Hi Manie,
ja , die Liewe Heer werk en stap maar sy pad met ons ne'?
Ek was die naweek by kursus OTD overcomers trough Christ en dit was regtig seen vir my. My vrou was so ruk gelede daar en dit het so baie vir haar beteken en nou kon ek ook gaan ....
Vir ons Here :
Dankie Vader , dat U ALTYD getrou is en vir ons leer en liefhet en sorg!
Dankie Here Jesus vir alles wat U vir my en elkeen van ons gedoen het aan die kruis , dankie vir die verlossing en bevryding wat U vir ons bewerk het en volbring het.
Dankie Heilige Gees dat U vir ons onderrig in alles wat ons nodig het om te weet en dankie dat U al die lee plekke kom volmaak het waar ou junk was!
Die Here leef en doen vandag nog elke dag wonderwerke soos Hy vir mense sorg en hulle bevry en deur goed dra en by hulle bly! Dit is so lekker gewees om die getuienisse te hoor en te weet " Ons God sorg vir ons en Ons Here Leef waaragtig! "
Ek is deur baie goed en sal oplees en is verseker dat sekere goed moontlik as uuuhhhh afgemaak sal word, maar Hy was daar en Sy Gees het gewerk en ek kan getuig " as die Seun jou vrymaak dan is jy REGTIG vry !

"
Vir ons wat gereformeerd is, die les miskien... sola scriptura.... waaragtig sola scriptura en ALLES wat daar staan... God is gister ne vandag en more dieselfde en doen vandag nog wonderwerke , al wil meeste van ons domenisse dit nie erken nie. Ditto al die ander goed wat ons so maklik afmaak as charismaties ens. het nogal lekker gelag toe ek hoor dat al hoe meer....tradisionele kerk mense kom en kursusse bywoon en aan die brand raak en die charismate so half agterwee gelos word, so half asof hulle moet makeer die pas omdat hulle begin dink het hulle weet alles en die Here nou meer met verstoktes werk omdat ons regtig honger is vir Hom en Sy Woord en moeg is vir tradisies...
In elk geval... dis om vir julle te se: Ons God is in beheer want ek het net sulke lekker gesprekke met ander broers gehad en almal getuig net hoe Hy sorg en lei en leer !
Nou gaan ek lekker doeks as Sy kind wat geen meer skeletons innie kas het nie!
Bookmarks