Net hier om die hoek is daar Esther se koffiehuis en toe ek as nuweling per ongeluk daar pos toe word daar mos vir my baie duidelik gestel dat hierdie net vir die dames (die henne) is. So, nou wil ek graag al die manne (die hane) uitnooi om hier te kom vertel wat kwel. In die lig van Angus Buchan se Mighty Men konferensie (ek was self nog nie daar nie), wil ek graag vir die hane wat wel daar was vra om te kom deel.
Verder kan julle hier oor alles en nog wat gesels. Kom, pos laat dit bars, kom ons kyk hoe veel bladsye ons hier kan volmaak in een maand.