Waarheid,
Die versplinterde denominasie-verdeelde kerk is nie die kerk nie - hulle is deel daarvan, maar Jesus het net een liggaam. Dele van die liggaam verskil, en die hande moenie probeer voete wees nie, maar die liggaam is 'n eenheid.
Jy is deel van die liggaam.
Ek is ook nie by 'n dinominasie-kerk nie. So ook duisende van vandag se gelowiges. Ek glo dis deels omdat ons nie vrede het met die talle mens-gemaakte reëls en leerstellinge nie, maar ek glo in elk geval dat die oorspronklike kerk (die handelinge-kerk) bloot 'n huiskerk is. 'n Groepering van huishoudings wat saamkom, Woord deel, mekaar bedien, en dissipelskap uitdra.
Elke Christen behoort êrens onder die gesag van gelowiges te kom. Ons moet mekaar leer en teregwys, en as ons nie in verbibtenis met mekaar staan nie, is dit te maklik om te dwaal.
Ek stel voor jy begin by die huis, en vind uit oor andere wat ook huis-kerk hou. Oppas vir groepe wat hulself bo die Woord plaas, of bo teregwysing. Toets hul gees, en maak seker hulle onderwerp hulself aan die suiwer Woord.
Ek heg 'n skrywe aan van Albert Theron - 'n leraar in die Kaap. Hul bediening is hier: http://www.diehandelingegemeente.org.za/
Groete,
Anton





nog altyd.
Reply With Quote





Bookmarks