cure-real
Results 1 to 9 of 9

Thread: Die mag van gebed

  1. #1
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    175

    Die mag van gebed

    Die mag van gebed is 'n mag wat God in ons hande gegee het en ek dink nie ons almal besef altyd wat se mag hierdie werklik is nie.
    Kom ons gaan 'n bietjie terug in die geskiedenis van die Bybel en kyk na Joshua wat God gevra het om die sin te laat stilstaan.
    Joshua 10:12 Toe het Josua met die HERE gespreek, op die dag dat die HERE die Amoriete aan die kinders van Israel oorgegee het, en voor die o van Israel ges: Son, staan stil in Gbeon, en maan, in die dal van Ajalon!
    Joshua 10:13 Toe staan die son stil en bly die maan staan totdat die volk hulle gewreek het op hul vyande.
    Ek gaan nie te veel voorbeelde hier gebruik nie want die Bybel is nogal vol van sulke voorbeelde maar een voorbeeld wat my hart nogal diep geraak het is die een van Petrus in die gevangenis en die hele gemeente wat saam bid dat hy bevry moet word.
    Act 12:5 So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar het n aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan.
    Act 12:6 En toe Herodes hom wou voorbring, het Petrus in daardie nag tussen twee soldate geslaap, met twee kettings geboei, en wagte voor die deur het die gevangenis bewaak.
    Act 12:7 En meteens staan daar n engel van die Here by hom, en n lig skyn in die gevangenis. Toe slaan hy Petrus op die sy, maak hom wakker en s: Staan gou op! En die boeie het van sy hande afgeval.
    Act 12:8 En die engel s vir hom: Omgord jou en trek jou skoene aan! En hy het dit gedoen. Verder s hy vir hom: Gooi jou bo-kleed om en volg my!
    Dus kom ek by die doel van my draad en dit is dat almal van ons moet besef watter groot mag daar in gebed is. Somtyds, moet ek bylas, word ons gebede nie verhoor soos ons gehoop het dit sou gebeur nie dit is op die punt dat ek kom by die deel wat se "Laat U wil geskied". Julle sien, solank as ons onsself onderwerp aan die Here sal ons ook toelaat dat Hy ons gebede op Sy tyd verhoor. Jesus het in Getsemane gebid en Hom aan Sy Vader se wil onderwerp.
    Mat 26:42 Weer het Hy vir die tweede maal gaan bid en ges: My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.
    Somtyds gaan ons ook deur ons eie stukkie Getsemane en dan wanneer ons bid wil ons he God moet dadelik antwoord. Ek het eendag in 'n boek gelees deur 'n Pastoor Norman Vincent Peale geskryf dat ons moet God se ritme vind. Ons moet leer on totale beheer van ons lewe in God se hande te plaas. Ek besef egter dis makliker gese as gedaan maar die dag wat ons dit regkry, sal dit vir ons ook moontlik wees om te se: "Laat U wil geskied." en ons sou God se ritme gevind het.
    Vertel vir my wat omtrent gebed het jou hart aangeraak en as julle enige spesiale gebeds ondervindings het om te deel kom vertel vir ons daarvan. In die Gebedsforum sal julle sien daar is nogal heelwat versoeke vir gebed. Kom ons maak 'n punt daarvan om vir die mense/siele te bid.
    Manie Verster
    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle o om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

  2. #2
    Gebed is beslis baie kragtig. Ons het verleer om te bid. Ons moet weer leer om 'n binnekamer verhouding met die Here te h. Ons moet ook onthou dat gebed nie 'n manier is om God se arm te "draai" nie. Hy verhoor vandag nog gebede, maar Hy is ook by magte om dit nie te doen nie, al voel ons baie keer dat dit onregverdig is. Hy weet altyd beter en wat die beste vir Sy kinders is.

  3. #3
    Join Date
    Mar 2005
    Location
    Hartebeespoort
    Posts
    1,044
    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    Ons moet ook onthou dat gebed nie 'n manier is om God se arm te "draai" nie.
    Hoe draai mens God se arm?

  4. #4
    Quote Originally Posted by Henry View Post
    Hoe draai mens God se arm?
    Beeldspraak!!!! Mense dink as hulle net 'n gebetjie op s dan sal God gou gou spring en alles weer regmaak. Het jy hom...?

  5. #5
    Join Date
    Mar 2005
    Location
    Hartebeespoort
    Posts
    1,044
    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    Beeldspraak!!!! Mense dink as hulle net 'n gebetjie op s dan sal God gou gou spring en alles weer regmaak. Het jy hom...?
    As jy dit glo, is dit jou goeie reg!!

    As my seun droogmaak, sorteer ek dit uit. Is God dan met respek, 'n slegter pa as ek? 1000 maal nee!!!! Hy het al baie vir my gedoen en ek juig - en is dankbaar - daarvoor. Later meer hieroor.

    Spelpolisie Nota: gebetjie moet gebedjie wees, maar die gebruik van 'n verkleinwoord laat dit nogal neerhalend klink. Is daar 'n rede voor?

  6. #6
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    175
    Quote Originally Posted by Henry View Post
    As jy dit glo, is dit jou goeie reg!!

    As my seun droogmaak, sorteer ek dit uit. Is God dan met respek, 'n slegter pa as ek? 1000 maal nee!!!! Hy het al baie vir my gedoen en ek juig - en is dankbaar - daarvoor. Later meer hieroor.

    Spelpolisie Nota: gebetjie moet gebedjie wees, maar die gebruik van 'n verkleinwoord laat dit nogal neerhalend klink. Is daar 'n rede voor?
    Nee Henry, ek dink nie Johnny glo dit nie maar daar mag mense wees wat glo dat hulle dit kan regkry. Die verkleinering is nie bedoelend teen God nie maar teen die wat dink hulle kan dit regkry. Jammer Johnny ek bedoel nie om vir jou te antwoord nie maarhet dit net nodig gevind om die saak hie reg te stel.
    Manie Verster
    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle o om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

  7. #7
    Dankie Manie. Ja....'n goeie begrip het 'n halwe woord nodig!

  8. #8
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    629
    Quote Originally Posted by Henry View Post
    Hoe draai mens God se arm?
    Ek het persoonlik 'n probleem met baie van die "foefies" wat rondom gebed plaasvind. Vir my is dit niks anders as pogings om God se "arm te draai" nie. Ek praat van goed soos gebedskettings, en "geforseerde" gebed. In ons gemeente is hulle byvoorbeeld baie lief om gou-gou 'n 24 uur (was al langer) gebedsketting aandie gang te sit. ("Ons gaan vir die volgende 24 uur vir hierdie of daardie saak bid. Steek gou hande op, wie sal vir ons van 8 tot 9 vanaand bid? Dankie, nou van 9 tot 10? Van 10 - 11? ens ens.) Se nou maar ek het my hand opgesteek en beloof om tussen 3 uur en vieruur in die oggend te bid.... nou stel ek my wekker, staan op en vryf die slaap uit my oe, sit die horlosie voor my neer en begin bid. Kokslag vieruur se ek AMEN en gaan kruip terug in die bed... Maak dit sin? Nee, dan probeer ek God se arm draai. Wie weet, miskien sal Hy makliker voldoen aan ons versoek as ons vir 24 uur aaneen bid...? Sal Hy dan minder ag gee op opregte gebede van mense op wie se hart dit is om soos en wanneer hulle voel, vir daardie bepaalde saak in te tree? Vir my is dit 'n foefie, met die doel om God se arm te draai.

    Wat ook soms in my gemeente gebeur, is dat die leraar sal se: "Kom ons bid vir koos se kanker en vir Marie se finansies, en vir die misdaad in die land ..... Draai gou so twee-twee of drie-drie na mekaar toe en bid!" Nou draai ek na die ou langs my en ek se 'n gebed(jie) op vir Koos, en vir Marie, en vir die misdaad, sonder dat ek enigsins op daardie oomblik 'n behoefte het om vir daardie sake te bid. En as ek klaar is, dan is dit my gebedsmaat se beurt. Hy se dieselfde as ek, maar probeer dit darem in ander woorde doen, sodat dit nie klink asof hy my na-aap nie.... niks anders as 'n foefie met die doel om God se "arm te draai" nie. Myns insiens sal dit baie meer sin maak om die gebedsversoeke op die tafel te plaas, en te vra dat elkeen daarvoor bid soos en wanneer die Here dit op sy/haar hart le. Of om tyd te gee vir stilgebed, sodat elkeen op sy eie manier en tyd kan bid soos hy/sy op die hart voel, of wat ookal. Maar sulke geforseerde gebed beteken vir my nie veel nie.

    Dieselfde met iets soos vas. Dikwels wil ons graag iets van die Here he, en dan vas ons, met die gedagte dat God ons opoffering sal raaksien en makliker voldoen aan ons versoeke. As mens so vas, dan is dit niks anders as 'n foefie om God se arm te probeer draai nie. Of ons probeer met God 'n "deal" maak. ("As U dit of dat vir my doen, dan sal ek weer dit of dat vir U doen...") Weereens, 'n blote foefie om God se arm te probeer draai.

    Gebed is 'n persoonlike saak tussen die bidder en God, en as dit nie opreg en gelowig gedoen word nie, dan beteken dit werklik niks! En dan is dit niks anders as 'n "gebedjie opse" nie"

  9. #9
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    175
    Quote Originally Posted by Gene View Post

    Gene ja, dismaar moelik die goed en 'n mens wil nooit in 'n blik gedruk voel om op 'n spesifieke oomblik te bid nie of gedwing voel om te bid nie. Ek onrhou lank terug toe ek nog in 'n hostel gebly het, het ek eendag in 'n vriend se kamer gaan kuier. Toe ek gaan sit staan hy op, sluit sy deur en haal die sleutel uit en sit dit in sy sak. Wat nou? vra ek. Ons gaan nou 'n bietjie bid se hy. Ek het my op die plek vererg maar toe maar deur die gebed gesit en toe hy klaar is vra hy of ek wil bid. Ek se toe nee, ek het eintlik 'n afspraak en wou eintlik net gou vir jou iets kom se en nou is ek laat. Hy het toe maar oopgesluiten my laat gaan maar daarvanaf het hy my nie maklik weer in sy kamer gekry nie.
    Manie Verster
    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle o om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Help asseblief Gebed: Dringende gebed nodig
    By Sonia Smit in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 30
    Last Post: Jul 7th 2009, 10:22 AM
  2. Gebed ASB !
    By Willem in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 11
    Last Post: Jun 15th 2009, 04:24 PM
  3. Help asseblief Gebed vir werksonderhoud
    By lukeskywalker in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 10
    Last Post: May 25th 2009, 06:25 PM
  4. Gebed: Gebed vir doop
    By MercyChild in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 8
    Last Post: Feb 25th 2009, 09:54 PM
  5. My Gebed
    By MercyChild in forum Alles en nog wat
    Replies: 3
    Last Post: Dec 27th 2008, 04:32 PM

Tags for this Thread

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •