cure-real
Results 1 to 12 of 12

Thread: Lyfstraf in skole...

  1. #1
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184

    Lyfstraf in skole...

    Ek glo dat die meeste christene (ek hoop) glo dat 'n pakslae soms nodig is en dat dit 'n bybelse opdrag is.

    Lyfstraf is afgeskaf in skole, maar hoe voel julle daaroor.... Is die afskaffing van lyfstraf in skole nie dalk een van die redes hoekom ons jeug vandag lyk soos hulle lyk en maak soos hulle wil nie....

    Dan weer die ander kant van die saak... wil ek regtig die kans vat dat iemand anders, wat dalk nie gesonde oordeel of regverdigheid aan die dag kan lÍ nie, my kind 'n pak slae gee?

  2. #2
    'n goeie pak slae het my nooit as kind enige skade aangedoen nie, al was ek in een geval nie eers skuldig nie

  3. #3
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    Western Cape, South Africa
    Posts
    576
    Ek stem saam dat 'n goeie pak slae nodig is.

    Ek is egter bly dat onderwysers nie meer "left, right en centre" kan slaan nie.

    Die kaliber onderwysers wat ons het (veralgemening - daar is baie wonderlikes tussen-in) is dikwels swak modelle en sadiste met hang-ups wat hulle op die kinders uithaal.

    Ek looi eerder my kinders self...

    Anton
    השייך לאלוהים דרך ישו

  4. #4
    Join Date
    Aug 2008
    Location
    Witbank South Africa
    Posts
    369
    Quote Originally Posted by Tonton View Post
    Ek stem saam dat 'n goeie pak slae nodig is.

    Ek is egter bly dat onderwysers nie meer "left, right en centre" kan slaan nie.

    Die kaliber onderwysers wat ons het (veralgemening - daar is baie wonderlikes tussen-in) is dikwels swak modelle en sadiste met hang-ups wat hulle op die kinders uithaal.

    Ek looi eerder my kinders self...

    Anton
    Gelukkig is my kinners by pak slae verby, maar ek stem saam dat mens nie vandag meer kan toelaat dat enigeen jou kind pak gee nie. Daar is deesdae net te veel "abuse"

  5. #5
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,877
    Pyn wat reg en beheersd toegepas word, is 'n uitstekende leer-middel. En dit is tog waarom ons ons kinders pak gee, nie uit wraak of woede nie, maar sodat hulle kan leer dat daar 'n gevolg is vir verkeerde optrede / ongehoorsaamheid.

    Om ons kinders te tugtig en daardeur leer wat reg en verkeerd is, is 'n gawe wat ons hulle gee, en ons doen dit juis omdat ons vir hulle lief is.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  6. #6
    Join Date
    Aug 2008
    Location
    Witbank South Africa
    Posts
    369
    Quote Originally Posted by Philip dT View Post

    MAAR gaan jy gelukkig wees as iemand anders jou kinders looi? Hoe weet jy wat daardie persoon se intensies is/was. Wraak teen die kind, of omdat die kind stout was?

  7. #7
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,877
    Marline, goeie punt!
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  8. #8
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1
    Quote Originally Posted by Philip dT View Post
    Pyn wat reg en beheersd toegepas word, is 'n uitstekende leer-middel. En dit is tog waarom ons ons kinders pak gee, nie uit wraak of woede nie, maar sodat hulle kan leer dat daar 'n gevolg is vir verkeerde optrede / ongehoorsaamheid.

    Om ons kinders te tugtig en daardeur leer wat reg en verkeerd is, is 'n gawe wat ons hulle gee, en ons doen dit juis omdat ons vir hulle lief is.

    Philip ....

    wat is die verskil tussen jou ongehoorsame 3 jarige met die plathand bykom tot dissipline, en jou 30 jarige vrou wat nie onderdanig is nie, dieselfde toedien ?

    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  9. #9
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Quote Originally Posted by RR van Wyk View Post
    'n goeie pak slae het my nooit as kind enige skade aangedoen nie, al was ek in een geval nie eers skuldig nie
    RR, ek is seker jy onthou nie een van die pakke slae wat jy verdien het nie, maar elke ONREGVERDIGE een!

  10. #10
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,877
    Quote Originally Posted by mari View Post
    Philip ....

    wat is die verskil tussen jou ongehoorsame 3 jarige met die plathand bykom tot dissipline, en jou 30 jarige vrou wat nie onderdanig is nie, dieselfde toedien ?

    Mari, die verskil is dat my vrou reeds 'n geÔnternaliseerde waardestelsel het en dat sy nie meer is dieselfde dissipline-struktuur staan as wat sy gehad het onder die gesag van haar ouers nie. Sy is ook onderworpe aan tug vanaf die liggaam van Christus, maar dit neem 'n ander vorm aan as met kinders. Lyfstraf is nie vir grootmense bedoel nie, die bybel verwys telkens daarna in konteks van kinders. Dit is 'n hulpmiddel om vir ons kinders die regte grense te stel waarbinne hulle veilig kan voel en kan leer wat is reg en wat is verkeerd. Hulle moet leer daar is 'n gevolg vir verkeerde optrede en ongehoorsaamheid. Persoonlik dink ek lyfstraf behoort nie nodig juis te wees na 5 as die basis reg gelÍ is nie, miskien by uitsondering. Maar lyfstraf sien ek ook nie as die enigste moontlike straf nie, daar is baie ander moontlike strawwe, maar dit is net so dat pyn 'n baie goeie leermiddel is. As jy jou handjie een keer brand teen die warm plaat, dan gaan jy weet die plaat maak eina.
    Ongelukkig is dit so dat kinders wat nie lyfstraf kry nie dikwels baie ongedissiplineerd is en ook later in hulle lewens sukkel met dissipline.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  11. #11
    Join Date
    Aug 2008
    Location
    Witbank South Africa
    Posts
    369
    Quote Originally Posted by Philip dT View Post
    Ongelukkig is dit so dat kinders wat nie lyfstraf kry nie dikwels baie ongedissiplineerd is en ook later in hulle lewens sukkel met dissipline.
    Net so Philip, hiervoor 10/10

  12. #12
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    Western Cape, South Africa
    Posts
    576
    Quote Originally Posted by Philip dT View Post
    Mari, die verskil is dat my vrou reeds 'n geÔnternaliseerde waardestelsel het en dat sy nie meer is dieselfde dissipline-struktuur staan as wat sy gehad het onder die gesag van haar ouers nie. Sy is ook onderworpe aan tug vanaf die liggaam van Christus, maar dit neem 'n ander vorm aan as met kinders. Lyfstraf is nie vir grootmense bedoel nie, die bybel verwys telkens daarna in konteks van kinders. Dit is 'n hulpmiddel om vir ons kinders die regte grense te stel waarbinne hulle veilig kan voel en kan leer wat is reg en wat is verkeerd. Hulle moet leer daar is 'n gevolg vir verkeerde optrede en ongehoorsaamheid. Persoonlik dink ek lyfstraf behoort nie nodig juis te wees na 5 as die basis reg gelÍ is nie, miskien by uitsondering. Maar lyfstraf sien ek ook nie as die enigste moontlike straf nie, daar is baie ander moontlike strawwe, maar dit is net so dat pyn 'n baie goeie leermiddel is. As jy jou handjie een keer brand teen die warm plaat, dan gaan jy weet die plaat maak eina.
    Ongelukkig is dit so dat kinders wat nie lyfstraf kry nie dikwels baie ongedissiplineerd is en ook later in hulle lewens sukkel met dissipline.
    Goed geantwoord. Dankie.

    Baie dink dit is mishandeling om kinders te "looi" - maar die vrug van dissipline is goed waar kinders wel op die regte tyd slae gekry het.

    Anton
    השייך לאלוהים דרך ישו

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Teologiese Skole se doel in ons dag?
    By CFJ in forum Alles en nog wat
    Replies: 13
    Last Post: Jan 7th 2010, 12:53 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •