cure-real
Results 1 to 6 of 6

Thread: Uitwys van sonde

  1. #1

    Uitwys van sonde

    Die HG maak jou bewus van sondes. Hy wat My liefhet bewaar My gebooie.
    As ons al die outestamentiese reels en wette wil gehoorsaam dan gaan die lewe vir ons baie ongemaklik wees.
    Ek sit by die resturant en met die koms van die kos kyk my broer die sampioene so skeef aan. Daar is bakon in (Vark). Hy krap dit toe mooi uit en s dat hy n stryd daaroor gehad het en die boodskap duidelik vanuit die Bybel ontvang het. Ons is God se kinders en Sy kinders mag nie varkvleis eet. Intussen sit ek met my 600G sparerip
    en smul aan die vark. Ek het later skuldig daaroor begin voel.
    Ek beplan n studie oor die varkvleis en die kleed vol onreine diere wat Christus rein gemaak het. Ek probeer om nie vleis te eet van vleisetende diere en ek glo die varke wat ons eet word met groentes grootgemaak. Maar dit is een Wet Wat van al die duisende ander?
    Is dit dan nie gemakliker om soos die Budahiste te s . Doen aan ander geen skade.
    Maar die liefde vra meer as dit. Liefde gee en bogenoemde gee niks. Maar jy kan ook nie aan almal gee sodat jy tekort kom nie. Dit is n moeilike saak die. Wie kan my in n wyse rigting wys?

  2. #2
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,965
    Hallo Thinus,

    Ek glo hierdie deel spreek presies aan wat jy nou hier skryf...

    Ek weet en is oortuig in die Here Jesus dat niks op sigself onrein is nie, maar hy wat reken dat iets onrein is, vir hom is dit onrein. Maar as jou broeder deur voedsel gegrief word, dan wandel jy nie meer volgens die liefde nie. Moenie deur jou voedsel hom te gronde rig vir wie Christus gesterf het nie. Laat dan van die goeie wat aan julle behoort, nie kwaad gespreek word nie. Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees. Want hy wat Christus hierin dien, is aan God welgevallig en by die mense geag. Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien. Moenie ter wille van voedsel die werk van God afbreek nie. Alles is wel rein, maar dit is verkeerd vir n mens om te eet as dit tot aanstoot is. Dit is goed om geen vleis te eet of wyn te drink of iets te doen waardeur jou broeder aanstoot neem of struikel, of waarin hy swak is nie. Het jy geloof? Behou dit vir jouself voor die aangesig van God. Gelukkig is hy wat homself nie oordeel in wat hy vir geoorloof ag nie. Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.
    (Rom 14:14-23 AOV)
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    its the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  3. #3
    Hallo Thinus,

    As ek dalk uit 'n ander hoek uit kan antwoord.

    Ek het meer en meer bewus geraak van hoe sleg die mens diere behandel. En in baie gevalle selfs mishandel.

    Daar is darem nog respek vir sommige diere plek plek, maar ongelukkig a.g.v. die wereld se bevolking wat tans baie hoog is, en die tempo waarteen die mens wil profyt maak, ly diere geweldig hieronder.

    Die deursnee mens sal geweldig geskok wees as hulle bewus word van maniere waarop diere geslag word asook die kondisies waaronder hierdie diere vetgemaak, geteel word, ens.

    Met hierdie in gedagte het ek toe onlangs die besluit geneem om vleis uit my dieet te sny. En dit is nie maklik nie. Nie omdat ek cravings het daarvoor nie, maar omdat ek so gewoond is aan vleis as 'n ete dat ek nie eintlik weet wat om in die plek daarvan te eet nie. En om uit te gaan na 'n restaurant, besef ek hoe min vegetariese disse beskikbaar is. En jy sal dalk verbaas wees, maar hier in Taiwan, waar daar persentasie gewys, baie meer Buddhiste as in SA is, lyk dit vir my of daar veel meer vleis geeet word, veral vark. Terloops, daar is verskillende vorme van Buddhisme. Slegs die minderheid eet nie vleis nie. (Of dalk is dit 'n geval van glo die een ding, maar doen 'n ander as ek so na my Buddhis studente luister)

    Sonder om na die wette van die OT te gaan kyk, neem ek in gedagte dat in Genesis gese is dat ons moet heers oor natuur en diere. Ek sien dit nie as 'n opdrag om "top dog" te wees nie, maar eerder as 'n opdrag om harmonie en balans te hou vir lewe op ons planeet. Ongelukkig lyk dit of ons besig is om dit baie goed op te neuk.

    Verder lees ek ook dat die onlangse virusse komende van voels en varke toe te skryf is aan onhigieniese toestande op plase en plekke waar diere geslag word. So asof dit in reaksie is om die mens wat nie goed na diere omsien nie, maar dit is slegs my opinie.

    Ek is dan verder ook geweldig lief vir diere. My woonstel is erg klein, maar ons het selfs drie honde. Een Maltees en twee Pugs. Ek kry geweldig baie genot uit hulle uit. Met tyd, en ek kan dit nie juis verduidelik nie, is ek besig om meer bewus te word van hoe sensitief diere is en ook hoe emosioneel hulle kan wees.

    Met hierdie dinge in gedagte gehou, het ek my dieet aangepas.

    Maar ek dink dat die kwessie aangaande die eet van vleis, iets is wat mens vir jouself moet uitmaak en waarmee jy moet vrede he. Dit is sekerlik ook iets wat God individueel met elkeen mee werk, soos SY wil dit behaag. Die laaste gedeelte van wat Ferdi hierbo aangehaal het, dra vir my baie waarde en ek kan jou net aanmoedig om tyd te neem en daaroor te dink.

    Groete
    Paul

  4. #4
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,914
    Blog Entries
    10
    Weet jy Thinus, daardie kleed met die diere in, het eintlik niks te doen met die eet van varkvleis nie ..... los maar die varkie, en leef gesonder
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  5. #5

    Eet en drink

    Wedergeboorte is n eenmalige gebeurtinis maar bekering is n proses? Heiligmaking gaan oor jou. Moet ons nie lewe vir ander?

    Kolosense 2 : 16 Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot n fees of nuwemaan of sabbat nie. (Wette van die ou testament)

    Dryf die wet van die HG ons nie terug na die wet van die ou testament? Die wet van liefde het al die ander wette vervang. Maar hoekom s die Bybel, hy wat My liefhet onderhou My gebooie? Die groot gebod sluit alle ander gebooie in. Dit is maklik om te verval in wetisme. Hoe kan ek die Heilige Gees gehoorsaam wees sonder om weties te raak? Al is dit net my eie wette om dit vir myself geriefliker te maak.

    Kan ek s, vergeet van wette en gee als (jouself, tyd, geld en verstand) vir die verkondiging van Jesus? Soek die koningkryk van God. Dit kos tyd en geld en verstand en dit wat jy leer kan jy met ander deel. Wat van barmhartigheis werk? Jy moet intussen jou familie onderhou.

    Of kan ek s, ek het geen sonde. Ek lewe n oorwinings lewe. Hoekom moet ek elke dag tot God bid om vergifnis as hy klaar daarvoor betaal het en my vrygemaak het van die wet. Die wet is daar om jou te oortuig van sonde. As God na my kyk dan het ek geen sonde want hy sien my nie raak nie, maar vir Jesus. Hy kyk deur Jesus na my. Dus kan ek s ek kan nie sondig nie. Ek lewe nou onder die wet van genade.

    Deur my te bekommer oor sonde en probeer om goed te lewe is om terug te keer na die wet. Verkondig die woord van Jesus en jy sal automaties reg lewe. Die Heilige Gees dwing jou. Hy gee vir jou n skuldgevoel waneer jy Hom bedroef. Ek vertrou nie baie op gevoel nie maar daar is nie n ander manier om dit te beskryf nie.

    As jy op sonde konsentreer dan gaan dit oor jou. As jy Jesus verkondig dan gaan dit oor ander mense.

  6. #6
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    175
    Maar as jou broeder deur voedsel gegrief word, dan wandel jy nie meer volgens die liefde nie.
    As jy iets doen wat jou broeder grief dan is dit goed om dit te stop, maar ons moet oppas om nie te eng te lewe nie. Lewe eerder tot eer en verheerliking van God en as jy dit doen hoef jy nooit bekommerd te wees of jy reg lewe nie. Wat jy eet of wat jy drink, moenie dat dit jou meester word nie. As vleis vir jou 'n aanstoot word dan los dit uit maar moet nie jou broeder veroordeel omdat hy/sy vleis eet nie. Elke mens moet sy eie paadjie tot saligheid uitwerk. Niemand kan dit vir ons doen nie. Ek verwys jou hier na 'n teks uit 1 Timotheus 4
    1Ti 4:1 Maar die Gees s uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang
    1Ti 4:2 deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete,
    1Ti 4:3 wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken.
    1Ti 4:4 Want alles wat deur God geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie;
    1Ti 4:5 want dit word geheilig deur die woord van God en die gebed.
    1Ti 4:6 As jy hierdie dinge aan die broeders voorhou, sal jy n goeie dienaar van Jesus Christus wees terwyl jy jouself voed met die woorde van die geloof en van die goeie leer waarvan jy n navolger geword het.
    1Ti 4:7 Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid.
    Die is miskien 'n bietjie meer as nodig maar ek wil he jy moet dit in konteks verstaan. Dis nie wat jy eet wat belangrik is nie maar solank dit geseend is in gebed is enigiets goed (met matigheid, alles wat ons gebruik met matigheid)
    Manie Verster
    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle o om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Is selfmoord sonde?
    By Roelof in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 33
    Last Post: Jul 19th 2009, 04:38 AM
  2. Sonde is sonde!
    By Gene in forum Alles en nog wat
    Replies: 4
    Last Post: Nov 15th 2008, 10:38 AM
  3. Is depressie sonde?
    By EngelHart in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 10
    Last Post: Aug 31st 2007, 08:30 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •