cure-real
Page 1 of 9 123456789 LastLast
Results 1 to 15 of 129

Thread: Die moets en moenies van trauma berading.

  1. #1
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Die moets en moenies van trauma berading.

    Ek is so diep aangeraak deur o.a. Mia Ashton se getuienis waarin sy vertel hoe sy haar man en 3 van 4 kinders almal in 6 jaar se tyd aan die dood moes afstaan. En dan ook die Mollers wie se 2 jarige seuntjie wat verlede week verdrink het. Dit het die vrae deur my kop laat maal : Wat moet jy s of nie s nie en wat moet jy doen of nie doen nie? Moet jy hoegenaamd iets s of doen?
    Mia , by name, en ook ander gewese trauma lyers: Wat het gemaak dat julle weer kon aangaan met julle lewens? Wat het julle weer hoop gegee? Wat het julle van mense verlang om vir julle te doen of te s of nie te doen of te s nie? Gewoonlik is almal so verstar van hartseer en jou diepste wens is om iets vir die lyers te s of te doen sodat hulle kan beter voel. Wat is dit? Deel dit asb met ons. Moeilike situasies het weereens nie maklike antwoorde nie...

  2. #2
    Join Date
    May 2009
    Location
    Hillcrest KZN
    Posts
    149

    Die moets en moenies trauma berading

    Liewe Protea,
    Dankie vir die voorreg om hier met julle te kan deel wat ek ervaar het tydens 'n baie donker tyd in my lewe.
    As ek kortweg moet se wat my staande gehou in daardie tyd: Slegs die Genade van my Heer. Maar die krag van Sy genade kan jy in daardie tyd net ervaar deur die mense wat jou ondersteun en vir jou bid.
    As agtergrond kan ek net noem dat ek kort voordat Wilna oorlede is, (sy was 15 jaar oud en 'n diabeet) het ek 'n baie sterk begeerte gevoel om nader aan die Here te lewe. Ek het op ouderdom 7 my hart vir Jesus gegee. Tog was hierdie 'n dringende gevoel om Hom waarlik meer persoonlik te leer ken. Ek het saam met 'n goeie vriendin waarlik in diepte gesoek na Sy Wil en my opnuut aan Hom toegewy. Tydens hierdie tyd het ek gebid en Hom gevra dat as daar iets met enigeen van my kinders moet gebeur, Hy nie een sal neem voordat hy of sy nie Jesus as Verlosser en Saligmaker aangeneem het nie.
    God het my gebed verhoor. Wilna was siek en in die hospitaal, maar soveel beter dat sy binne 'n dag of wat ontslaan sou word. Die laaste aand wat ek by haar gekuier het, het sy vir my vertel hoe lief sy Jesus het. Sy het die vorige nag nie goed gevoel nie en net gebid en daarna het sy lekker geslaap. Sy is daardie selfde aand oorlede weens 'n onverwagte komplikasie.
    Somari was 11 jaar oud. Sy was ook 'n diabeet. Tydens 'n bybelstudie wat ek vir swartvroue van die buurt gehou het en ons oor die Hemel gepraat het, het sy opgewonde gese dat sy Jesus so lief het, dat sy haastig is om Hom te sien. 'n Week later was sy in haar Hemelse tuiste. Sy het skielik siek geword en 'n baie raar komplikasie van diabetes, breinswelling, opgedoen. Ek het haar vasgehou terwyl die masjiene wat haar aan die lewe gehou het, afgeskakel is en Jesus haar by my oorgeneem het.
    Johann was 19 jaar oud. Drie dae voor sy dood (hy was 'n polisieman en gestasioneer op destyds Jan Smuts lughawe) het hy vir my gevra wat moet hy doen om waarlik sy hart vir Jesus te gee. Ek het met 'n hart wat oorloop van blydskap die Weg na Saligheid aan hom verduidelik. Sy antwoord was dat hy dit al gedoen het, hy wou net sekermaak van sy saak. Hy is drie dae later dood in ' motorongeluk. Die bestuurder van die motor was dronk en het oor 'n rooi verkeerslig gery en in 'n bus gebots.
    So, die Heer het seker gemaak dat ek weet hulle was nou veilig by Hom. Maar dit het nie die smart minder gemaak nie, altans nie dadelik nie.
    Veral toe Johann weg is, was ek baie kwaad vir God en het ek baie vrae vir Hom gevra. Ek het ook begin nagmerries kry dat ek nie 'n goeie ma was nie en as ek kan verbeter kan ek my kinders terugkry.
    Vandag kan ek terugkyk en vir jou se dat dit al die gebede van my medegelowiges was wat my gedra het. Bid sonder ophou, elke keer wat daardie persoon in jou gedagtes kom. Dit het ook vir my baie beteken dat mense vir my gesin help kosmaak het. Hulle het ook die ander kinders skool toegeneem, vir my uitgeneem vir 'n koppie tee en partykeer net sommer by my kom sit of my selfs begraafplaas toe geneem en saam met my daar gesit en huil.
    Ek dink nie daar is te veel moenies nie. Vir my was dit net swaar as mense vir my gese het ek moet sterk wees omdat ek 'n Christen is of ek mag nie vra waarom nie.
    Die eerste jaar na 'n kind se dood is die ergste. Elke keer met 'n verjaarsdag of Kersdag dink jy daaraan dat verlede keer was hulle nog by jou. Maar dit is ook moeilik wanneer mense verwag dat jy na 'n paar maande weer 'normaal' moet wees. Hulle voel ongemaklik as jy oor jou kind wil praat en al wat jy wil doen is praat. Dis asof jy seker wil maak niemand vergeet haar nie. Mense begin jou vermy, asof hulle nie weet hoe om jou te hanteer nie. Dit het my baie eensaam laat voel. Ek het een goeie vriend gehad wat my goed geken het en geweet het wanneer ek net moet praat, anders sal ek my verstand verloor. Na 'n kind se dood is die lewe nooit weer dieselfde nie. Jy kom nooit daaroor nie, jy leer om daarmee saam te leef. Hoe iemand wat nie 'n christen is dit doen, gaan my verstand te bowe.
    Ek het baie baie lank oor my kinders en later my man getreur. God het egter die behoefte op my hart gele om te begin om positief iets vir ander te doen. Daar het 'n geleentheid gekom om sendingwerk in Mozambiek te gaan doen en hier het ek waarlik my persoonlike ontmoeting met Jesus gehad. Kon ek ook soos Job se: "Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U se, maar nou het ek U self gesien." Hy het my bevry van die gees van droefheid wat soos 'n juk op my gele het, en ek het begin om Hom te loof.
    Vandag kan ek terugkyk en se dat ek Hom dank dat Hy my waardig geag het om drie kinders aan my sorg toe te vertrou wat Hy geweet het Hy spoedig weer sou terugneem. Ek het ook geleer dat my kinders is en was my vreugde, maar Jesus IS MY LEWE. Ek kan in hierdie lewe sonder hulle lewe, maar nie sonder Hom nie. Ek gaan hemel toe nie om by hulle te wees (dit ook) maar by my Heiland vir wie ek meer liefhet as enigiemand anders.
    My enigste oorlewende dogter, Arina is ook 'n diabeet. Sy was maar een jaar oud toe sy diabetes tipe 1 geword het. Destyds was haar lewensverwagting 15 jaar. Sy word nou 43 en ek het een kleinseun wat 'n wonderwerk is. God is groot en goed en Sy Genade is en was nog altyd so oorweldigend in my lewe. Ps 28 v 6: Aan die Here kom die lof toe, want Hy het my smeekstem gehoor. ............. Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied.
    Hoop nie my skrywe is te lank nie.

  3. #3
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699
    Dankie Mia,

    ek dink jy het heirso vir ons 'n kyk gegee wat mens nie normaalweg ooit sou kry nie en mens werklik sal kan help as mens dit onthou.

    Dankie vir die getuienis en al kan ek nie deel wat jy voel nie, selfs na my ma se dood nie, weet ek ten minste ons sal eendag in die hemel weer almal face to face kan ontmoet en dan kan ek en my ma jou en jou kinners ontmoet sy was juis juffrou haar lewe lank.
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

  4. #4
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Liewe Mia,
    Baie dankie vir jou BAIE insiggewende inset. Ek hoop nie ek het te veel wonde oopgekrap in die proses nie. Dis om ander met hulle einas te help dat ek die 'eina-vrae' stel.
    Een van die 'moenies' wat jy ook noem en ek self aan skuldig is , is om die betrokke mense te vermy omdat jy nie weet wat om vir hulle te s nie. Iets wat ook hieruit voortvloei is om nie die onderwerp van hartseer te vermy wanneer jy wel met die mense gesels nie. Al moet jy dan vir die mense 'help huil' soos in die bekende verhaaltjie vertel word. Want hulle WIL oor die persoon praat wat oorlede is. Die praat en vertel maak n baie belangrike deel uit van die rouproses.
    Nog n 'moenie' wat ek as belangrik beskou (help my reg as dit nie so is nie) is om nie die rouproses te probeer omseil nie. Ek dink dit was LienQ wat n werkstuk moes ingee waar die 5 stappe in die rouproses so mooi uiteengesit is nl.1 Ontkenning 2.Woede 3 'Bargaining' met God.4.Intense hartseer en no5 Aanvaarding. Natuurlik sal jy daardie kind of vriend of familielid nooit kan vergeet nie ,maar ek glo tog dat die skerpheid van die hartseer tog met die tyd minder raak.
    My eie pappie het na my mammie se dood (hulle het ook n wonderlike huwelik gehad) net op n stoel gaan sit en gewag op die dood. Na sy dood het ons AL die anti-depressante wat my broer vir hom voorgeskryf het in sy badkamerkassie gekry. Hy was SO diep in depressie dat hy nie helder kon dink of besluite kon neem nie . Want ons dink hy het so geredeneer: As hy die anti-depressante drink gaan hy beter voel en dan gaan hy nie dood nie, so voel dan eerder sleg , dan is jou kanse om dood te gaan darem beter. Enigiets om net so gou as moontlik by mamma uit te kom.... Ek spot nie nou nie en het lank na Pappa se dood hom vergewe omdat hy nie wou toelaat dat ons hom help nie.
    Mia , is jy ook deur al daardie fases van rou?

  5. #5
    Join Date
    May 2009
    Location
    Hillcrest KZN
    Posts
    149

    Die moets en moenies trauma berading

    Liewe Protea
    Moenie bekommerd wees nie, jy het nie wonde oopgekrap nie. Inteendeel het dit my tog goed gedoen om daaroor te praat en miskien iemand te help, hoe klein die deel ookal is.
    Ek het deur al daai prosesse van rou gegaan, maar dit het my vreeslik lank geneem. Ek was nog nie halfpad nie, dan moes ek weer van vooraf begin. Ag, ek wil tog nie klink of ek kla nie, nee dit was net baie moeilik. My man was ook 'n alkolis en het hom ontrek van my. Hyself het baie swaar gekry. Ons huwelik het geweldig gely. In my proses van rou wou ek somtyds kortpad vat, het enigiets gesoek wat die geweldige pyn te kon verlig. Ek wou ook net doodgaan, tot my dogter Arina vir my gevra het en wat dan van hulle wat nog lewe. Veral my familie wou gehad het ek moet net berus punt. Ek kon nie!!! Ek sal so graag wil hoor wat ander mamma's vir ons kan vertel.
    Dankie vir hierdie draad weereens. Wens daar was jare gelede al so webwerfie vir Jesus. Ek weet net dit is baie belangrik om veral na so twee of drie maande na die dood van 'n kind nogsteeds die ouers te besoek en te bemoedig. Dit is bitter swaar om so alleen te rou.
    'n Rustige nag vir jou.

  6. #6
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Mia , jy meld dat jou huwelik ook baie swaar gekry het in daardie trauma tyd. Ek het gister die aaklige statistiek gelees dat 90% van huwelike vou waar n kind onder die ouderdom van 6 n onnatuurlike dood sterf. Maar die ouderdom is amper nie vir my ter sake nie. Feit bly : Jou kind se dood (maak nie saak wat die ouderdom is nie) het n gat in jou hart kom ruk wat nie in weke reggedokter word nie.
    Hoekom simpatiseer mense deur te s: Jy as Christen 'moet sterk wees' ? Jou natuurlike reaksie is om op Jesus se skoot jou smart te gaan uitsnik en vir die volgende paar weke nie daar af te klim nie! Dis normaal en dis SO n belangrike deel van die rouproses.
    Net soos met my Pappie , kry ek ook die prentjie in my kop van jou wat soos n warm enjin gedreig het om uit te sny a.g.v. net te veel smart. Die verlies is SO erg dat jou hele wese dreig om 'uit te sny'. Ek is seker dit was jou gewaarwording ook .
    Maar nou die hulp aan so n persoon. Gaan jy vir hom simpatie gee (gaan sit saam in sy 'gat van ellende') of gaan jy vir hom empatie gee (help hom of haar uit daardie gat van depressie) ?
    Mia , ek is nie ongevoelig oor hierdie onderwerp nie en probeer net afstand kry om objektief te bly . Gelukkig is ek nog nie deur so n situasie waar jou kind sterf nie. Maar ek wil so graag mense HELP om weer te LEEF. En mense soos jy kan en het deur jou getuienis glo ek baie mense al gehelp om te besef : Maar my gevoelens tydens my trauma ervaring was nie abnormaal nie en daar IS hoop in Jesus se arms. Ek weet voorwaar nie hoe kom ongelowiges deur SO n trauma in hulle lewens nie.

  7. #7
    Join Date
    May 2009
    Location
    Hillcrest KZN
    Posts
    149

    Die moets en moenies van trauma berading

    Hi Protea
    Hierdie is net 'n vinnige hallo se. Ek sal oor die naweek weer met jou gesels. Wil netnie wat ek wil se aframmel nie en dit gaan nogal 'n bietjie dol hier op Funny Farm.
    Baie dankie vir jou. Ek kan net vir jou se jy is vir my 'n groot seen.
    Geniet jou dag, sien jou later.
    Shalom.

  8. #8
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    BAIE goeie vriende van ons het so bietjie meer as 2 jaar gelede hulle gestremde seun van 22 jaar verloor. Hy was n Prader Ville sindroom lyer. Alhoewel hulle geweet het dat sy lewensverwagting uiters 25 jaar sou wees , was sy dood vir hulle net so n trauma omdat hy vir so baie dinge eintlik maar n klein seuntjie gebly het en totaal van hulle afhanklik was. Of jou kind 2 jr of 22 jr is , die gat in jou hart is daar en die trauma by die verlies van so n kind is net so erg. Maar wat ek eintlik wil vertel is hoe die ouers hulle trauma verwerk het.
    Eerstens het die ma , Lisa , n droom gehad van haar seun Jan, wat by haar sit en sy vra hom toe : Jan , wil jy nie weer terugkom na ons toe nie? Waarop hy toe antwoord: Nee , Mamma , ek wag vir julle by Jesus en Petro (n ander gestremde maatjie van hom wat n paar jaar tevore oorlede is) en ek speel so lekker by Jesus. Dit was nodeloos om te se vir hulle n wonderlike vertroosting!
    Tweedens het Lisa se man vir haar n laptop gekoop( Lisa en ek het nie eers geweet waar skakel mens n rekenaar aan nie!) en dis TOE dat die kommunikasie hier oor die berg van Plaas-sissiekie na Dorp-sissiekie toe begin het. Ek is so spyt dat ek nie al daardie briewe gehou het nie. Want ons het van die ernstigste briewe geskryf en saam gehuil oor Jan se dood tot die lafste-lekker-lag-briewe . En sommer so n paar keer op n dag as jy by die laptop verby loop , kyk jy gou of daar n possie van Lisa is , antwoord gou en daar gaan jy weer.
    Maar Lisa se rekenaar vaardigheid het met rasse skrede vooruitgegaan en sy is op n forum waar sy aangesluit het gou tot moderator bevorder. Maar voor sy moderator geword het , is sy geweldig diep kant ingegooi toe sy op n godsdiens draad deur n satanis (vermoedelik!) gekonfronteer is en Lisatjie lelik moes bontstaan met die verdediging van dit waarin sy glo. Op n stadium was daar oor die 2000 'viewers' wat hierdie 'geveg' dopgehou het. Toe Lisatjie se hartjie aan die fladder gegaan het moes manlief en Sussiekie-oorie-berg help met wat jy moet se en wat nie. Maar eintlik was sy (met die Heilige Gees se influisteringe )baie goed bewapen om die geveg self te wen . Maar wat ek eintlik by wil uitkom is dit : Hierdie gedwonge skuif van jou gedagtes na iets anders as jou eie rou op daardie stadium het GEWELDIG gehelp met Lisa en haar man se rouproses. Natuurlik is die eerste Kersfees en eerste verjaardag en die 'groot dae' n probleem om verby te kry aan die begin . Maar die skerpheid van die rou neem tog af met tyd, GENADIGLIK!
    Nou wonder ek : Watter ander maniere het julle van ondervinding wat ook hierdie rou proses kan 'vergemaklik' as so -iets moontlik is?

  9. #9
    Join Date
    May 2009
    Location
    Hillcrest KZN
    Posts
    149

    Die moets en moenies trauma berading

    Liewe Protea
    Uiteindelik het daar weer bietjie rustigheid hier op Funny Farm ingetree en kan ek weer bietjie gesels.

    Ek is so baie bly dat jy vertel het van jou vriendin en hoe sy haar smart verwerk het. Die Here was my ook baie genadig en op 'n tydstip dat ek waarlik hooploos was in my verdriet oor my seun, het hy in 'n droom (visioen) na my gekom. Dit was ongelooflik werklik. In my slaap kon ek sien hoe hy die slaapkamer binnestap en op die bed gaan sit. Sonder enige van die beserings aan sy gesig wat hy in die ongeluk opgedoen het. Sy bekende geliefde glimlag soos altyd en gese hy mag 'n rukkie bly maar ek moet belowe ek sal nie huil nie. Ek kan nie onthou waaroor ons gepraat het nie. Dit was egter duidelik dat hy gelukkig is. Dit het my geweldig getroos omdat ek besef het dit was net deur genade dat God dit vir my toegelaat het om te ondervind.

    Ongeveer 10 dae na ons eerste kind se dood is die swartvrou wat by ons vir jare en jare werk, se babadogtertjie oorlede. Sy was verpletter. Terwyl sy by ons gewerk het, het sy Jesus as haar Verlosser aangeneem en wou niks meer weet van voorvadergeeste. Haar grootste begeerte was dat haar kind 'n christenbegrafnis moes kry. In hulle woonbuurt was daar niemand en daar was geen dominee wat kans gesien het om so ver te ry nie. Dis toe wat ek die Gees vir my hoor fluister: "Ek wil he jy moet dit doen." Ek was eers baie onseker, maar toe ek dit vir haar noem, was dit vir haar die perfekte oplossing en het sy aan my bevestig dat ek reg gehoor het. Dit was vir my 'n geweldige ondervinding. Ek en my man het 'n klein wit kissie gaan koop by dieselfde ondernemer wat ons kind se begrafnis behartig het en het my gehelp met al die papierwerk om 'n liggaam te vervoer. Ek moes self die babatjie gaan aantrek en in die kissie plaas.

    Oppad na die begrafnis met my bediende (Mabel) en drie van haar vriendinne het ek skielik besef maar ek het nie 'n 'preek' nie. Biddend het ek gevra dat die Heer self moet voorsien waaroor ek moet praat. By haar huis het 'n groot klomp mense reeds gewag. My hart het in my keel geklop. Nadat almal gesit het en gewag het dat ek moet begin het ek biddend my bybel oopgemaak. Dit het oopgeval by Matt 14 en vanaf vers 27 was onderstreep in my bybel: Maar Jesus het dadelik met hulle gepraat en gese: "Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie." Toe se Petrus vir Hom: "Here as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom."
    "Kom" se HY.
    Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: "Here, red my"! Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gese: "Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?"

    Ek kon aan almal verduidelik dat Mabel en haar man vandag so uitroep, maar die besef was oorweldigend in my dat ek vir myself 'preek'. Ek het gevoel of ek sink onder diep golwe van verdriet. Die enigste troos en oplossing vir ons almal se smart en probleme is Jesus se reddende hand. Dit was so 'n geseende dag. By die graffie het die ou man wat die tolk was vorentoe gekom en dankie gese dat daar vir hulle almal vandag gewys is hoe lief Jesus almal het. Oppad huistoe was ek alleen en tog ook nie. Daar was op daardie oomblik 'n vrede in my hart wat alle verstand te bowe gegaan het. Dit was of die atmosfees in die motor heilig was. Baie baie dae hierna het ek krag gekry uit hierdie ondervinding.

    Ek wil tog net nog een voorval vir julle vertel. 'n Goeie vriendin het vir my 'n afspraak by 'n sielkundige gemaak omdat sy gedink het ek treur te lank. Sy het nie geweet dat die persoon nie 'n Christen is nie. Ek het net 'n kort rukkie met hom geselfs en besef dat hy vir my niks kan doen nie. Hy het nie in die ewige lewe by die Heer geglo nie en het voorgestel dat ek sy vrou moet raadpleeg. Sy was 'n meduim en kon my met my kinders in aanraking bring. Vir een oomblik was die begeerte oorweldigende!! Dank die Here, Hy het my bewaar. Terwyl ek opstaan en my handsak neem om te loop het ek eers bietjie vir hom 'beraad' en die weg na Saligheid en die Ewige Lewe verduidelik. Ek het ook prontuit vir hom gese dat ek my nie met duiwelse dinge sal bemoei nie. Ek is met 'n groot glimlag daaruit en het geweet, niemand op aarde het 'n resep om die pyn en hartseer weg te neem nie, maar by Jesus is daar vertroosting. Nie alles op een slag nie, maar dag na dag het Hy my gehelp om daar deur te kom en soos altyd kom al die lof my Here toe.

    Ek wil ook net se dat daar so baie mense voor en na die begrafnis om jou is, maar daarna kom daar al minder en minder mense. Behou kontak met so iemand want dit word bitter eensaam en houaan bid.

    Dit is ook baie waar wat jy se dat sodra jy iets begin doen vir iemand anders, dit tog die smart verlig. Daar is altyd iemand anders wie se las swaarder is as jou eie en ek het baie belanggestel in sendingwerk. Om Mozambiek toe te gaan en daar vir die Here te werk was voorwaar vir my genesing.

    Hoopnie my skrywe is te lank nie.

  10. #10
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,187
    Protea en Mia.....

    Ek is werklik bendruk met hierdie draad. Ek is seker dit gaan baie mense help wat aan albei kante sit, die wat deur trauma gaan en die wat mense moet ondersteun.

    Mia, dankie dat jy jou storie met almal deel. Hierdie storie van jou bediende se kindjie is net weer 'n getuienis dat God ons altyd dra en dat Hy Sy kinders se harte ken en presies weet wat ons nodig het wanneer ons seer het..... en dit wys ook hoe versigtig ons moet wees vir die vyand want hy sal altyd probeer om daar waar ons op ons swakste is, ons aan te val, soos hy ook weer gedoen het toe hy 'n medium oor jou pad wou bring.....

    Dankie vir hierdie baie goeie draad, Protea....... Dis vir dinge soos hierdie waarvoor 'n gemeenskap van gelowiges bedoel is.
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

  11. #11
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Mia , ek het weereens nie woorde nie..... Ek dink aan die seen van vrede wat jy ontvang het toe jy GEHOORSAAM was aan die opdrag van die Here om daardie babatjie te gaan help begrawe. Baie van die begrafnisgangers is huistoe in n ander gedaante as hoe hulle daar aangekom het - kinders van die Allerhoogste!. Mia, jou 'preek' en die heling wat daarmee gepaard gaan, was ook vir jouself bedoel. Die Here ag gehoorsaamheid meer as offerhandes. 'God does'nt call the qualified, He qualifies the called'. Dis maar net n paar gedagtes wat by my opgekom het terwyl ek dit gelees het.
    Mia , ek ken min mense wat so dapper sou wees deur hulle harte op die internet so oop te maak sodat ander ook heling daardeur kan bekom. Dis tog die doel van hierdie draad en ek wil vir jou 7 gee! Baie dankie! Maar ons is nog laaaaank nie klaar gepraat nie...
    Mense wat ek vermy het omdat ek nie geweet het wat om vir hulle te se na hulle 2 van hulle 3 seuns binne n jaar verloor het nie ,spook by my en ek gaan regtig werk maak daarvan. Soos jy tereg opmerk : Die pad van rou kan baie eensaam raak as elkeen na die begrafnis maar weer hulle eie paadjies begin loop.

  12. #12
    Join Date
    May 2009
    Location
    Hillcrest KZN
    Posts
    149

    Die moets en moenies trauma berading

    Is daar enige plek op hierdie forum waar ek 'n vraag kan vra wat te persoonlik is om op die ope forum te bespreek?

    Ek sou net graag iets wat baie pla met iemand wou bespreek.

    Lekker dag vir almal.

  13. #13
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,187
    Hi Mia, Jy kan 'n draad oopmaak in Chat to the Moderator en dit rig aan die Lighuis moderators of aan 'n spesifieke moderator as jy verkies om met 'n spesifieke moderator te gesels. Op daardie draad sal slegs jy en die modspan toegang h, so dit gee meer privaatheid.
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

  14. #14
    Join Date
    May 2009
    Location
    Hillcrest KZN
    Posts
    149

    Die moets en moenies trauma berading

    Liewe Lanie,
    Baie dankie vir jou vinnige antwoord. Ek waardeer dit baie.

  15. #15
    Quote Originally Posted by protea View Post
    Mia , ek ken min mense wat so dapper sou wees deur hulle harte op die internet so oop te maak sodat ander ook heling daardeur kan bekom.
    Dit is ook met tye soos hierdie, met drade soos hierdie een, en Protea se kommentaar, wat dit duidelik maak hoekom streng modderering nodig is. Bibleforums en Lighuis is uniek in hierdie verband.
    Sonder die beskerming van 'n streng moderatorspan sou hierdie draad, en Mia se getuienis al lankal uitmekaar geskeur gewees het deur mense wat sekere lewenswaarhede en realiteite wil verbloem en goedkoop maak, meestal deur vulgre taal en sarkastiese tussenwerpsels.
    In plaas daarvan sit ons nou met 'n draad met een van die mees ongelooflikste getuienisse wat nog op hierdie forum verskyn het, en, soos wat Protea tereg s, oneindig baie vir 'n klomp iemande daar buite kan en sal beteken.

    Baie dankie julle ouens. Ek voel ge-erd om deel te wees van hierdie familie.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Kort Kursus in Bybelse Berading
    By Antonvs in forum Aanlyn Bybelskool
    Replies: 24
    Last Post: Oct 7th 2009, 12:45 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •