek dink nie enige buite-bybelse bron bevat noodsaaklike heilskennis nie, maar ek sien ook niks daarmee verkeerd om kennis te neem van buitebybelse bronne nie. Dieselfde geld bv. vir die kerkvaders. Natuurlik bly die kanon van die Bybel wat ons het die finale gesagsbron / maatstaf. Maar daar is selfs sake in die Bybel wat mens beter verstaan in die lig van party van die apokriewe boeke. Van die apokriewe boeke (bv. die Boek van die opregte / Jasher) bevat bv. ook inligting om sekere aspekte van die okkulte beter te verstaan.
    Ek stem saam.

    Ek glo dat die boeke wat in die Bybel opgeneem is die volle evangelie bevat, en dat alle inligting nodig vir heilskennis daarin vervat is.

    Sodra meer boeke oorweeg word, stel ons ons nasate bloot aan verdere versplintering van die liggaam - want hoekom kan ons nie na die sg. profete van die SDA, Jehova se Getuies en Mormone in dieselfde lig as die Bybel sien nie?

    Anton
    השייך לאלוהים דרך ישו

  4. #4
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699
    Quote Originally Posted by Philip dT View Post
    Ek dink nie enige buite-bybelse bron bevat noodsaaklike heilskennis nie, maar ek sien ook niks daarmee verkeerd om kennis te neem van buitebybelse bronne nie. Dieselfde geld bv. vir die kerkvaders. Natuurlik bly die kanon van die Bybel wat ons het die finale gesagsbron / maatstaf. Maar daar is selfs sake in die Bybel wat mens beter verstaan in die lig van party van die apokriewe boeke. Van die apokriewe boeke (bv. die Boek van die opregte / Jasher) bevat bv. ook inligting om sekere aspekte van die okkulte beter te verstaan.
    Ja en dan die anner vraag of ander kant van die storie, as die Gees dit nie openbaar nie, sal dit net so dood wees soos voor ons gered was?

    Het so stukkie van Henog gelees en die 10 gebooie kan ek nog nie doen nie toe kom die' klong en daar is goed wat mens nie eers oor dink nie... eendag sal ek weet,maar nou bly ek maar by Woord en wonder ek oor Henog want ek sal sekerlik eendag sy verhaal reg wil hoor en oor die boek van Henog kon ek nie goeie reviews ? kry nie, wel paar OP PAS 'se

    En oom ek laaaaikk ook die lees baie , maar die kiddies ens maak tyd ma min
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Boeke - lees ons nog?
    By Antonvs in forum Alles en nog wat
    Replies: 13
    Last Post: Dec 28th 2008, 08:14 AM
  2. Apokriewe boeke
    By mari in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 24
    Last Post: Dec 18th 2008, 12:48 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •