Bestuurderskap
Daar is hoofsaaklik twee stelsels in die wêreld, naamlik:
Kapitalisme
Rykdom behoort aan die een wat daarvoor gewerk het en hy kan daarmee maak wat hy wil.
Sosialisme
Rykdom behoort aan die gemeenskap en die regering moet dit beheer
ALBEI IS EGTER VERKEERD
ALLES BEHOORT AAN GOD EN ONS IS SY BESTUURDERS
Lukas 16:1 – 2
En Hy het ook aan sy dissipels gesê: Daar was 'n ryk man wat 'n bestuurder gehad het; en hy is by hom aangeklaag as een wat sy besittings verkwis.
En hy het hom geroep en vir hom gesê: Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van jou bestuur van sake; want jy sal nie meer bestuurder kan wees nie.
Job 1:21
…….en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd!
1 Korinthiërs 4:7
Want wie trek jou voor? En wat het jy wat jy nie ontvang het nie? En as jy dit dan ontvang het, waarom roem jy asof jy dit nie ontvang het nie?
1 Timoteus 6:7
Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie.
God sal ons eendag tot verantwoording roep oor wat ons met sy besittings gemaak het. Ons bestuurderskap eindig wanneer ons sterf – daarom neem ons niks saam nie.
Wat finansies aanbetref, vertrou God 9/10 van Sy geld aan ons bestuurderskap toe, terwyl Hyself aanspraak maak op slegs 1/10 of 10%.
HOEKOM ‘N TIENDE?
Omdat dit ‘n regverdige stelsel is – almal gee eweveel ongeag van verdienste.
Maleagi 3:8 & 10
Mag 'n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.
Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.
Omdat God Sy karakter in ons wil inbou. Hy sal nooit iets van ons verwag wat Hy nie eers self gedoen het nie. Hy het Sy ALLES gegee.
Johannes 3:16
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
HY WIL Hê ONS MOET SOOS HY WEES
Lukas 6:38
Gee, en aan julle sal gegee word. 'n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
Handelinge 20:35
Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang.
Omdat hy ons nie wil beroof nie, maar juis wil seën. Om 1/10 te gee is om te saai!!
Galasiërs 6:7
Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.
2 Korinthiërs 9: 6 & 10
Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai.
En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem,
As ek nie saai nie, kan ek nie ‘n oes verwag nie. Slegs wat ons aan God gee, kan Hy vermeerder, byvoorbeeld.
DIE WEDUWEE VAN SARFAT
1 Konings 17:9 - 16
Maak jou klaar, gaan na Sarfat wat by Sidon is, en bly daar; kyk, daar het Ek aan 'n weduwee bevel gegee om jou te onderhou.
Daarop het hy hom gereedgemaak en na Sarfat gegaan; en toe hy by die ingang van die stad kom, was 'n weduwee juis besig om daar houtjies bymekaar te maak. En hy roep haar en sê: Gaan haal tog vir my 'n bietjie water in die kan, dat ek kan drink.
Terwyl sy loop om dit te gaan haal, roep hy na haar en sê: Bring tog vir my 'n stukkie brood saam.
Maar sy antwoord: So waar as die HERE u God leef, ek het nie 'n broodkoek nie, net maar 'n handvol meel in die pot en 'n bietjie olie in die kruik; en hier maak ek nou 'n paar houtjies bymekaar; dan gaan ek en maak dit vir my en my seun klaar, dat ons dit kan eet en sterwe.
En Elía sê vir haar: Wees nie bevrees nie, gaan heen, doen volgens jou woord; maar maak eers daarvan vir my 'n broodkoekie en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jóu en jou seun iets klaarmaak.
Want so sê die HERE, die God van Israel: Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die dag dat die HERE reën op die aarde sal gee.
En sy het gegaan en gehandel volgens die woord van Elía; en sy het geëet--sy en hy en haar gesin dae lank:
die meel in die pot het nie opgeraak en die olie in die kruik nie minder geword nie, volgens die woord van die HERE wat Hy deur die diens van Elía gespreek het.
Sy moes eers aan die man van God gee. Sy moes “saad” saai en toe kry sy ‘n oes waaarvan sy kon lewe. As sy die saad vir haarself gehou het, was dit haar en haar seun se laaste maaltyd.
VERMEERDERING VAN DIE BROOD
Matteus 14:14 - 20
En toe Jesus uitgaan, het Hy 'n groot skare gesien en innig jammer vir hulle gevoel, en Hy het hulle siekes gesond gemaak.
En toe dit aand geword het, kom sy dissipels na Hom en sê: Die plek is verlate, en dit is al oor die tyd; stuur die skare weg, sodat hulle na die dorpe kan gaan en vir hulle voedsel koop.
Maar Jesus sê vir hulle: Hulle hoef nie weg te gaan nie; gee julle vir hulle iets om te eet.
Maar hulle antwoord Hom: Ons het hier net vyf brode en twee visse.
En Hy sê: Bring dit hier vir My.
Toe gee Hy die skare bevel om op die gras te gaan sit; en Hy neem die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en nadat Hy die brode gebreek het, gee Hy dit aan die dissipels en die dissipels aan die skare.
En almal het geëet en versadig geword, en hulle het die oorskot van die brokstukke opgetel, twaalf mandjies vol.
Iemand moes eers gee!
DIE ARM WEDUWEE
Lukas 21:4
Want hulle almal het uit hul oorvloed by die gawes van God ingegooi, maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het om van te lewe.
Baie mense sê: “Ek kan dit nie bekostig nie!”
Johannes 3:16
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Hy het “gesaai” en u en my geoes.
Johannes 12:24
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.- Omdat God se grootste opdrag (Mat. 28: 19) nie sonder geld uitgevoer kan word nie. Geld is nodig vir evangelisasie, vir kerkgeboue, vir die lewensonderhoud van evangelie dienaars.
Matteus 28:19
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
1 Korinthiërs 9:14
So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.
2 Timoteus 2:4
Niemand wat 'n krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag wat hom vir die diens gewerf het.
(Dit is ironies dat ‘n mens te trots is dat iemand anders vir jou kos, klere en huis betaal en tog is baie mense bereid dat ander mense betaal vir die oop kerkdeur waardeur hulle ingaan; vir die kerkbank waarop hulle sit; vir die bediening van die Woord waarna hulle luister)
MET WATTER GESINDHEID MOET ONS GEE?
ONSSELF eers aan die Here.
2 Korinthiërs 8:5
…..en het nie alleen gedoen soos ons verwag het nie, maar het hulself eers aan die Here gegee, en toe aan ons deur die wil van God.
Uit LIEFDE vir God.
1 Korinthiërs 13:3
En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.
Met BLYMOEDIGHEID
2 Korinthiërs 9:7
Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.
Met GELOOF in die Woord dat God my bron is.
Spreuke 3:9 & 10
Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;
dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.
Maleagi 3:10
Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.
Filippense 4:19
En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.
HOEVEEL IS ‘N TIENDE?
Maleagi 3:10
Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.
Matteus 22:21
Hulle antwoord Hom: Die keiser s'n. Daarop sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.
Haggai 1:4 – 11
Is dit vir julle self wel tyd om in julle betimmerde huise te woon, terwyl hierdie huis in puin lê?
So sê die HERE van die leërskare dan nou: Gee ag op wat julle wedervaar het:
julle het baie gesaai, maar min ingebring; julle het geëet, maar nie tot versadiging nie; julle het gedrink, maar nie genoeg gekry nie; julle het jul geklee, maar nie warm geword nie; en wie hom vir loon verhuur, verhuur hom om dit in 'n stukkende beurs te steek.
So sê die HERE van die leërskare: Gee ag op wat julle wedervaar het!
Klim op die berg en bring hout aan en bou die huis; dan sal Ek 'n welgevalle daaraan hê en My verheerlik, sê die HERE.
Julle het uitgesien na baie, en kyk, dit het min geword; en julle het dit in die huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas. Waarom? spreek die HERE van die leërskare. Ter wille van my huis wat in puin lê, terwyl elkeen van julle vir sy eie huis hardloop.
Daarom het die hemel bo julle die dou ingehou en die aarde het sy opbrings teruggehou.
En Ek het droogte oor die land geroep en oor die berge en oor die koring en oor die mos en oor die olie en oor alles wat die grond oplewer; en oor die mense en oor die diere en oor alle arbeid van die hande.
“DIT IS SALIGER OM TE GEE AS OM TE ONTVANG”
Bookmarks