
Henry .......
eros ..... chemiese reaksie ( hormone)
Storge .... ook soortvan chemies ( moeder se aangetrokkenheid tot kind )
Phileo .... aangetrokkenheid weens vriendskap ( wil is betrokke )
Agape ....... onbeperkte wilsbesluit .......
.......
Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.
Dankie Mari, lyk my daar is darem een wat my vervelige plasings lees.
![]()
Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

Last edited by Henry; Jul 2nd 2009 at 09:15 PM.
Ja Phillip,
Hopelik kry ek naweek kans om te dink en te lees en stil te wees? maar dit maak sin en strook met Woord en wat ek al weet en glo...
Mari, jou vrae....
A Mens wat nie gehoorsaam was aan God se bevel nie ( Adam en Eva )
B as dit chemis was was dit lankal gebottellove potion no 9 anyone?
C sonde teen Heilige Gees sal nie vergewe word nie.... en die loon van die sonde is die dood ; so ek raai dit?
Henry, dankie vir die verse , val saam met jou "tag line" ? as ek reg onthou..
Dis alles net genade -Ma Grace![]()
"My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"
Hi Henry,
Jy wys daarop dat mens nie God se Woord anders kan verstaan as wat jy voorhou nie en dan gee jy eerste hierdie teks...
Wat is die konteks waarin dit alles gesê is? Wie is die 'ons', in 2Pet 3:9 en na wie verwys die 'almal' in dieselfde teks? As ek dit reg lees, dan gaan dit hier oor die wederkoms en Petrus skryf aan almal op wie die wederkoms betrekking het, hy sê in vers 1, Dit is reeds die tweede brief, geliefdes, wat ek aan julle skrywe. In albei wil ek deur herinnering julle suiwere gesindheid opwek,Originally Posted by Henry
(2Pet 3:1 AOV)
Petrus wys daarop dat hy al reeds die tweede brief aan hierdie 'geliefdes' skryf, wat uiteraard die gehoor is met wie hy hier kommunikeer. In die eerste brief aan hierdie selfde 'geliefdes', die 'julle', die 'ons' en die 'almal' wat God wil hê gered moet word, begin hy so...,
Petrus, ‘n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadocië, Asië en Bithínië, uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word! Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.
(1Pet 1:1-5 AOV)
Ek is oortuig, soos ekself dit verstaan, dat die almal in 2Pet 3:9 nie alle mense op die hele ganse aarde is nie, maar dat dit al die geliefdes is, aan wie Petrus hierdie briewe gerig het. Dit sal dan ook vandag aan al die geliefdes wees, vir wie die wederkoms sinvol is en wie 'n verwagting daarvoor het.
Hoe kan dit aan alle mense gerig wees op die ganse aarde, as God verseker volgens Sy voorkennis weet, almal sal nie gered word nie?
The Lord is our Shepherd
die Here sal voorsien
it’s the only method
glo dit en jy sal sien
The power of His glory
is the punch line of this story,
ek staan verwonderd en tog
het U alles volmaak besorg
The Lord is our Shepherd
die Here sal voorsien
it’s the only method
glo dit en jy sal sien
The power of His glory
is the punch line of this story,
ek staan verwonderd en tog
het U alles volmaak besorg
Ferdi.
Goeie opmerking.
Ek verstaan die wedergeboorte hoofsaaklik in die dimensie van die mens se gees, veral o.g.v.
Joh 3:3-6 "Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. (4) Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? (5) Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. (6) Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees."
en
Rom 8:16 "Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is"
'n Ander interessante teksgedeelte is Jak 4:5 "Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer Hy die gees wat Hy in ons laat woon het?" (self vertaal). Die OAV is hier op 'n ander grondteks gebaseer en lees anders. Nie NAV lees: "...dat God die gees wat hy in ons laat woon het heeltemal vir Homself wil he?" Die NAV is na my mening tog op 'n beter grondteks gebaseer.
Tekste soos 2 Tess 2:13 en 1 Pet 1:2 dui myns insiens op beide "Gees" en "gees."
Maar in elk geval, hoe ek dit verstaan is dat ons heiliging, wedergeboorte, nuwe skepping en nuwe identiteit in Christus in die dimensie van gees is. Maar dit beteken nie net ons gees word gered nie. Ons word in totaliteit gered, juis ook ons siel en liggaam. Dit gaan eintlik oor die aard van die stryd wat ons nog ervaar tussen die "reeds" en die "nog nie." Ek sou sê dit wat "reeds" is, is in die dimensie van ons gees, maar ons wil, denke en emosie, asook ons liggame moet voortdurend aan God gewy en geoffer word (bv. Rom 12:1-2). Met ander woorde, die wedergeboorte (in gees) is reeds ten volle 'n realiteit en verander ons identiteit, maar bekering (metanoia: omkeer van denke) is 'n proses: ons moet telkens ons denke laat vernuwe, onsself gee en offer. Maar lg. proses lewer geen bykomende prestasie tot ons redding nie, maar wel in die mate waarin ons die realiteit van die wedergeboorte in elke faset van ons menswees beleef en uitleef.
Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

Ferdi, ek stem saam mens moet kyk aan wie die briewe gerig is. Is dit aan die kerk? Gewoonlik ja, want waarom sal die Apostels nou aan die heidene skryf? Verder moet ons in die Evangelies kyk na met wie daar gepraat word as Christus byvoorbeeld 'n stelling maak ens. Kanse is goed dat dit aan die Jode is. Dis gewis waar en omdat ek nie eintlik lang stories skryf nie het ek nagelaat om dit te noem.
Ons kan nou 1 Petrus 1:2 verder ontleed en wonder wat God in Sy voorkennis geweet het. Het Hy geweet wie Christus sou aanneem of nie? Dis tog al wat relevant is in hierdie geval. Of Hy geweet het van Katrina of El Nino in die 21ste eeu is nie relevant nie.
Daar is nog baie ander tekste wat aangehaal kan word, maar hoeveel is nodig om iemand te oortuig van God se wil?
Is hierdie nie eintlik 'n dooie debat nie? Ek weetie, maar ek dink so.![]()
Last edited by Henry; Jul 3rd 2009 at 07:50 PM.
Is vrye wil vrye wil, of net in sekere omstandighede??
bedoelende..... wanneer ek kies om geld uit te gee, dieselfde vry wil as om G_d te kies??
Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"
Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"
Isa. 30:32
And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them
G_d was gracious He has shown favor
What are you willing to die for? Now live for it!
....... Dus, God het die mens 'n keuse gegee .... en ja God het die keuse geskep omdat Hy 'n regverdige God is en mens kan nie kies om gehoorsaam te wees as jy nie 'n alternatief het nie .... dus het God nie soseer sonde "geskep" nie, maar die moontlikheid daarvoor geskep om gehoorsaamheid te kan "skep" .......
....... he-he..... en hoe het die wetenskap nie al probeer nie ???? ..... maar dan sit hulle in elk geval net met eros .......
agape is grensloos en onvoorwaardelik ....
agape kannie "strings attached" he nie .... is nie marionet gehoorsaamheid nie ......
.... exactly ...... jy sterf permanent, slegs as jy die werking van die Gees permanent weestaan / teenstaan / verwerp ......
.......
Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.


Ek dink nie dis die sonde tot die dood waarvan Johannes praat nie. Hebreërs 6 se eerste paar verse verduidelik wanneer iemand nie meer gered kan word nie, maar as jy Heilige Gees weerstaan, het dit dieselfde gevolge. Die verskil is dat die persoon wat Heilige Gees weerstaan 'n heiden is, soos jy tereg sê, Mari en die sonde tot die dood het betrekking op 'n Christen wat sy saligheid wat hy in Christus gekry het, verwerp.


Ek begin agterkom mense het 'n wanbegrip van die uitverkiesing en vrye wil in die sin dat hulle dink dat die mens geen keuses en geen eie wil het nie. Die uitverkiesingsleer se ontkenning van die mens se vermoë om keuses te maak is slegs van toepassing om die persoon se redding en Wie se keuse dit is dat daardie persoon gered word. Jy kan nogsteeds self kies hoeveel en waarop jy jou man se geld uit gee, An....![]()
![]()
![]()


There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)
Bookmarks