Your Advert here
cure-real
Page 2 of 2 FirstFirst 12
Results 16 to 29 of 29

Thread: Kerk toe of nie?

  1. #16
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    Western Cape, South Africa
    Posts
    577
    Quote Originally Posted by Waarheid View Post
    Moet ek kerk toe gaan of kan ek die Woord op my eie bestudeer. Ek behoort nie aan n gemeente nie. Die Here is met my, nog altyd.
    Waarheid,

    Die versplinterde denominasie-verdeelde kerk is nie die kerk nie - hulle is deel daarvan, maar Jesus het net een liggaam. Dele van die liggaam verskil, en die hande moenie probeer voete wees nie, maar die liggaam is 'n eenheid.

    Jy is deel van die liggaam.

    Ek is ook nie by 'n dinominasie-kerk nie. So ook duisende van vandag se gelowiges. Ek glo dis deels omdat ons nie vrede het met die talle mens-gemaakte reëls en leerstellinge nie, maar ek glo in elk geval dat die oorspronklike kerk (die handelinge-kerk) bloot 'n huiskerk is. 'n Groepering van huishoudings wat saamkom, Woord deel, mekaar bedien, en dissipelskap uitdra.

    Elke Christen behoort êrens onder die gesag van gelowiges te kom. Ons moet mekaar leer en teregwys, en as ons nie in verbibtenis met mekaar staan nie, is dit te maklik om te dwaal.

    Ek stel voor jy begin by die huis, en vind uit oor andere wat ook huis-kerk hou. Oppas vir groepe wat hulself bo die Woord plaas, of bo teregwysing. Toets hul gees, en maak seker hulle onderwerp hulself aan die suiwer Woord.

    Ek heg 'n skrywe aan van Albert Theron - 'n leraar in die Kaap. Hul bediening is hier: http://www.diehandelingegemeente.org.za/

    Groete,
    Anton
    Attached Files Attached Files
    Last edited by Tonton; Jun 17th 2009 at 03:00 PM.
    השייך לאלוהים דרך ישו

  2. #17

    Kerk toe?

    Hi almal

    My ervaring was so:-

    Groot geveg gehad jare terug met 'n predikant. En toe besluit ek om soos die voortrekkers my Bybel te vat en te loop. En die ouderling sê agterna "hy is jammer dat dit gebeur het, soiets moes hulle nooit toegelaat het nie" (ek was reg, in plain taal)

    Maar toe vergeet ek langs die pad van die Bybel.

    En jare later, toe bekeer ek, en ek gaan weer kerk toe. Eerste 7 keer van besoek, moet ek 5 keer hoor ek sit op iemand anders se plek. (oom, my ma sê jy sit op ons plek!) Was naderhand lus en vat my kampstoel saam. Die gemeente het finansieele probleme en ook egskeidings. Toe bly ek maar weer by die huis. Anner kerk toe, en weer, na een of twee preke, dieselfde. Probleme word aangespreek wat ek nie het nie. Probleme en vrae is taboe. Tiendes is in.

    Nog 'n ander probleem. Dis koekies bak, bazaars ens. (ek is die chief cook in die huis, lag nie, maar ek kan nie koekies bak nie.) Moet ek dan alewig please explain waarom? En na die bazaar word almal by name geprys vir hulle hulp, en ek voel soos 'n wurm.
    So, nou ry ek deur die strate op die motorfiets, en ek vra groot asseblief, verby al wat 'n kerk is. Mens, en in Pretoria is daar plenty. En ek kry geen "gevoel" oor enige nie.

    Anton, help, "die Here het na die sinagoge gegaan om te leer" Wat beteken dit. Het hy onderrig gegee? Beduie dit nie dat ons ook moet gaan nie?

    Ek besef dat die kerk baie kan doen, maar ek voel dat al die rompslomp beperk my in dit wat ek wil doen. Noem dit maar dinamies wat kort, ek weet nie. Baie jare terug het ons in die KJV uitgegaan en die Woord bedien, ek mis dit.

    Dis 'n groot besluit hierdie vir my.

    Groete
    Hennie

  3. #18
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    Western Cape, South Africa
    Posts
    577
    Quote Originally Posted by Hennie du Buisson View Post
    …Eerste 7 keer van besoek, moet ek 5 keer hoor ek sit op iemand anders se plek…
    Pleks dat sy agterkom jy is nuut daar en jou kom groet…

    Die gemeente het finansiële probleme en ook egskeidings. Probleme en vrae is taboe. Tiendes is in.
    Eina!

    … koekies bak, bazaars ens.
    Ja, die “sakrament” van die bazaar!

    …"die Here het na die sinagoge gegaan om te leer" Wat beteken dit. Het hy onderrig gegee? Beduie dit nie dat ons ook moet gaan nie?
    Jesus was ‘n Jood se kind, en moes deur die volle leerproses van die Wet gaan. Ek glo hy het daarnatoe gegaan om self te leer? Hoe dit ookal sy – ons moet orals dissipels wees.

    Ek besef dat die kerk baie kan doen, maar ek voel dat al die rompslomp beperk my in dit wat ek wil doen. Noem dit maar dinamies wat kort, ek weet nie.
    Ja. Ek glo dat die kerk soos ons dit vandag ken nie die kerk van die Nuwe testament (Handelinge) is nie, en nooit bedoel was om sulke swaar strukture en mens-gemaakte leerstellinge te hê nie.

    …Baie jare terug het ons in die KJV uitgegaan en die Woord bedien, ek mis dit.
    Die KJV is waar ek die eerste keer Jesus leer ken het. Ek is die kerk dankbaar vir daardie inisiatief.

    Dis 'n groot besluit hierdie vir my.
    Vra vir die Here wat om te doen, en wag op Sy tyd.

    Seëngroete,
    Anton
    השייך לאלוהים דרך ישו

  4. #19
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,449
    Blog Entries
    10
    'n Blou Bul kan net 'n Blou-Bul wees as hy in die span speel.

    Die haker en die slot en die vleuel en 8ste man, kan nie op hul eie die game speel nie, hulle almal saam maak deel van die span, net so ook met gelowiges, saam maak ons deel van die liggaam, elkeen bring sy deel, sy talente en saam ondersteun ons mekaar.

    My gawe is om te 'worship'en daarmee getuig ek en help ek andere om saam te groei.
    Andere in die gemeente het ander gawes, wat ek nie het nie,,, maar saam werk ons tot verheerliking van die opdrag as gelowiges
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  5. #20
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Ek gaan nou maar die kans waag en 'n onpopulêre woord gebruik, maar my bekommernis met huiskerke is... wie kontrolleer die dogma? Aan wie word daar verantwoording gedoen dat die Woord suiwer en reg oopgebreek word? En nou sal iemand seker vir my kom sê, hulle doen verantwoording aan God en nie aan menslike strukture nie, en dis reg, ons moet in die eerste plek verantwoording doen aan God, maar.... mense is maklik misleibaar en mense se harte is bedrieglik. Daar moet 'n hoër gesagsstruktuur wees wat kan kontroleer dat mense nie dwaal nie.

    Ek verstaan en ondersteun mense wat 'n huiskerk bywoon wanneer daar nie 'n gesonde behoudende kerk naby is nie, maar as jy weet van so 'n kerk in jou omgewing is dit net reg dat jy daar sal inskakel.

    Ek weet goeie kerke is miskien dun gesaai maar hulle is daar. En dink nou net as almal wat van kerke wegbly oor die verdraaiing van die Woord, kerke begin bywoon waar die Woord suiwer verkondig word. Dan sal daardie denominasies groter word en hulle gemeentes sal meer en wyer verspreid begin voorkom, wat sal veroorsaak dat meer mense suiwer Woordverkongiging sal ontvang.

  6. #21
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,484
    Lanie,

    Ek dink daar is baie persoonlike beloftes wat suiwer op individue gerig is wat hier geld. Wie soek, sal vind. My eie ondervinding met huiskerke is dat sulkes meesal hulle direkte verantwoordbaarheid voor God makliker besef, want daar is nie 'n struktuur wat dit namens mens doen nie. Geen dogma kan gekontroleer word deur iemand anders vir jou, as jy nie self die dogma gekontroleer het nie. Daar is mense wat net op die strukture vertrou en glad nie self moeite doen om dogma te kontroleer nie en einde ten laaste saam met 'n struktuur kan ondergaan. In Berea het daardie mense Paulus elke keer gekontroleer, omdat hulle in huiskerke was en hul verantwoordbaarheid onder God se direkte gesag, prakties geleef het.

    Jy het egter 'n goeie punt beet, maar net so kan die teenargument wees dat groter strukture die sekuriteit bied met tye en nie God self nie. Alle situasies kan gevaarlik wees, huisKerke en ook struktuur-Kerke, as God nie eerste kom wanneer onderskei moet word nie. Ons het aan die einde van die dag net een gesag om aan verantwoording te doen.

    Daar is mense wat glad nie in 'n huisKerk op 'n gegewe oomblik kan funksioneer nie en daar is ander wat op 'n gegewe oomblik net in 'n huisKerk kan funksioneer. So geld dit vir struktuur-Kerke ook. Mens moet maar doen wat die Here op jou pad bring.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  7. #22

    Kerk Toe of nie?

    Hi Almal

    Dankie vir julle insette. Moeilik is die naamsverandering wat sommige kerke doen, en nie almal het 'n webtuiste nie. (Selfs duplikaat name kom voor) Ek wonder of die "ander" naam geregistreer word? Lyk nie so nie.

    Lekker dag
    Hennie

  8. #23
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,449
    Blog Entries
    10
    Okay, Phil bring my terug na die draad toe....

    Sondag oggend preek die ouderling oor gawes (gifts) en hy sê: Deur gawes wat ons ontvang het om mekaar mee te bedien, bedien ons die Here, want ons sê eintlik Dankie aan Hom, deur dit wat ons van Hom af ontvang het, te gebruik.
    We are ministering to the Lord, by useing the gifts He gave us..... en watter beter plek as in die gemeenskap van die kerk.

    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  9. #24
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,700
    We are ministering to the Lord, by useing the gifts He gave us..... en watter beter plek as in die gemeenskap van die kerk.
    Ta-An, kan ek iets bylas in jou sin:

    We are ministering to the Lord, by useing the gifts He gave us..... en watter beter plek as in die gemeenskap van die "WARE" kerk.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  10. #25
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,449
    Blog Entries
    10
    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    Ta-An, kan ek iets bylas in jou sin:
    ... en watter beter plek as in die gemeenskap van die "WARE" kerk.
    Johnny.... die Here se reën val op regverdiges en onregverdiges ewe gelyk.

    Wat se loon is daar om net die regverdiges lief te hê??
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  11. #26
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,700
    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Johnny.... die Here se reën val op regverdiges en onregverdiges ewe gelyk.

    Wat se loon is daar om net die regverdiges lief te hê??
    Reg so, maar die Here se ook dat Hy in die laaste dae die valse kerk (ongeregtigheid) NIE sal ken nie.

    Mat 7:22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
    Mat 7:23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  12. #27
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,449
    Blog Entries
    10
    Johnny, ja, maar mens gee genade tot op die einde, en dan wie dit nie met altwee hande aangegryp het nie, laat die judgement aan die Here oor.... Hy sê : Gaan Mattheus 28:19Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
    En al wat ons moet doen is om te gaan, en doen wat Hy sê
    Sien, in die skrif wat jy aangehaal het.... die Here sê :"Gaan weg....." aan die wat nie aangeneem het wat aan hulle gebied was nie.... ons moet gaan en aanbied..
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  13. #28
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,700
    Ta-An...ek is met jou en stem volkome saam. Niemand sal 'n verskoning he nie, maar die meerderhied sal die genade van die Here van die hand wys.

    Tit 2:11 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  14. #29
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,449
    Blog Entries
    10
    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    Ta-An...ek is met jou en stem volkome saam. Niemand sal 'n verskoning he nie, maar die meerderhied sal die genade van die Here van die hand wys.

    Tit 2:11 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn
    Amen.

    .
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •