Spesiale bondeltjies ......
'n Draad vir gesels en vra en raad ( waar moontlik ) vir die families met gestremde kinders ...... ( en vir die wat hulle graag sal wil ondersteun en nie altyd die moet het om reguit te vra nie .... )
Die van ons wat met hierdie spesiale bondeltjies geseen is, ervaar beide die wereld en geloofsake soms bietjie anders as "normale" families ...... om te glo in God se genesingskrag en jou kind se gesukkel te aanskou, is nie altyd maklik nie, maar moontlik, al klink dit teenstrydig .... so, kom ons gesels openhartig, vertel sonder stroop, en praat harte uit .......
.... m
Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.
Bookmarks