cure-real
Results 1 to 1 of 1

Thread: Onkonvensionele pesbestryding.

  1. #1
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Onkonvensionele pesbestryding.

    Een Sondag seker 10 jaar gelede kom ons van die kerk af net om sien hoe seil n boomslang oor die gras , maar voor ons hom van die huis kon wegkeer , seil hy teen die buite geut op en onder die plat dakkie by die kombuis in. Dit beteken dat hy nou toegang tot die plafon het. Daar is egter geen openinge tussen die plafon en die huis nie en so vergeet ons van ons 'besoeker'. Ons was nie juis gestres oor hom nie want al ons oopmaakvensters en veiligheidshekke het siwwe aan.

    Van tyd tot tyd hoor ons egter n sagte skuifelgeluid op die plafon net om ons te herinner aan ons plafonslangetjie. En die Somer kom ,maar hierdie jaar sonder die pes van dakspreeus!!! En nog nooit weer het die dakspreeus probeer om toegang te verkry tot die plafon nie.

    Verlede maand kom roep Hubby my. Ons boomslang het toe vir hom n groter versnapering as n spreeu gekry nl n duif en hy probeer hom toe in die boom by die agterdeur insleep om hom daar te vreet. Maar die duif was te swaar en na n halfuur se gestoei het hy maar weggeseil met die duif. Kyk op die foto hoe hy die potplant ook inspan om deur momentum die slang in die boom te probeer kry ,maar verniet.

    Ek hoop nie bg inligting gaan nou ons vriendskap reuneer nie..... ...die vensters HET siwwe.....en die teewater kook....
    Attached Images Attached Images

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •