Your Advert here
cure-real
Page 2 of 6 FirstFirst 123456 LastLast
Results 16 to 30 of 88

Thread: Vrye wil

  1. #16
    Join Date
    Mar 2005
    Location
    Hartebeespoort
    Posts
    1,044
    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Net vir interessantheid, wie sou jy sê neem die wilsbesluit oor enige iets, in die volgende scenario?

    Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
    (Gal 2:20 AOV)
    Ferdi, ek dink die mens (vrye wil) neem steeds die besluite, want hulle het nie 'n cooking clue wat daai vers beteken nie. Ek moet erken ek weet self nie mooi nie.

  2. #17
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,494
    Quote Originally Posted by Henry View Post
    Ferdi, ek dink die mens (vrye wil) neem steeds die besluite, want hulle het nie 'n cooking clue wat daai vers beteken nie. Ek moet erken ek weet self nie mooi nie.
    Henry,

    Wat ek skryf is bloot my eie ondervinding en verstaan en uiteraard sal dit beperk wees, maar dit is my eerlike siening wat mens graag eerlik wil oorbring, soos mens dit verstaan en ek glo mense verstaan mekaar meesal nie. Tog hoe toets mens dit, sonder die Woord? Ek kan hier namens myself getuig en ander ook, dat daar baie dinge is wat ek doen, wat op geen manier ekself was nie, maar God wat in my gewerk het. Mens raak baie dinge kwyt, wat nie jyself was nie, maar God wat in jou werk. Male sonder tal het ekself al geskryf dat my verstand vrugteloos was en eers na die tyd, dan sien mens wat jy geskryf het en dan weet mens, dit was inspirasie van God en nie my eie vrye self nie...

    Net iets oor vry wil, as dit bestaan, hoekom gebruik niemand dit in hul gebedslewe nie? Ek het nog nooit iemand hoor bid, dankie Here vir my vry wil, wat hierdie of daardie wonderlike keuse gemaak het nie. Mens bid tot God en deur God en vir God en leef ook so, of alternatiewelik leef hulle vir hulleself en deur hulleself en vir hulleself en uiteraard in hulle vleeslikheid leef hulle in krag van satan.

    Toe Petrus Jesus teegegaan het, het Jesus nie Petrus of sy vry wil aangespreek nie, maar hom direk satan genoem, Van toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word. Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie! Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense. Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
    (Mat 16:21-24 AOV)


    Ons moet dus sterf in onsself, sodat satan nie kan lewe nie en op daardie manier sal ons vry wil sterf, sodat God verheerlik kan word. As vry wil volgens die leer van hierdie dogma bestaan, beteken dit daar is 'n neutrale stand, waarin mense onbelemmerd besluite kan neem? Oor hierdie rede het Sprugeon gesê, 'the only free will choice is a choice for hell'.

    Lees mens van so neutrale stand in die Bybel?

    Lees mens vêrder van 'n attribuut soos vry wil iewers in die Bybel?


    Dit is my beskeie mening, maar ek is oortuig dat vry wil die spilpunt is waarop afgodedienste gebou is en kan dit nie as 'n Christelike vertrekpunt beskou nie. Daar is net twee soorte godsdienste in hierdie wêreld.

    Hoekom mense hieroor verskil weet ek nie, maar die Bybel moet mos iets kan sê oor vry wil as dit so is en mens lees dan niks daarvan nie. My eie ondervinding is sonder dat ek twyfel daarin, dat toe ek tot wedergeboorte gekom het, dit nie my keuses was wat alles bewerk het nie, maar God wat in my gewerk het. Ek kan werklik nie 'n sweempie onthou, van iets wat ek moes doen om gered te word nie en as ek sê ek glo nie in vry wil nie, dan is dit omdat ek dit nie in my eie lewe kan sien nie, dit bestaan nie. Dat God in my werk en dat satan in my werk, dit sien ek wel...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  3. #18
    Join Date
    Mar 2005
    Location
    Hartebeespoort
    Posts
    1,044
    Ferdi, ek gaan jou stuk stuk moet antwoord. Ek hoop nie jy gee om nie.

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. (Mat 16:21-24 AOV)[/I]
    Kan 'n mens nav hierdie teks besluit om,
    1) homself nie te verloën nie? en
    2) sy kruis nie op te neem nie?

    Jesus het tog ook gesê dat ons die koste moet bereken. Baie doen dit en vind dat dit te duur gaan wees. Is dit nie vrye wil nie? Net om seker te maak ons op dieselle bladsy. Ek vermoed ons definisies van vrye wil is nie dieselle nie.

  4. #19
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,494
    Quote Originally Posted by Henry View Post
    Ferdi, ek gaan jou stuk stuk moet antwoord. Ek hoop nie jy gee om nie.



    Kan 'n mens nav hierdie teks besluit om,
    1) homself nie te verloën nie? en
    2) sy kruis nie op te neem nie?

    Jesus het tog ook gesê dat ons die koste moet bereken. Baie doen dit en vind dat dit te duur gaan wees. Is dit nie vrye wil nie? Net om seker te maak ons op dieselle bladsy. Ek vermoed ons definisies van vrye wil is nie dieselle nie.
    Dis hônki dôri Henry.

    Dit is 'n geheimenis, wat niemand werklik in woorde kan omsit nie, want 'n ge-oefende hekkies atleet maak nie bewustelike keuses, wanneer hy ritmies oor die hekkies gly nie. In die begin is dit baie bewustelik, maar soos die tyd aanbeweeg, word dit tweede natuur. Geloof werk nie anders nie, want as mens ge-oefend in die godsaligheid is, doen mens dit spontaan en forseer mens se gedagte-wêreld nie meer nie.

    Iemand wat homself verloën en sy kruis opneem, hoef nie noodwendig elke môre bewustelike keuses te maak nie en moet spontaan leer om God te vertrou, wanneer Hy soewerein werk. Wanneer die mens eers begin keuses maak, kan hierdie keuses dalk net God se soewereine werking teengaan. Ek sal mal word om bewustelik my pas in alles te beredeneer, asof elke keuse, van my afhang en my eie prestasie die norm raak. Waar kom onverdiende genade dan in en waar kom Jesus se volkome soenverdienste dan in, wat sê dat Hy alleen die Voleinder van ons geloof is?

    Die vraag bly egter nog steeds in die lug, waar in die Bybel staan dat die mens 'n attribuut soos vry wil het? Dit is die gebrek aan Bybelse getuienis hieroor, wat dit vir my onmoontlik maak om in iets te glo, wat ek nie in die Bybel sien of prakties ervaar nie.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  5. #20
    Join Date
    Mar 2005
    Location
    Hartebeespoort
    Posts
    1,044
    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Die vraag bly egter nog steeds in die lug, waar in die Bybel staan dat die mens 'n attribuut soos vry wil het? Dit is die gebrek aan Bybelse getuienis hieroor, wat dit vir my onmoontlik maak om in iets te glo, wat ek nie in die Bybel sien of prakties ervaar nie.
    Ferdi, ek wil net iets uitklaar. Praat jy van iemand wat wedergebore is of 'n heiden of altwee?

  6. #21
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,486
    Blog Entries
    10
    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Die vraag bly egter nog steeds in die lug, waar in die Bybel staan dat die mens 'n attribuut soos vry wil het?.
    As ek mag kies, dan het ek vrye wil
    Jos 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  7. #22
    Join Date
    Mar 2005
    Location
    Hartebeespoort
    Posts
    1,044
    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    As ek mag kies, dan het ek vrye wil
    Jos 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    Anna, hier's nog een. Deu 30:19 Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,

  8. #23
    Join Date
    Mar 2005
    Location
    Hartebeespoort
    Posts
    1,044
    en nog een... Jes 1:19-20 As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet. Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek.

  9. #24
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,494
    Quote Originally Posted by Henry View Post
    Ferdi, ek wil net iets uitklaar. Praat jy van iemand wat wedergebore is of 'n heiden of altwee?
    Henry,

    Jy is reg, daar is 'n wesenlike verskil, ek praat spesifiek van 'n wedergeborene. As mens 'n heiden bedien, kan mens nie anders as om aan sulkes te meld dat hulle moet kies nie en tog kies wedergeborenes ook. Hierdie mense verstaan nie die dinge van die Gees nie en kan nie sien dat dit eintlik God is wat werk nie. Hulle dink werklik alles is in hulleself gesetel en daar praat ons verseker dieselfde taal of baie naby daaraan, altans soos ek dit verstaan. Eers as hulle gewederbaar is, dan eers sien hulle, dat dit toe nooit hulle was wat gekies het nie, maar God wat in hulle gewerk het.

    Daar is soos ek dit self verstaan, 'n geheimenis in die keuses wat ons moet maak, wat God ons beveel en tog is dit Hy wat werk, wanneer ons dit doen. Ons gebede gee 'n baie kragtige getuienis! Niemand wat eerlik bid, sal ooit enige eer aan hul keuses toedig nie, maar gee aan God 100% volkome al die eer, oor die regte keuse wat gemaak was, want inherent weet die mens eintlik dat dit God alleen is wat geregtigheid bewerk. Die gesonde uitverkiesingsleer (daar is verwronge weergawes daarvan), ondervang hierdie beginsel wat myself betref die beste, want die uitverkiesingsleer maak die mens nie onverantwoordbaar voor God nie en probeer ook nie onbepaald uitvis hoe die mens alles regkry wat hulle wel regkry nie. Alles word bloot aanvaar as God wat werk en wat in beheer is, só moeilik soos dit is vir die menslike verstand om dit te verstaan, só gegewe feit is dit, dat die uitvekiesing 'n gegewe van God is. Die Skrif is duidelik daaroor, sonder dat mens te veel hoef te interpreteer. As God werklik God is, sal Hy alles weet en ook alles beheer op maniere wat ons nooit nou ten volle sal kan begryp nie, maar wat ons ten volle moet aanvaar! Baie dinge in die geloofsfeer, gaan oor wat ons aanvaar en nie noodwendig wat ons verstaan nie. Ons is immers kindertjies van ons hemelse Vader en as Hy so sê, dan is dit so! Hy sal eendag alles verduidelik..., wanneer ons alles sal verstaan ook!

    Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.
    (Efe 1:3-6 AOV)
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  10. #25
    Join Date
    Mar 2005
    Location
    Hartebeespoort
    Posts
    1,044
    (Act 16:30) En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word?
    (Act 16:31) Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.
    (Act 16:32) En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was.
    (Act 16:33) En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense.
    (Act 16:34) Toe bring hy hulle in sy huis en sit hulle ‘n maaltyd voor; en hy het hom verheug met sy hele huisgesin dat hy tot geloof in God gekom het.

    Het daai knaap 'n keuse gehad? Beslis. Hy het die magtige werk van God gesien. Hy was 'n heiden wat besluit het hy wil die Here dien, maar het nie geweet hoe nie. Paulus-hulle het hom toe na die Here gelei. Hy kon die evangelie verwerp het as hy wou. Let op dat hy eers die evangelie gehoor het voordat hy tot geloof gekom het. Presies die volgorde wat in Romeine 10:17 uiteengesit word. Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

    Die probleem wat ontstaan as die mens se vrye wil negeer word is dat die tekste soos 2 Petrus 3:9 nie gerekonsilieër kan word met wat werklik gebeur nie en die karakter van God en Sy Liefde is dan onder verdenking. (My mening) Hoe kan Hy (so loved the Cosmos) dat Hy Sy Seun laat sterf en dan tog sommige wat Hy so lief het ter dood veroordeel?

  11. #26
    Join Date
    Mar 2005
    Location
    Hartebeespoort
    Posts
    1,044
    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Ferdi, ek sukkel om hierdie artikel te lees want die skrywer is nogal snedig - snotty is eintlik 'n beter woord. Die ouens wat glo soos die Arminiane spandeer nie eintlik tyd daaraan om te argumenteer oor leerstellings nie, maar spandeer eerder tyd saam met God en om siele te wen.

    Hier is 'n deel wat aantoon dat 'n volwasse Christen tot 'n val kan kom en dan is dit tickets met hom/haar.

    Heb 6:4-6 Want dit is onmoontlik om (5 voorwaardes om aan te voldoen)

    1) die wat eenmaal verlig geword het en
    2) die hemelse gawe gesmaak en
    3) die Heilige Gees deelagtig geword het, en
    4) die goeie woord van God gesmaak het en
    5) die kragte van die toekomstige wêreld,

    en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.

    Hoe is dit moontlik vir 'n Christen wat vir alle praktiese doeleindes die volheid van God ervaar het, om verlore te gaan, behalwe deur 'n wilsbesluit?

  12. #27
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,494
    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    As ek mag kies, dan het ek vrye wil
    Jos 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    Ta-An,

    Daar moet iets groot fout wees met vry wil, want die skaal weeg nie vir almal dieselfde nie en tog het almal presies dieselfde vry wil, of het hulle dieselfde vry wil?
    1. Hoekom kies sekeres en ander kies nooit?
    2. Is daar iets sleg in sekeres se vry wil en iets goed in ander se vry wil?
    3. Wat is afwesig by die een groep en aanwesig by die ander groep, wanneer hulle kies of nie kies nie?
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  13. #28
    Join Date
    Mar 2005
    Location
    Hartebeespoort
    Posts
    1,044
    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Ta-An,

    Daar moet iets groot fout wees met vry wil, want die skaal weeg nie vir almal dieselfde nie en tog het almal presies dieselfde vry wil, of het hulle dieselfde vry wil?
    1. Hoekom kies sekeres en ander kies nooit?
    2. Is daar iets sleg in sekeres se vry wil en iets goed in ander se vry wil?
    3. Wat is afwesig by die een groep en aanwesig by die ander groep, wanneer hulle kies of nie kies nie?
    Ferdi, ek dink ons moet eers bepaal hoe vry wil gedefinieër word, want ons is nie op dieselle bladsy nie. Wat dink jy?

  14. #29
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,494
    Henry,

    Dit sal goed wees om dit wel te doen, maar al definieer mens dit hoe, dit verander nie die antwoorde op daardie 3 vrae nie. Jy mag enige tyd daardie vrae antwoord soos jy vry wil verstaan..., dit sal nie onwettig wees nie
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  15. #30
    Join Date
    Mar 2005
    Location
    Hartebeespoort
    Posts
    1,044
    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Ta-An,

    Daar moet iets groot fout wees met vry wil, want die skaal weeg nie vir almal dieselfde nie en tog het almal presies dieselfde vry wil, of het hulle dieselfde vry wil?
    1. Hoekom kies sekeres en ander kies nooit?
    2. Is daar iets sleg in sekeres se vry wil en iets goed in ander se vry wil?
    3. Wat is afwesig by die een groep en aanwesig by die ander groep, wanneer hulle kies of nie kies nie?
    Ons beweeg nou weg van die Bybel af na die Filosofie toe. Maak die antwoorde regtig saak? Waarom beland party mense hier op aarde in die tronk en ander nie? Dis 'n ander vraag maar dieselfde beginsel.

    (Psa 95:8) Verhard julle hart nie soos by Mériba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie.

    Die mens is in staat om sy hart te verhard en die evangelie te ignoreer.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Vrye wil
    By Lanie in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 2
    Last Post: Apr 29th 2009, 11:43 AM
  2. Hoe vry is vrye wil?
    By Phil Fourie in forum Alles en nog wat
    Replies: 111
    Last Post: Mar 28th 2008, 02:52 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •