Your Advert here
cure-real
Page 2 of 5 FirstFirst 12345 LastLast
Results 16 to 30 of 70

Thread: Ietsie vir die manne

  1. #16
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699
    Quote Originally Posted by manieverster View Post
    wil ek julle graag nooi om op my stellasie te kom sit en kuier.
    Ek dink die stellasie is goeie naam,, sal die hane in plek hou want so hoennerstellasie is nie baie grend nie of hoe?

    Manie, oor die vroue ding. Ek weet wat ?Paulus geskryf het en ek weet ook ek het al goeie lering van vrouens ook gekry. Miskien moet ons ook besin oor of die geswottery iemand 'n goeie herder maak of nie?

    Het nou die dag iewers gelees dat God Israel se helper was en op selfde toon/woord was as helper wat vrou vir man was...
    In Christus is ons ook nou almal een... en Jesus het ons die voorbeeld van voete was gegee ... so miskien moet ons baie goed kyk oor hoekom ons die kwessie aanraak en of ons die soort koning priester en profeet is wat ons na Christus se voorbeeld moet wees....

    1Co 14:34 Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook sê.
    1Co 14:35 Maar as hulle iets wil leer, laat hulle tuis hul eie mans vra, want dit is lelik vir vroue om in die gemeente te spreek.
    Hoe het die gemeente se opset gewerk ? Soos wat ons dit vandag nog doen? En dan, na watter wet word hier verwys? Joodse voorskrifte of die nuwe gebod, ons moet God liefhe met hele hart en naaste soos onsself?
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

  2. #17
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    175
    Quote Originally Posted by Willem View Post

    Willem, eerstens moet ek net myself verduidelik. My doel is nie om die doel van die vrou in die gemeente af te kraak nie en miskien het ek nou die verkeerde onderwerp aangepak hier. My neef is toe getroud in 'n kerk wat vroue predikers het deur 'n vroue prediker en dit het vir my net nie reg gevoel nie. Seker maar gewoond aan al die jare se manne predikers. Daardie tekse in Kolossense wat jy aangehaal het is juis my probleem. Om God lief te he bo alles en jou naaste soos jouself is beteken nie dat die Bybel nou verontagsaam moet word nie.
    Manie Verster
    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

  3. #18
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699
    Quote Originally Posted by manieverster View Post
    Willem, eerstens moet ek net myself verduidelik. My doel is nie om die doel van die vrou in die gemeente af te kraak nie en miskien het ek nou die verkeerde onderwerp aangepak hier. My neef is toe getroud in 'n kerk wat vroue predikers het deur 'n vroue prediker en dit het vir my net nie reg gevoel nie. Seker maar gewoond aan al die jare se manne predikers. Daardie tekse in Kolossense wat jy aangehaal het is juis my probleem. Om God lief te he bo alles en jou naaste soos jouself is beteken nie dat die Bybel nou verontagsaam moet word nie.
    Nee man Manie, ek verstaan en weet ok al die tyd dat jy nie die skoner geslag ( dis oor al die gebaddery in my opinie ) sal afkraak nie.

    Ek dink dis 'n baie relevante onderwerp, en juis oor daai teks. My probleem is net hoe bring ek belwenisse en dit bymekaar ?

    Dan dink ek nou aan daai donkie wat God gebruik het ? Balaam ? in elk geval , ek dink Hy gebruik wie en wat en wanneer dit volgens Sy wil sal gebeur om met ons te praat.

    Ook sal ek graag wil hoor van ander mans/broers wat hulle weet wat Woord se en watter wet van gepraat word wat dit verbied wat daar na verwys word..

    Oor die geswottery is dit miskien juis ons samelweing se "view" dat 'n leraar 'n graad moet he ( geleerd .. soos fariseers en skrifgeleerdes ? ) maar dat ons miskien te min klem le op die roeping en hulle verhouding met God... ( weereens terugkyk na ons samelweing en nie die leraars wat so lank swot afkraak nie ) ons neig ? om in denke i p v in geloof te handel ?

    Gaan 'n vroue prediker my saligheid affekteer ? Wel ; myervaring was juis dat 'n vroue prediker my geleer het oor die nagmaal gebruik sonner om reg te maak voor God en die vloek wat dit oor my sal bring ... was eye opener en die "manne" het dit seker laas toe ek op skool was .... AS ek reg onthou as soort van ritueel uitgelees in NGK....

    Ook dame wat my gelei het deur wat Woord leer oor doop en dat dit gelowiges is wat dit doen en nie babas nie... en al my vrae kon beantwoord, waar in groter of mindere mate dit tradisioneel "ge - dodge " word..
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

  4. #19
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    175
    Willem, jy weet, ek onthou nou net 'n inbel program waarna ek geluister het op RSG waar die mense gepraat het oor predikante en is hulle geroep of nie. Ek sou tog dink dat iemand wat as 'n leier en leraar in die bediening staan tog seker geroepe moet wees en ja, jy is reg as God jou geroep dan het hy jou geroep maak nie saak watter geslag jy is nie.
    Manie Verster
    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

  5. #20
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Quote Originally Posted by Willem View Post
    ... My probleem is net hoe bring ek belwenisse en dit bymekaar ?
    Quote Originally Posted by manieverster View Post
    ... as God jou geroep dan het hy jou geroep maak nie saak watter geslag jy is nie.
    Ek dink julle span die kar voor die perde.... Die vraag wat eerstens beantwoord moet word, voordat daar na die roeping van vrouens gekyk word, is of die Bybel vroue verbied om voor te gaan in die gemeente of nie. En dis hier waar die probleem le - Paulus skryf duidelik oor die rol van die vrou in die gemeente. Maar hoe dit vertolk moet word in vandag se konteks, is die punt waaroor daar duidelikheid gekry moet word. Die onderwerp is ook al deelglik deurgetrap op hierdie forum, en daar is beslis nie eenstemmigheid daaroor nie. En ek wil ook nie die debat hier weer van vooraf aan die gang sit nie.

    Maar die punt wat ek wil maak, is dat as die Bybel vroue verbied om leiding in 'n gemeente te neem, dan sal Hy nie vrouens roep daarvoor nie! Dan kan ons aanvaar dat geen vrouepredikant, hoe goed sy haar ookal van haar taak kwyt, deur God geroep is nie. Net soos God nie 'n persoon homoseksueel sal maak en dan homoseksualiteit sal verbied nie, net so sal Hy nie vrouens verbied om leiding te neem, en dan vrouens daarvoor roep nie. Dis so eenvoudig soos dit. Ons het nie nodig om ons ervaring en gebeure vandag in lyn te probeer bring met die Skrif nie. Ons moet die Skrif aanvaar, en dan ons ervaringe daarvolgens beoordeel - of dit van die Here is of nie.

    Hoor mooi, ek neem geensins hier standpunt in teen of vir vroue op kansels nie, maar ek se dat ons aan die einde van die dag heel eerste klarigheid moet kry op wat die Bybel leer oor die onderwerp, voordat ons vroueleraars se "geroepenheid" beoordeel.

  6. #21
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705
    Mense verander...geslagte verander, maar GOD NOOIT!. Dit is maklik om vir die "slimmes" te se dat tye verander het en dat ons die Woord moet aanpas/verdraai om by die verandering aan te pas. Gene, ek stem saam met jou.

    Heb 13:8 Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  7. #22
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    175
    Net soos God nie 'n persoon homoseksueel sal maak en dan homoseksualiteit sal verbied nie
    Ek vra julle die vraag vandag. Het God mense homoseksueel gemaak of nie?
    Manie Verster
    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

  8. #23
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705
    Quote Originally Posted by manieverster View Post
    Ek vra julle die vraag vandag. Het God mense homoseksueel gemaak of nie?
    Nee....dit is 'n sondetoestand soos enige ander sonde waarmee gebreek moet word. God het my nie 'n alkholis gemaak nie. Hy het Sannie nie 'n hoer gemaak nie, of vir Pietie 'n moordenaar nie. Ek moes met my sonde breek, en na ware bekering het God my vry gemaak van my sonde toestand. Ek het 'n nuwe mens geword...in CHRISTUS. As jy 'n homo/lesbies is dan sal God jou 'n nuwe skepsel maak as jy waarlik tot bekering kom. Hy sal jou genees.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  9. #24
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    600
    Blog Entries
    4
    Quote Originally Posted by manieverster View Post
    Ek vra julle die vraag vandag. Het God mense homoseksueel gemaak of nie?
    Nee hy het nie. Omstandighede is gewoonlik die probleem of verwensing (dat die ouers eerder 'n seun wou gehad het en toe 'n dogter gekry het)

  10. #25
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    175
    Nee....dit is 'n sondetoestand soos enige ander sonde waarmee gebreek moet word. God het my nie 'n alkholis gemaak nie. Hy het Sannie nie 'n hoer gemaak nie, of vir Pietie 'n moordenaar nie. Ek moes met my sonde breek, en na ware bekering het God my vry gemaak van my sonde toestand. Ek het 'n nuwe mens geword...in CHRISTUS. As jy 'n homo/lesbies is dan sal God jou 'n nuwe skepsel maak as jy waarlik tot bekering kom. Hy sal jou genees.
    Johnny, jy praat so uit my gedagtes uit. Ek het daai selle ding gedink en ja, dis soos om 'n seks verslaafde te wees en ook nie heeltemal nie. Ek se nie dat seks al is waaraan hulle kan dink nie maar dis 'n probleem wat jy het dat as jy na 'n man kyk dit anders is as jy na 'n vrou kyk en met vroue andersom. Ek dink ek sal graag die sakie wil navors want wie is ons dat ons vir 'n mens kan se omdat hy oop is met sy homseksualisme jy mag nie in die bediening staan nie maar die ouderling wat elke Sondag langes die kansel sit of die woord voorlees maar hy is 'n alkoholis en steek dit weg en hy gaan maar net aan. Aan die ander kant, as ek my sonde bely het moet ek mos werk daar aan. Oeg nee, die is te moelik. Later weer.
    (dat die ouers eerder 'n seun wou gehad het en toe 'n dogter gekry het)
    Dis nie so maklik nie Francois. Ek ken pa's wat rof en grof is en dan 'n seun wil he en die draai homoseksueel uit.
    Manie Verster
    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

  11. #26
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    175

    Waar's die manne?

    Ek raak 'n bietjie bekommerd oor diegebrek aan poste op die draad in vergelyking met die begin. Het ek 'n verkeerde onderwerp aangeraak oor die vroue of wat? Kom vertel vir my asseblief. Ek wil he die draad moet 'n forum word en as julle nie pos nie gaan ons nooit daardie status bereik nie. Kom manne, kom praat met ons en vertel vir ons waaroor julle wil praat.

  12. #27
    Beste Manie,
    In kort, antwoorde op jou indringende vrae as volg :

    - Dit is heeltemal onnodig.
    - Nee.
    - Goed.
    - Ons werk daaraan, belowe.
    - Karre.
    - Bonus antwoord : Woensdag.

    Met dank,
    Die Lighuis bestuur.

  13. #28
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    175
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Beste Manie,
    In kort, antwoorde op jou indringende vrae as volg :

    - Dit is heeltemal onnodig.
    - Nee.
    - Goed.
    - Ons werk daaraan, belowe.
    - Karre.
    - Bonus antwoord : Woensdag.

    Met dank,
    Die Lighuis bestuur.
    Ja Fila.................................!
    Manie Verster
    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

  14. #29
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699
    Quote Originally Posted by manieverster View Post
    Ek raak 'n bietjie bekommerd oor diegebrek aan poste op die draad in vergelyking met die begin. Het ek 'n verkeerde onderwerp aangeraak oor die vroue of wat? Kom vertel vir my asseblief. Ek wil he die draad moet 'n forum word en as julle nie pos nie gaan ons nooit daardie status bereik nie. Kom manne, kom praat met ons en vertel vir ons waaroor julle wil praat.
    Hi Manie,

    daai pos van die doppers wat iewers hier gepos is oor die vroue in die kerk ens. dink ek slaan die spyker nogal raak... wat ek net nog wil vra, is ; die "five fold" ding is die' ook die wat die dames dan nou nie moet doen nie?

    Nou vir GRRRROOOOT klip innie bos.

    RAKBIE oftewel ons nasionale afg.. leiding... ek het weer saterdag so stukkie gekyk en al weer die !@#!@$ in geraak en net weer besluit ek raak heeltemal te passievol by die as ek dit nou met alle anner goed vergelyk, so is die eerste stap om te erken dat ek 'n probleem het ? wat kom dan daarna, want cold turkey in Suid Afrika met RAKBIE is mos amper onmogentlik broedger

    Die ernstige vraag is of ons soveel tyd en passie spandeer aan die Here en ons families as aan die kassie en die games en hoe mens dit nou balanseer en of mens moet balanseer of wegloop van die boom wat die verbode vrugte aan het ?
    ( gaan dload pinkster preek van Retief Burger van SA gemeente Londen en luister bietjie daarna .... diep geslaan...) Weet nie hoe teologies dit is nie , maar I got the message ! wat soek ek by die boom as ek nie die versoeking kan weertsaan nie!?

    O en ek skree piesangboere oftewel Sharks ( nie dat ek weet wie speel deesdae nie , mens moet kyk om dit te weet en die highlights is net te min vir my om te onthou ) en andersins vir die BOKKE !
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

  15. #30
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    175

    Talking

    Quote Originally Posted by Willem View Post
    Hi Manie,

    daai pos van die doppers wat iewers hier gepos is oor die vroue in die kerk ens. dink ek slaan die spyker nogal raak... wat ek net nog wil vra, is ; die "five fold" ding is die' ook die wat die dames dan nou nie moet doen nie?

    Nou vir GRRRROOOOT klip innie bos.

    RAKBIE oftewel ons nasionale afg.. leiding... ek het weer saterdag so stukkie gekyk en al weer die !@#!@$ in geraak en net weer besluit ek raak heeltemal te passievol by die as ek dit nou met alle anner goed vergelyk, so is die eerste stap om te erken dat ek 'n probleem het ? wat kom dan daarna, want cold turkey in Suid Afrika met RAKBIE is mos amper onmogentlik broedger

    Die ernstige vraag is of ons soveel tyd en passie spandeer aan die Here en ons families as aan die kassie en die games en hoe mens dit nou balanseer en of mens moet balanseer of wegloop van die boom wat die verbode vrugte aan het ?
    ( gaan dload pinkster preek van Retief Burger van SA gemeente Londen en luister bietjie daarna .... diep geslaan...) Weet nie hoe teologies dit is nie , maar I got the message ! wat soek ek by die boom as ek nie die versoeking kan weertsaan nie!?

    O en ek skree piesangboere oftewel Sharks ( nie dat ek weet wie speel deesdae nie , mens moet kyk om dit te weet en die highlights is net te min vir my om te onthou ) en andersins vir die BOKKE !
    Willem, jy hoef nie te onttrek van die rugby af nie. Dis 'n pragtige sport. Ek dank die Here vir so 'n pragtige sport. Ek geniet dit terdee maar ek het net nodig om 'n balans tussen rugby en my geestelike lewe handhaaf. Verder wil ek vir jou se jy sal definitief moet onttrek van die lelike gewoonte van jou om vir die Sharks te skree. Jy sal veel minder sondig as jy vir die Blou Bul skree.Jesus het elke keer as Hy iemand genees het gese: Gaan heen en sondig nie meer nie. Broer, luister na wyse woorde!!!!!
    Manie Verster
    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Tags for this Thread

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •