



Ferdi, ek erken nie die wil van die mens in verlossing omdat ek dit nodig vind om 'n gelykmakende faktor vir alle mense daardeur te hê nie. God se genade het tot alle mense gekom in die sin dat niemand eers die reg het op lewe nie. Nog minder het enige persoon ongeag sy omstandighede die reg tot verlossing. Almal is veronderstel om op grond van hulle eie verdienste verlore te gaan. Die feit dat God hoegenaamd sy Seun gegee het as losprys vir baie, en dat elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê, is bloot genade. Geen persoon het die reg daarop nie.
As enige iemand te blameer is waarom daar mense is wat nog nie die goeie nuus gehoor het nie, is dit onsself.
Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."
Ek kan net saamstem Philip, dat God se genade die deurslaggewende faktor is in ons redding, want dit styg uit bo ons omstandighede en bo ons keuses.
The Lord is our Shepherd
die Here sal voorsien
it’s the only method
glo dit en jy sal sien
The power of His glory
is the punch line of this story,
ek staan verwonderd en tog
het U alles volmaak besorg

Hierdie is 'n baie interessante gesprek en ek hou van die manier waarop dit plaasvind. Net vinnig iets van hoe ek Hebreers 6 verstaan in die lig van vrye keuse.
Toe God vir Adam die keuse gegee het in die Tuin van Eeden, het hy geweet dat hy sal sterf indien hy van die vrug eet. Satan het egter gekom en hom oortuig dat hy verseker nie sal sterf nie. Aangesien ek glo dat die dood eers by die sondeval 'n realiteit geword het, het Adam nie die implikasie van die "dood" besef nie. Na die sondeval weet almal van ons wat die dood is en wat die implikasie van die dood is. (Onthou Satan was toe alreeds bekend met die dood omdat hy uit die hemel gewerp is)
Hebreers 6 kom om ons te waarsku teen die versoeking om te dink dat ons 'n "vrye" wil het om dan vir God en dan teen God en miskien weer later vir God te kies. God kom en waarsku ons dat indien ons wedergebore is, en deel van God geword het, en ons raak verlore daar geen redding vir ons is nie. Daar is dus nie 'n tweede kans nie. Daar is net een Redder en Hy het net een keer vir ons gesterf nl. Christus.
Hebreers en die evangelie gee egter vir ons die versekering en gerustheid dat indien ons vir God gekies het, geen krag ons uit Sy hand kan los skeur nie. Ons kan dus gerus wees om te besef dat ons veilig in ons Redder se hande is. Al waarop ons kan roem is Sy genade en hoe meer ons in Sy weë wandel, hoe meer besef ons hoe dankbaar ons moet wees vir die liefdevolle genade van ons Hemelse Vader.
Ons almal het dus 'n keuse, maar dit is 'n keuse uit genade.
Seker maar oor die versRomeine 9:21 Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?
Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"
Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"
Isa. 30:32
And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them
G_d was gracious He has shown favor
What are you willing to die for? Now live for it!
Hi Henry,
1.Dis een van ons opdragte , te wete "the great comission" en ek het nou weer gelees oor die oor wie Hy se
Luk 6:46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?
So ons kan die gebruik om onsself te toets of ons in die geloof is.
2.Doen jou beste vir Hom en vertrou op Hom en bid vir die leiding, dis al wat ons kan doen.....
3. Ja maar dit is beperkte wil, ons het die vryheid om keuse te maak , maar die keuses is dikwels beperk.... soos as ek uit boom val en besluit ek gaan nou vlieg....en wat jy se dat ons kies om nie te moor ens. nie is wel daai daaglikse beperkte "vrye wil"
of dalk miskien
gehoorsaamheid?
Dis alles net genade -Ma Grace![]()
"My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"
Dis alles net genade -Ma Grace![]()
"My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"
Net oor iets wat vroeër genoem is:
Daar is 'n verskil om 'n vrye keuse te hê en om alles wat jy kies te kan vermag. Ek verstaan nie dat om 'n vrye keuse te hê beteken dat ek alles kan vermag wat ek kies nie. Bv. as ek 'n bepaalde kandidaat kies vir die verkiesing, beteken dit nie noodwendig dat daardie kandidaat aan bewind gaan kom nie - of dat die span wat ek wil hê moet wen, gaan wen nie. Ek sou ook nie sê dat keuses van toepassing is voor jou eie bestaan nie (bv. om jou ouers te kies). Tog kies mense soms om hulle ouers later te verwerp. Dieselfde geld vir kinders wat in Christelike huise grootgeword het. Baie kies later om hulle rug op God te draai.Die verskil tussen vry genade en vry wil, is dat vry genade aanvoer die mens se keuses is beperk, teenoor vry wil wat die beperktheid se grense veel vêrder neem. Tog kan geen mens wat in vry wil glo, aanvoer dat vry wil mens onbeperkte keuses gee nie. Kan mens kies wanneer jy gebore word, kan mens kies wie jou pa of ma is, kan mens kies hoe slim jy is, kan mens kies hoe ryk jy is, kan mens kies lank jy gaan lewe, kan mens kies om nooit te sondig nie, ensovoorts??
(Terloops, wat sonde betref, daar is 'n sin waarin ons nie meer kan sondig nie (1 Joh 3:9), in dié sin dat sonde in sy kern is om buite 'n verhouding van geregtigheid met Christus te staan.)
Selfs ook m.b.t. redding is ons keuse tot geloof nie om ons eie redding te vermag nie. God het wel gekies en sy Woord gegee dat Hy diegene sal red wat glo, maar dit is God se prerogatief. God het besluit om so te red. God red ons dus nie omdat daar iets verdiestelik is in ons keuse tot geloof nie, of omdat ons geloof inherent ons eie redding vermag nie, maar omdat Hy besluit het om dit te doen - Hy hoef dit nie te gedoen het nie.
Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."
..... probleempie ........ :Adam en Eva was ook die eerste en laaste mense op aarde wat vrye wil gehad het..... en ons weet almal wat hulle daarmee gemaak het en watse tragiese gevolge dit gehad het.
Jesus was die 2e Adam .......
in Adam het die mensdom geval ... het Jesus alle mense teruggekoop, of net 'n paar ?
was Jesus se verlossingswerk groter as die sondeval, of andersom ?
ons besef nie heeltemal dat Jesus wel 'n keuse gehad het nie .... ander was sy offer ongeldig .....
* iewers in die tuis bid hy " Vader, laat hierdie beker by my verby gaan, maar laat U wil geskied .....
* op die kruis roep hy uit : Vader, in U hande .......
............. m
Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.
Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.
Rom 9:21.
Die konteks:
Rom 9:21-24 "Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie? (22) En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, (23) juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid, (24) ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene?"
Dit gaan hieroor dat God dit in sy voorneme beskik het om die Jode wat hulle harte verhard het as voorwerp van oneer te maak en die gelowige heidene as voorwerp van eer. Dit gaan nie ook individuele uitverkiesing in terme daarvan dat God vooraf sekere individue aangeneem het ander individue verwerp het nie. Dit gaan ten diepste oor God se heilsplan, sy voorneme om in die Nuwe Testament nie meer kinders vir homself aan te neem op grond van fisiese of etniese oorwegings (vlees), maar om kinders aan te neem wat in die hart besny is / glo (gees).
Sien ook vroeër in dieselfde gedeelte:
Rom 9:8 "Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag."
En wie is kinders van die belofte? Ons, diegene wat glo in Christus (Rom 4:16; Gal 4:28).
Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."
Hi Philip,
Ek dink jy het 'n goeie argument hier en soos meeste van die eerlikheid in jou sieninge moet mens die meriete daarvan insien, maar ek is egter nie seker of dit die volheid van die konteks weergee nie en 'n mens kan bepaald dit seker vêrder neem. Het God voor die grondlegging van die wêreld geweet dat Hy dit so sou doen, om voorwerpe van eer en oneer voor te berei op die tyd wat Hy toe al geweet het?
Wat was die ongelowige heidene, voor Israel oneervol voor God gehandel het, was hulle voorwerpe van eer of oneer?
The Lord is our Shepherd
die Here sal voorsien
it’s the only method
glo dit en jy sal sien
The power of His glory
is the punch line of this story,
ek staan verwonderd en tog
het U alles volmaak besorg
There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)
Bookmarks