Die gevaar om die Bybel in versies te lees.
Ek wil net graag die gevaar daarvan uitlig om die Bybel in versies te lees.
God se Woord is van die begin af nie in versies ingedeel nie. Die versies is ingevoeg om maklik na ‘n spesefieke plek te verwys in ‘n betrokke boek in die Woord. Ek skiet die indeling van die Woord in versies nie af nie, ek is dankbaar daarvoor, maar soos met enige iets kan daar weens 'n gebrek aan kennis groot foute begaan word.
Om dit te demonstreer:
Ek op BMW se website gegaan en ‘n stukkie wat gaan oor hulle nuwe silencer gaan opdeel in versies:
BMW 1:1 A shot of adrenaline:
BMW 1:2 the BMW Performance silencer system sets your
BMW 1:3 pulse racing.
BMW 1:4 The dual tailpipes made of chrome-plated stainless steel not only provide a sleek,
BMW 2:1 athletic look;
BMW 2:2 the modified exhaust channelling
BMW 2:3 lowers back pressure,
BMW 2:4 allowing the engine to unleash its full power.
BMW 3:1 For breathtaking acceleration and deep, moving sounds across the entire rev range.
BMW 3:2 Spine-tingling included.
Goed, nou gaan koop ek my spilternuwe BMW watookal.
Na 2 maande nadat ek BMW hoofstuk 1 – 3 gelees het het ek tot die volgende slotsom gekom:
My aard van luiheid in die oggende 5:00 om op te staan sal verbeter word want bmw belowe in
BMW 1:1 “A shot of adrenaline:”
Dit het nie gebeur nie, so daar is fout met BMW se beloftes.
Verder in BMW 1:3 staan daar “pulse racing” nou wanneer ek 5:00vm in die oggende moet opstaan is my pols nie vinnig nie. Iets is nie reg nie.
Dan belowe ek my vriend dat BMW 2:1 belowe dat as jy ‘n bmw gaan koop gaan jy ‘n “atheletic look” kry, my vriend het toe ten duurste ‘n bmw gaan aanskaf en oo wee, my vriend wat 175kg geweeg het gaan nou ‘n “atheletic look” kry volgens BMW 2:1
My ma is kwaad vir my want nadat haar rugpyn nie verdwyn het nie, en sy nogsteeds sit met rug pyn, nadat ek vir haar BMW 2:3 gekwoteer het, moet sy nogsteeds vir ‘n operasie gaan.
Ek het besluit om my BMW nou maar te verkoop want ek het nooit gelet op BMW 3:2 nie, ek wil tog nie dit he nie.
Nou dieselfde met die Woord, ek kan enige sonde regverdig deur die Woord in versies te kwoteer en die hele boodskap te mis. Kom ons haal Gal 3:28 aan en laat vrouens predikante word, maar moet asb nie vergeet van 1 Tim 4:4 nie, dan kan ons sommer na die gesang uit die liedere boekie kyk na ‘n paar pragtige vrouens van teasers wat vir ons dans, ek meen ons dank Vader vir hulle en geniet hulle met danksegging, alles is goed en niks verwerplik as dit met danksegging geniet word nie.
Die Woord van God is nie daar om ons lewens te versier met die versies wat pas by wat mense se nie, maar om ons te leer op wat Vader se wil is en hoe ONS moet aanpas vanuit ons vreemdelingskap by Vader se wil, sodat ons kan kom tot ons burgerskap in die hemele in Vader se liefde tot SY eer, nie andersom nie.



Reply With Quote
.......... m
.. m

) .........



Bookmarks