cure-real
Results 1 to 5 of 5

Thread: Wees eensgesind!

  1. #1
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614

    Wees eensgesind!

    Verskoon by voorbaat hierdie lang plasing. Hierdie is moontlik die laaste plasing in n lang tyd wat ek hier maak, so verdra my asseblief maar..... Sien ek voel gelei om hierdie forum na twee jaar voorlopig te verlaat. Ek het al heelwat mense op hierdie forum gesien kom en gaan, maar ek het nie gedink die dag sal aanbreek dat ek selfs totsiens moet se nie. My eerste gedagte was om maar so stil-stil te verdwyn, maar ek voel om ten laaste so bietjie van my hart met julle te deel.

    Die forum het vir my pesoonlik geweldig baie beteken. Ek het baie vriende gemaak, en alhoewel ek nie een van julle al persoonlik ontmoet het nie, glo ek ons sal mekaar in die hiernamaals sien en kopstukke gesels! Ek wil eerstens dankie se vir die tyd wat ek hier kon deelneem, en vir julle liefde en onderskraging. Ek het al by geleentheid gese dat hierdie forum niks anders as n "gemeente van Christus" in die kleine is nie. Dit is regtig wat ek hier ervaar het....

    Ons kom almal vanuit verskillende agtergronde, maar ek glo die meeste van julle het, soos ek, ondersoekende geaardhede, en debateer graag oor lekker onderwerpe. Uiteindelik glo ek dit is die waarde van n forum soos hierdie. Om na verskillende standpunte te luister en dit te ondersoek. En om ook jou hart met ander te deel. So leer n mens tog geweldig baie van mekaar en in die algemeen. Maar wat belangrik is om te onthou, is dat niemand van ons alwetend is nie. 1 Korintiers 13 leer vir ons dat ons nou dinge sien soos in n dowwe spieel, en dat daar eers na hierdie aardse lewe n dag sal kom wanneer ons alles sal verstaan en sien soos wat dit werklik is. Daarom sal daar altyd verskille wees, maar dis belangrik om nie toe te laat dat daardie verskille ons uitmekaar dryf nie. Dis belangrik om altyd in gedagte te hou dat ander dalk ook n punt kan beethe, en om daarom aandagtig na mekaar te luister, en mekaar se standpunte te respekteer, al stem ons nie noodwendig daarmee saam nie. Ek praat nie van standpunte wat lynreg teen die Woord van God ingaan nie. Die Skrif bly uiteindelik die hoogste gesag en die enigste bron van waarheid. Maar ek praat van interpretasieverskille oor nie-wesentlike kwessies.

    Waarom is daar vandag so baie verskillende christelike kerke? Waarom verskil ons so baie van mekaar? Waarom is daar so baie verdeeldheid onder kinders van die Here oor allerlei kwessies? As ons Jesus se gebed in die tuin van Getsemane kort voor Sy kruisiging gaan lees, dan sien ons een ding wat uitstaan. Onthou dat hierdie Jesus se laaste gebed vir Sy kerk (Sy dissipels en diegene wat na hulle sou kom) sou wees. Hy het geweet dat Sy taak op aarde nou byne voltooi was en dat Hy hulle sou moes agterlaat. En as n mens die omstandighede in ag neem, dan besef n mens dat dit waarvoor Jesus bid, BAIE swaar op Sy hart moes gele het. En waarvoor bid Hy? Twee dinge - heiligheid en eensgesindheid. Maar Hy bid drie of vier keer in daardie gebed vir eenheid onder Sy kinders, Hy kom telkens terug daarna. Dit is die een ding wat Hom dus BAIE na aan die hart gele het. Waarom? Omdat Hy toe al besef het dat verdeeldheid die beste manier sou wees om die Kerk te vernietig. En Hy bid en pleit daarom by die Vader dat Sy kinders een sal wees soos wat Hy een is met die Vader. Dat hulle (ons) nie onder mekaar verdeeld sal wees nie. Maar die satan het dit ook besef. Daarom het hy reg van die begin af die kerk op daardie gebied aangeval. En in die afgelope 2000 jaar het hy grootliks geslaag in sy doel. Hy het dit reggekry om die Kerk van Christus te verdeel...... Hy doen dit deur nie-wesentlike kwessies waaroor christene verskil, so op te blaas dat mense later heeltemal perspektief verloor, en so konsentreer op die verskille, dat daar van die ooreenkomste vergeet word en dat die Here eenkant toe geskuif word. Die verskille word twispunte en die liefde en eenheid wat vir Jesus so belangrik was, verdwyn!

    Moenie toelaat dat dit op hierdie forum gebeur nie! Moenie dat die satan hier kom steel en verdeeldheid saai nie! Om van mekaar te verskil, is nie n probleem nie, maar onthou altyd die gesindheid van n kind van God! En laat Sy Naam te alle tye verheerlik word in die gesprekke op hierdie forum. Vergewe my as ek dalk met tye hierdie beginsel vergeet het en toegelaat het dat die duiwel my misbruik....

    Dit is my gebed, en dit is die boodskap waarmee ek wil groet. Ek sal nog gereeld kom inloer hier, en moontlik oortuig die Here my om later weer te begin deelneem. Maar vir die oomblik sien ek nie my weg oop nie. Ek voel dat my deelname hier nie op hierdie stadium tot eer van die Here sal wees nie en daarom gaan ek liewer voorlopig terugstaan. Maar ek bly deel van die "familie" Dankie vir die lekker saamgesels in die verlede. Die Here seen elke een van julle ryklik!!

    Groetnis!

    Eugene

  2. #2
    Gene,
    Dit is natuurlik nooit goed om 'n brief soos joune te lees nie, veral komende van 'n groot Lighuis gees soos jy. Ek gaan egter nie vir jou totsiens s nie, want ek weet sommer jy gaan vinnig weer genoop voel om ons plebs op die regte pad te kry.....en het ons dit nie nodig nie !

    Groete vir eers.

  3. #3
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,110
    Dankie Gene..., jy het iets wat nie maklik is om weer te gee nie, op 'n manier verwoord wat dit so helder maak, dat mens dit moet verstaan. Dit is vrder ook 'n boodskap wat op die regte tyd vir my kom en ek glo vir ander ook, want dit wys op 'n paar dinge wat mens nie altyd besef nie. Denominasies is eintlik iets wat ek glo die Here hartseer maak. Dit sal jammer wees as ons jou nie meer hier sien nie, jy was van die begin hier en ons het familie geword. Tog glo ek (altans ek hoop so) ons sal jou weer sien, want as mens eers die waarde van 'n internet gemeenskap soos hierdie prakties ervaar, vervang mens dit nie maklik met iets anders nie.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    its the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  4. #4
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Ai Gene, ons gaan jou wysheid hier op die forum mis! Ons hoop werklik dat jou groet n totWEDERsiens sal wees . Rus lekker en kry nuwe moed en hoop en ons glo ons sien jou geskriffies spoedig weer!

  5. #5
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699
    Tot Siens Gene,

    Jy het nogal die knak om die kalmerende woord te gee as ons dit nodig het

    Bid ma asseblief altyd vir ons as jy lees , al pos jy nie, dink dit dra nogal goeie gewig volgens Woord en gemeet volgens my aan jou vrug hier.

    Dankie en Sy Vrede vir jou.
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Pa wees en balans
    By Willem in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 22
    Last Post: Oct 14th 2008, 11:12 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •