Your Advert here
cure-real
Results 1 to 14 of 14

Thread: Boererate wat werk.

  1. #1
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Boererate wat werk.

    Ek het gisteraand weereens geblaai deur Herman Uys se boek God se Apteek en die wonderlikste medikasie wat in die natuur opgesluit le net weereens besef. Aan die einde van die boek is daar n redelike lofrede oor rooipeper.
    n Vriendin van my wat honderde rande se medikasie moet gebruik vir sooibrand was so moedeloos dat sy bereid was om enigiets te probeer. Ons gee toe vir haar die raad n.a.v. die boek om rooipeper te probeer. Sy neem toe n telepel heuning of botter en maak n sterk pasta aan met die rooipeper(so een derde teelepel). Die botter/rooipeper mengsel stel jou in staat om sulke klein 'balletjies' te vorm wat jy dan met koue water soos n pilletjie insluk. Die 'trick' is net om die rooipeper nie in kontak te bring met jou mondslymvliese nie. Hoekom nie? Vind self uit....Sy het soveel baat gevind hierby dat sy die hele dorp se rooipeper gaan opkoop het!
    My man vertel dat daar jare gelede tydens n jakkalsjag in die Montagu berge n jagter was wat n maagprobleem gehad het en van sy medejagters gee hom toe die volgende raat .Hy stroop die fyn blaartjies van die takkies van n 'skaap-Karoo-bossie' af en by gebrek aan kookwater om dit te laat trek, sluk die siek jagter sommer die handjie vol blaartjies af met koffie. n Paar uur later vra iemand of hy al beter voel en toe kon hy amper nie onthou dat hy siek was nie.
    Ek noem hierdie skaap-Karoo kruiebossie ons 'vrybossie' want Hubby het geweet ek is mal daaroor en as die djuffrou in ons vryersdae by haar Mini kom , is daar n stukkie vrybossie in die ruitveer ingedruk , net genoeg om die djuffrou LAM in die kniee te maak....

  2. #2
    Join Date
    May 2009
    Location
    Hillcrest KZN
    Posts
    146

    Boererate wat werk

    Protea baie dankie vir hierdie interessante raat. My man kry so baie sooibrand omdat hy so baie sjoklits eet. Het sommer dadelik vir hom vertel daar is ander raad behalwe koeksoda.

    Gesels weer oor die naweek met jou.
    Lekker slaap.

  3. #3
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,442
    Blog Entries
    10
    En vandag word Boererate, Homeopatie en New-Age genoem

    Hoe hou jy van tandpyn se boereraat : "n stukkie knoffel vir tandpyn!!

    Drink Naeltjie tee en baie water vir depressie!!
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  4. #4
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,442
    Blog Entries
    10
    Vir skurwe winters hakskene....

    Meng gelyke dele Brandspiritus, volroom langleef melk en glyserien, en spuit aan jou hakskene...

    Ek gaan probeer
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  5. #5
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Ta-An, dit werk! Ons het net die lang lewe melk met koei-melksalf vervang . Baie van ons vrouentjies se hakke het so iets nodig na n bietjie te veel somer , son en see ...

  6. #6
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Hoesmiddel.

    Gelyke dele heuning , suurlemoensap en roulynolie vir menslike gebruik (yakkie sleg!) help regtig vir hoes. Dis net so sleg dat jy dit nie weer sal WAAG om te hoes nie.

  7. #7
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Raad vir voedselvergiftiging

    Ek het al reeds die raad op n ander draad gesit , maar in die geval van voedselvergiftiging , eet soveel papaja met pitte as wat jy kan inkry. Hy het n ontgiftigingsmeganisme wat werk!

  8. #8
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Quote Originally Posted by protea View Post
    Gelyke dele heuning , suurlemoensap en roulynolie vir menslike gebruik (yakkie sleg!) help regtig vir hoes. Dis net so sleg dat jy dit nie weer sal WAAG om te hoes nie.
    Ek was besig om my 'huwelik tot niet te hoes' en toe uit radeloosheid toe gebruik ek my eie raad( wys jou net hoe desperaat ek was!) en siedaar : DIT WERK al weer! Voordat julle vir my kan se: Practise what you preach....

  9. #9
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,442
    Blog Entries
    10
    Quote Originally Posted by protea View Post
    Ek het al reeds die raad op n ander draad gesit , maar in die geval van voedselvergiftiging , eet soveel papaja met pitte as wat jy kan inkry. Hy het n ontgiftigingsmeganisme wat werk!
    Papaja pitte

    Jy sal soos 'n kite vlieg,,,,,
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  10. #10
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Nie NET die pitte nie!..... n Dokter in Bothaville se wereld het die raad vir n paar boere gegee toe hulle by hom vir hulp teen voedselvergiftiging kom aanklop het. Hy se hy kan nou vir hulle in die hospitaal sit en die grendste muti gee ,maar die goedkoopste en mees effektiewe raad is die eet van soveel papaja met pitte as wat jy kan inkry. En siedaar , die volgende oggend toe weet hulle nie van hulle ellende nie!

  11. #11
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Brandewyn as 'after sun treatment'...

    Nee, julle verstaan verkeerd! Dis nie vir mondelingse gebruik nie!!!

    Ons gesin het sulke ligte velle dat die Afrika son nou nie juis vir ons bedoel is nie. En n hele paar keer het ons al deur die jare so verbrand omdat ons nie gedink het die son is darem SO fel nie. My skoonpappie was n wynboer en hy het toe die raad gegee. As jy klaar gebad is nadat jy n bietjie te veel van die son geproe het, gooi n handjie vol brandewyn op jou hand en SMEER op die rooi dele. En weereens nee, jy ruik nie soos n kantien nie! Die volgende oggend is net die dele rooi wat jy NIE bygekom het nie. Ons het agterna ook 'surgical spiritus' probeer wat tog n baie hoe alkohol inhoud het , maar dit werk nie. Die gevolgtrekking wat ons toe gemaak het , is dat die helende krag in die druiwe deel van die brandewyn moet le. Ons het dit al keer op keer probeer en DIT WERK!

  12. #12
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1
    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    En vandag word Boererate, Homeopatie en New-Age genoem

    Ja ta-an ..... gooi bloekomolie van Pick 'n Pay in jou badwater vir 'n toe neus, maar moet dit net nie by die health shop koop nie ....

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Hoe hou jy van tandpyn se boereraat : "n stukkie knoffel vir tandpyn!!
    My ouma het altyd 'n botteltjie naeljie brannewyn byderhand gehou vir wisseltanne - 'n vinilla essence botteltjie vol heel naeltjies en brannewyn, op 'n wattetjie op die los tand gesit, dit woeps uitgetrek en siedaar, haahthek sonner trane ....... en suig so bietjie aan die wattetjie en jy slaap sommer ook lekker
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  13. #13
    Jiggg !! Is daar iets slegters as naeltjies ? My ouma het altyd sulke pastytjies gemaak waarvan die deeg aanmekaar gehou word met 'n naeltjiestokkie..en dan hap mens partykeer die stokkie raak.... eeeeuuuwww !

  14. #14
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Ek 'SIEN' sommer so oor die luggolwe saam hoe jy gril, Fila! Bitter min van hierdie ou boererate is smaaklik op die tong, ne?

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Gebed: Aansoek vir werk
    By marline in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 28
    Last Post: May 4th 2009, 07:35 PM
  2. Gebed: Ek wil werk vir Jesus
    By MercyChild in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 3
    Last Post: Mar 19th 2009, 07:01 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •