Your Advert here
cure-real
Page 3 of 3 FirstFirst 123
Results 31 to 42 of 42

Thread: Gedigte: Almal is eintlik Hartseer

  1. #31
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Re: Gedigte: Almal is eintlik Hartseer

    Ferdie , jou gedigte en die verhaal daar om bly roerend.... Wat my die meeste getref het, is die Here se opdrag om 'jou hart oop te maak' wat natuurlik n risiko van verwerping kon insluit.

    In die verhoudingswereld is die woord 'hartseer' soos ABC en almal kom daarmee in aanraking. Maar hierdie hartseer het gelukkig ook die neiging om jou na die Antwoord toe te laat draai. Nie noodwendig met vrae soos 'hoekom Here?' nie , maar wel 'Waarnatoe nou Here?' Die hoekom-vrae kry nie noodwendig antwoorde in hierdie lewe nie. Maar eendag sal ons 'ten volle ken!'

    Of jou verhaal n gelukkige einde gaan he , is ook nie juis ter sake nie , maar die REIS , DIS wat van belang is! Mense wat jou aanraak en ook ander wat weer deur jou aangeraak word tot Sy eer.

    Skryf nog! Ons lees heerlik!

  2. #32
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Re: Gedigte: Almal is eintlik Hartseer

    Daar is 'n paar invalshoeke in die Christelike sfeer wat soms so eenvoudig en verstaanbaar is, dat mens nie anders kan as om te verstaan, waaroor dit werklik gaan as dit oor Christenskap handel nie. Een so invalshoek wat my baie help, is om te kyk hoe selfsugtig iemand is. Deur net na selfsugtigheid te kyk in jouself en in ander, kan jy boosheid in alle glorie sien. Iemand wat in wese selfsugtig is, kan nie die Here ken nie, dit is onmoontlik. Die enkele ding wat 'n gelowige in Jesus laat uitstaan, is of so mens diensbaar vir ander is en mens kan net diensbaar wees, as jy onselfsugtig is.

    Die kruis se hele doel is om jou in jou selfsug te laat sterf en vele mense wat die Here dien en gevind het, sal getuig dat die dag toe jy Jesus ontmoet het, die dag van jou wedergeboorte, is jy in wese van jou eie destruktiewe self gered. Die selfsugtigste wese wat daar is, is die Satan en dit is hy alleen wat die mens dring om die self oormatig te koester, om eiegeregtig te wees en om onkonsidererend te wees deur ander mense nie werklik in ag te neem nie, inteendeel, selfsug sien 'n ander mens of sy belang glad nie raak nie.

    Ek het al besigheid gedoen met sogenaamde 'Christene' en die groot toets wat sulkes faal is hulle selfsugtige handelinge wat nooit die ander een in ag neem nie, want dit kan nie, nie as die self nog nie gesterf het nie. Ek het baie swakpunte en het nog 'n pad om te loop, maar ek kan die Here dank dat selfsug nie konstant by my aanwesig is nie en tog is ek ook nog selfsugtig, al wil ek nie so wees nie...


    En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red. Wat baat dit ‘n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen?
    (Luk 9:23-25 AOV)



    Mense sê baie dat hulle iets gedoen het as 'n stap in gehoorsaamheid en verwys dan na een enkele daad, maar hierdie gedeelte in Lukas 9 is wat myself betref, die mees onderskatte opdrag wat Jesus ooit gegee het en min besef, dat met hierdie opdrag dit die enigste wyse is wat ons werklik gehoorsaam kan wees, as jyself sterf, sodat Christus kan lewe. Paulus het byvoorbeeld die volgende gesê wat spesifiek met hierdie opdrag te doen het...


    Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
    (Gal 2:20 AOV)



    Wat myself betref is hierdie die heel belangrikste opdrag om na te kom, want die kruis se krag alleen kan ons 'n pad met die Here in gehoorsaamheid laat stap en ons moet werklik versigtig wees vir die Satan se versoekinge. Jesus het nie verniet die 'Onse Vader' gebed vir ons geleer nie, 'laat ons nie in versoeking kom nie'... en hierdie gedig vertel hiervan... en ek was eintlik verbaas dat hierdie gedig nie al vroeër tot my gekom het nie, juis omdat selfsugtigheid en eie belang so lelike ding in myself en ook in ander is. Dit is juis vanweë selfsug en eie belang, dat daar so baie hartseer in hierdie wêreld is en die Satan sit agter hierdie magspel van eie belang!


    Eie belang?

    Ek… ek soek nie eie belang
    daai’s die streke waarmee satan ons vang
    hy druk mense vas in ‘n lang donker gang
    en dit alles…, net vir eie belang

    Vêrder, soek ek glad nie eie belang
    ons voel soms onseker, want Niek maak ons bang
    oppas gerus vir die listige slang
    dis net sy selfsugtige eie belang

    Ek sê maar net weer, geen eie belang
    die duiwel verseker om mense se drang
    na eer te verhoog met ‘n hemelse rang
    dis alles onthou!… net vir eie belang

    Ek herhaal weer ‘n keer, geen eie belang
    dit is reg, dit is reg…! hoor mens die gesang
    van ‘n draak wat almal in “liefde” wil hang
    en dit alles geliefde, vir sy eie belang…

    25 Maart 2007, 11:45
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  3. #33
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Re: Gedigte: Almal is eintlik Hartseer

    Niemand kan werklik in Christus leef, as jy nie gesterf het nie. Of dit uit en uit ons keuse is om te sterf, is te betwyfel. Of dit werklik net ‘n keuse is om in afhanklikheid van God te leef is ook nie so seker nie. Of dit vêrder ons eie keuses is wat die smeltkroes kies, wat loutering kies en wat die smaad van hierdie wêreld kies, is glad nie so seker saak nie. Ek moes leer dat as die Here my nie in die smeltkroes plaas nie, as Hy my nie louter nie, as Hy my nie verneder nie en as Hy nie wegneem om my in afhanklikheid te dompel nie, ek dit nooit self sal kies nie. Dit is nie ‘n keuse aan ons kant om hierdie dinge inherent te begeer nie. Dit kom as die normale of gegewe vir die deursnee mens alles van God self en ons verstaan dit net as ons terugkyk in ons eie lewe, wanneer ons die verhewe doel daaragter begin raaksien.

    My verhouding met die Here het eers regtig begin toe ek ‘n Bybel in 1992 aangeskaf het en toe ek die krag van die lewende Woord van GOD gesnap het, het ek iewers in my verlede so ongeveer 12 tot 15 jaar gelede hierdie boodskap in my Bybel geskryf, ‘n boodskap van groot dankbaarheid. Hoekom ek werklik dankbaar was, was bloot oor die eerste 5 jaar na my wedergeboorte in 1987, wat daar in my geestelike pad met die Here en spesifiek in my verhouding met Hom, basies niks tot baie min gebeur het. Ek vertel dit graag om aan ander wat die Here vind, ‘n waarskuwing te gee oor wat mens nie moet doen nie. Alhoewel ek boeke en boeke en nogmaals boeke gelees het, het ek tot en met 1992 nie Bybel gelees nie. Geen boek is die volle waarheid nie en alhoewel mens meriete in boeke kan beredeneer en bepaald kan insien, is geen menslike geskrif of boek gelykstaande aan die Lewende Woord van God nie. As jy die waarheid werklik wil koester, bly so na as moontlik NET aan die Waarheid. Jesus = Lewende Woord. Hierdie woorde voor in my Bybel is nie ‘n gedig nie, maar is soos ’n gedig, omdat die woorde min is maar baie sê, inteendeel, in hierdie geval ALLES sê!

    My eerste Bybel na my wedergeboorte in 1987.
    Ek het teruggeval na my ou weë, omrede my hart nie bewaar was nie.
    Die Woord van die Here (hierdie Bybel), het my geleer dat geen kind van God sonder ‘n Bybel geestelik kan lewe nie!
    Dankie Here!!

    Ek het dit aan die Here geskryf om myself te herinner aan die groot les wat ek moes leer en juis daaroor beteken Lukas 4:4 vir myself so baie en ek haal graag die deel aan waarna Jesus self verwys in Lukas!

    En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die HERE uitgaan.
    (Deut 8:3 AOV)
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  4. #34
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Re: Gedigte: Almal is eintlik Hartseer

    ‘n Mens is nou maar nie betroubaar nie en ek glo dat ek te jonk te gou ‘n groot salaris, ‘n groot klomp kennis en ‘n groot posisie beklee het. Alhoewel ander miskien nie sou dink dit is groot nie, het ekself tog maar meer daarvan gemaak as wat ek op daardie stadium sou toegee. Die Here weet egter wat nodig is om mens by die regte plek in Sy koninkryk te laat eindig en om daar te kom, is in menslike terme hard en genadeloos. Maar as jy daar kom, is dit net genade!

    So het daar na 1992 weer vernederings op my pad gekom en ek kan sekerlik baie borduur hieroor, maar die een enkele vernedering wat my die meeste sou vang, was dat al my selfvertroue van my gewyk het. Eintlik, dat my menswaardigheid in wese nie meer bestaan het nie. Wéét jy hoe voel dit om niks te wees, as jy weet jy is nie niks nie en jy dag vir dag baklei daarteen om iets te wees, as jy heeltyd as niks bewys word nie?

    Ek kon sedert middel 1993, begin 1994 skielik nie meer lekker kommunikeer met mense nie en dit sou ‘n hoogtepunt bereik tot hier einde 1997, begin 1998. Vir 4 jaar het ek hel gehad en dit was so nodig, want 4 jaar se hel op aarde is niks teen 'n ewige hel nie. Uiteraard is dit op en af en nie konstant dieselfde die heeltyd nie, maar my hart was gebreek, om aanvanklik eers geen insig, kennis en wysheid te hê nie, later geen gesag te hê nie en ook geen geld te hê om dinge te doen wat al die ander mense so gul kon doen en beleef rondom my nie. Die Here het al my kennis laat kwyn en dit net iewers gaan ophang, al my geld en besittings is sommer op die ashoop gegooi en al my gesag het Hy onder 'n maatemmer verseël. Dit was byvoorbeeld so dat as ek vir te lang tye in baie mense se geselskap was, ek soos ‘n vasgekeerde dier gevoel het en dit het letterlik gebeur dat my oë weens my min selfvertroue, wild in my kop gevoel het, as ek ander in die oë moes kyk en dit met tye vir 3 of 4 of selfs 5 ure lank. Ek was gestraf as iemand my genooi het vir ‘n braai, gevra het om ‘n funksie by te woon of as ek by die Kerk wat ek toe bygewoon het, sekere kerklike aktiwiteite moes bywoon.

    As ek na sulke aande by die huis kom, het ek regtig ‘n nag om geween, omdat ek nie normaal kon kommunikeer nie. Dit was vir my verskriklik erg, om nie te kon kommunikeer nie en ek moes leer hoe eenvoudig ek eintlik maar is! Ek het so opgekyk na die eenvoudigste van eenvoudigste mense, wat so ‘normaal’ kon kommunikeer, dat ek in gewone mense wat werklik eenvoudig is, iets in hulle begin beny het. Ek het begeer om net soos hulle, tog net normaal te kan kommunikeer. Iets wat ons as voor die hand liggend beskou, was vir myself iets wat ek verloor het en een aand het ek gebid en die Here net gedank, dat al kan ek nie meer so goed met mense kommunikeer nie, kan ek nog skryf. Dit is toe waar skryf vir my alles begin word het en sedertdien skryf ek byna elke liewe dag, iewers op papier, iewers op die internet, iets per e-pos.

    Eers toe ek aanvaar dat ek nie meer hartseer hoef te wees as ek nie verbaal goed kan kommunikeer nie en dat daar werklik ‘n groot dankbaarheid by my was om te kon skryf, het daar vir my ‘n ongelooflike groot oorwinning gekom. Ek wou so graag vir die Here werk en nou het ek gevind en ek het die 'hoe' gevind, ek kon skryf. Dit is een van die redes hoekom ekself vandag so aktief op die internet is, maar die Here het die nodige selfvertroue om weer normaal met ander mense te kon kommunikeer, herstel en ek was weer my self, maar hierdie keer dankbaar daarvoor en my eer moes gebreek word, om my te wys hoe fantasties God se eer is en as mens dit kan beleef, sonder om jouself te verhoog.

    Ek wou tog so graag net iemand wees wat gereken kon word oor die algemeen en veral in God se koninkryk en moes leer hoe dit by die Here werk, toe ekself dit in eie krag wou doen en eintlik maar myself verhoog het! Hierdie gedeelte uit Matthéüs en ook gedig vertel daarvan…, as God jou verhoog en nie jyself nie!

    Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus. Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees. Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.
    (Mat 23:10-12 AOV)




    Verstom

    Ek is in my siel verstom
    verstik, verdwaas, verwonderd… hoekom?
    Ek kan nie glo dat een alleen
    soveel ontdek hier rondtom hom heen

    My lewe het soveel nuwe waarde
    die lig skyn weer op moeder aarde
    Waarom, waarom nou eers Here?
    ek weet…, ek weet daar is ‘n rede

    Die onsekerheid en dom gebede
    is skielik nou iets van die verlede
    Dit is U werk wanneer ons leer –
    die weg, die lewe is net U, o Heer.

    16 Mei 2002, 17:33

    Hierdie gedig het eintlik veel meer betekenis in my eie lewe, waaroor ek later nog sal skryf...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  5. #35
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Re: Gedigte: Almal is eintlik Hartseer

    Quote Originally Posted by protea View Post
    Of jou verhaal n gelukkige einde gaan he , is ook nie juis ter sake nie , maar die REIS , DIS wat van belang is! Mense wat jou aanraak en ook ander wat weer deur jou aangeraak word tot Sy eer.
    Jip Mona, dis goed gestel en dit is seker in wese waaroor elke mens se lewe werklik gaan en veral as mens wil doen wat die Here behaag. Ek het weer mooi gaan kyk wat jy hierbo geskryf het en vanoggend het dit my baie geraak...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  6. #36
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Re: Gedigte: Almal is eintlik Hartseer

    As daar darem maar inspirasie in mens se lewe is en as liefde en verliefdheid mens se deel is en as iemand nog oulik ook is, hoe doen 'n man dit anders as om met blomme dit te sê? Gedigte het 'n kreatiewe kant en soms het dit wat jy doen ook iets kreatiefs wat jy nooit kon dink jyself aan sou dink nie. Ek wou nie net blomme stuur nie, want hulle verwelk en dink dit toe goed om in die middel van die mooi bos blomme, 'n plastiek blom in te sit, want dit sal vir ewig kan hou en hierdie gedig het Marlene saam met haar bos blomme ontvang! Marlene het my vêrder SMS taal ook geleer en hierdie gedig weerspieël so ietsie daarvan ook. Ek wou darem ook nie te opdringerig wees nie en het haar eie gevoelens in ag geneem en sou later iets leer waaroor ek nooit spyt kon wees nie, nooit nie!


    Sonder blomme… sonder maaiki?


    Wat is ‘n vriendskap sonder blomme?
    als so rein, so skoon so goed
    en om nie te vergeet… liefde in ‘n vriendskap, is ‘n moet
    ‘n Wit bos blomme is so mooi
    maar hoe kan mens diè vergeet… hul kleur – so rooi!

    Onthou… die een in die middel
    Met hierdie blomme hoop ek jy verstaan
    dat ons vriendskap nooit nie sal vergaan
    Ek hoop, glo en sal vertrou
    dat jy sal insien en met geen berou
    dat hierdie blaaiki of dalk traktaaiki
    jou ook verklaar as 1 “stunning” maaiki!!!

    12 Februarie 2003, 9:48
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  7. #37
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Re: Gedigte: Almal is eintlik Hartseer

    Dit wat reeds in plasing #32 geskryf is, is so belangrik in ons verhouding met die Here dat ek dit graag op 'n ander wyse ook wil stel. Ek moes iets baie eenvoudig in die lewe leer, dat as die 'eie ek' nie sterf nie, God nie kan werk nie. Oor hierdie rede moet mens liefs nie te veel vrae vra oor loutering nie en bloot aanvaar. Soos wat die tyd aangestap het, het die Here op 'n baie praktiese wyse die kruisboodskap aan my geleer en dit sou mettertyd die wese van my hele teologie word en later sal ek werklik meer hieroor wil skryf en baie spesifiek dit wat reguit net so in die Bybel staan. Om die evangelie te verkondig, moet mens gediend wees daarmee dat mens vyande gaan maak, want jy spreek die mens se ego aan, die 'eie ek'. Ons eerste stryd is sonder dat mens dit altyd direk besef, teen God... en as ons nie iewers op 'n punt kom, waar ons onsself heeltemal ondergeskik aan Hom stel nie, is daar niks wat oorbly nie en geen ander oorwinning in die lewe is haalbaar, as ons nie by die Here begin en daar die stryd om te oorwin, verwesenlik nie. Soms skryf mens iets en eers later, sien mens wat jy eintlik geskryf het en voor ek vêrder aan hierdie verhaal skryf, deel ek graag die volgende...


    'Kruisig jouself en daar sal versoening en bevryding kom. Regverdig jouself en daar sal bindings wees en oorlog woed!'


    Persoonlik glo ek en na die beste van my wete, dat die heel grootste opdrag wat Jesus ooit gegee het die opdrag was om by Sy kruis te wandel (omdat dit daagliks en deurlopend gehoorsaamheid werk soos geen ander opdrag nie), want slegs as die vlees sterf, kan die Gees opstaan in ons en gelykvormig word aan ons opgestane Jesus en dit sluit aan by wat in my hart vasgelê is hierbo...


    En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red. Wat baat dit ‘n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen?
    (Luk 9:23-25)
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  8. #38
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Re: Gedigte: Almal is eintlik Hartseer

    Hierdie boodskap is so kritiek, dat mens skuldig staan om nie elke geleentheid te gebruik om ander daarvan te vertel nie. Die boodskap van die kruis, was ook Paulus se praktiese ervarings, sy sentrale boodskap en die volgende uitsprake wat deurspek is in al sy briewe, bevestig hierdie verborgenheid..., wat ongelukkig in die Kerk van vandag, nog met tye 'n verborgenheid is...

    Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
    (Rom 6:5-6)

    want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.
    (1Kor 2:2)

    Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.
    (2Kor 12:10)

    Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
    (Gal 2:20)

    Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld.
    (Gal 6:14)

    dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.
    (Efe 4:22-24)

    Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus. Laat ons almal dan wat volmaak is, so gesind wees; en as julle anders gesind is, sal God dit ook aan julle openbaar. Maar wat ons reeds bereik het—laat ons volgens dieselfde reël wandel, laat ons eensgesind wees. Wees ook my navolgers, broeders, en let op die wat so wandel soos julle ons tot voorbeeld het. Want baie—van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê—wandel as vyande van die kruis van Christus.
    (Filp 3:14-18)

    En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het, en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael, nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.
    (Kol 2:13-15)

    maar alhoewel ons vantevore, soos julle weet, in Filíppi gely het en mishandel is, het ons in onse God vrymoedigheid gehad om aan julle die evangelie van God te verkondig onder veel stryd.
    (1Thes 2:2)


    Enige mens wat die waarheid leer ken het, sal hierdie boodskap wat Paulus verkondig het sy of haar eie moet maak, want anders kon of kan God nie werk nie. Ons is en bly net instrumente in Sy hand en as iemand met 'n hamer en beitel 'n stuk hout wil vorm, kan mens dit net doen as daardie instrumente dood is. Sou hierdie hamer en beitel self die hout wil vorm, is hulle in jou pad, soos wat ons meeste van die tyd in God se pad is, wanneer Hy ons wil gebruik. Dit is nodig dat ek hierdie beginsel moet uitwys, want as dit nie hiervoor was nie, sou my eie verhaal en ook alle ander verhale van mense wat in die Here is en vir Hom werk, nie sin maak nie.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  9. #39
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Re: Gedigte: Almal is eintlik Hartseer

    My inspirasie het die laaste 5 jaar of so, geweldig begin kwyn met hierdie verhaal (wat ek al 10 jaar lank mee besig is), want ek kon net nie alles maak pas nie en so onlangs soos die 6de Julie 2012, het daar iets gebeur, wat alles in plek plaas en vir die eerste keer is ek nie meer 'n gebroke man nie, want my jeugliefde het op die toneel verskyn en sy is die sleutel gewees, in hierdie hele verhaal. Ons het mekaar 25-26 jaar gelede gesien en nooit kontak gehad nie. Nie een van ons het getrou nie en ons kon nie en ons moes mekaar leer wat die waarheid was. Beide van ons het 'n geweldige prys betaal vir foute wat ons toe gemaak het, want ons het gestruikel, maar die Skrif leer dat dit noodsaaklik is dat iemand struikel, maar weë hulle deur wie die struikeling gekom het. Dit is die wese van hierdie verhaal en hoe ons weer versoen geraak het. Die proses is steeds besig om uit te kring, want daar is kinders ook by betrokke, maar dit is iets wat myself verstom en weldra kan mens begin met hierdie verhaal wat die eerste keer werklik sin maak, inteendeel, volmaak sin maak! Op die oomblik sal daar net nie tyd kan wees nie, want ons neem al mekaar se tyd op... en het steeds nog nie fisies mekaar gesien nie.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  10. #40
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,442
    Blog Entries
    10

    Re: Gedigte: Almal is eintlik Hartseer

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    maar die Skrif leer dat dit noodsaaklik is dat iemand struikel,.



    Ps 10:12 sê sodat ons na God kan keer
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  11. #41
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Re: Gedigte: Almal is eintlik Hartseer

    Ons het mekaar die 13de September 2012 die eerste keer in lewende lywe gesien na 26 jaar! Dit is nie maklik om alles te verwerk nie, nie as mens lief is en nie by mekaar kon wees nie, maar ons oorwinnings kom met verdrag en so met die tyd kan mens meer begin skryf oor dit wat nodig is...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  12. #42
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Re: Gedigte: Almal is eintlik Hartseer

    So in Mei van 2003, kry ek 'n e-pos van Marlene wat my tot in my fondamente ruk. Voor mens dalk by die detail van die e-pos kom, sal ek iets oor drome moet sê. Daar staan die volgende in Job 33...


    Want God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie. In die droom, in ‘n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed, dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle; om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg; sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie.
    (Job 33:14-18)


    Deur drome het die Here al 'n paar kere dinge aan my gewys wat presies net so plaasgevind het, maar mens noem dit net, want dit sou met Marlene iets baie aangrypend wys. Sy laat weet my dat sy op die 16de Augustus 2003, trou. Ek kon dit nie glo nie, want die Here het keer op keer aan my gewys, dat sy my vrou sal wees! Ek was om die minste te sê verpletter, nie net oor 'n liefdes-teleurstelling nie, maar meer oor die feit dat ek skielik nie geloof verstaan het nie, soos in absoluut niks nie!! Mens se hele fondasie is in een oomblik onder jou uitgeruk en nog nooit was ek so totaal rigtingloos, soos daardie dag nie!

    Ek het byna beswyk en die grootste toets in geloof om my hart vir 'n vrou te gee, het my nietig gelaat. So stoei ek deur die dag en bel ook oom Tubby, wat my geestelik so bystaan altyd. Niks het my net laat beter voel nie. Die middag so 16:00 (4uur) gaan ek op my kniëe en 10 minute later staan ek op en is perfek genees van my hartseer. In een enkele moment! My liefde vir Marlene was nooit selfsugtig nie en dit was my behoud.

    Ek bel haar toe om te hoor waaroor alles handel en hoekom sy my nooit van hierdie man vertel het nie. Sy was kalm en het alles so mooi verduidelik. Sy vertel my dat sy hom reeds 5 jaar geken het, maar dat hy op 'n stadium te veel druk op haar geplaas het om te trou. Sy was 22 toe ek haar ontmoet het, maar het soos 'n 14-jarige gelyk en dit het haar vroulikheid van haar ontneem. Marlene het nie soos 'n vrou gevoel nie. Omdat alles van die Here was, het sy soos ek, presies verstaan, waaroor alles gaan, alhoewel sy my eers moes inlig. Die ouderdom-verskil van 16 jaar tussen ons was groot, maar was noodsaaklik toe 'n ouer man verlief raak op haar en dit het haar vroulikheid herstel. Sy meld toe ook dat haar toekomstige man groete stuur, want ook hy het verstaan waaroor dit gaan.

    Op haar beurt het sy iets in my herstel wat verkeerd geloop het toe ek jonk was en sy het ook as instrument, 'n sielelas aan my gegee. Die oomblik toe ek my hart vir hierdie jong vrou kon gee, het die Here my gewys dat ek geen siel kan inwin, as ek nie in 'n liefdesverhouding met daardie siel is nie.

    Ek moes leer dat mens gehoorsaam aan die Here moet wees en bly, want Hy verwag soms onlogiese dinge en gee einde ten laaste die perfekte antwoord! Dit is hier waar die droom ter sprake kom. Ek droom dat ek en Marlene by my matriek-reünie is en ons sit in 'n Datsun 120Y (hierdie Datsun 120Y was in byna elke droom waar my jeugliefde in was en dit sou 'n interessante verklaring bied, waaroor mens later graag meer moet sê). Ons kry stry en ek loop weg van haar en dis waar die droom stop.

    'n Vriend van my skakel my een aand en vra of ek na die matriek-reünie toe kom daardie jaar. 'Nee', sê ek, 'want jy weet mos ek hou nie baie daarvan nie'. Hy het aangehou en aangehou en toe vra ek hom later wanneer die reünie gaan wees. Dit sal op die 16de Augustus 2003 wees het hy my laat weet. Ons matriek-reünie was dus op presies dieselfde dag as wat Marlene getrou het. Die droom het my vooraf gewaarsku dat daar op daardie dag 'n skeiding, tussen my en Marlene sou kom en so laat die liewe Here mens nie in die donker oor wat in mens se lewe gebeur nie. Drome is daar om ons persoonlik te waarsku en is die belangrikste komponent daarin vandag. Dis maar ons wat Hom nie raaksien nie en dan kry ons seerder as wat nodig is. Oor hierdie saak dat ons God in ons lewens kan sien en sommer baie gereeld ook, sal ek graag meer wil skryf, want dit is ons behoud, dat ons God sal sien in ons lewens.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Gedigte: Getuig met jou eie Gedigte
    By CFJ in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 35
    Last Post: Jul 14th 2011, 07:03 PM
  2. Dit is wat Gen15:1 eintlik sê
    By Ta-An in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 15
    Last Post: Jun 3rd 2009, 09:23 PM
  3. 'n Hartseer storie
    By marline in forum Ester se Koffiehuis
    Replies: 1
    Last Post: Dec 24th 2008, 07:39 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •