Gebed vir my seun
Wel, hy is eintlik my stiefseun maar alhoewel ek en hy al baie vasgesit het in die verlede en ek hom al beskuldig het dat hy aan sy ma se roks pante vasklou is hy nogtans soos my eie seun vir my. Hy het my selfs al Pa genoem en wanneer hy suksesse het is ek net so trots op hom. Sy ma dink natuurlik anders. Sy, enige vrou eintlik, verstaan nie manne se vehoudings met mekaar nie. Ek wil he hy moet op sy eie voete staan maar sy ma dink ek wil hom net uit die huis uit jaag. Wel, die jongman het nou al 'n paar liefdes teleustellings in sy lewe gehad en die laaste een was net te veel vir hom. Hy het homself nou gewend na dwelms.

Ja, ek huil snot en trane en ek het nou al so gebid vir wysheid van die Here af en ek was al kwaad en wou hom uit die huis uit smyt maar ek kan dit nie doen nie. Ek vra myself Wat Sou Jesus Doen! Ek is raadop, het nou al so geworstel met die Here. Bid en advies groot asseblief!!!
Manie Verster
Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
1Th 5:17 Bid sonder ophou.
Bookmarks