Dankie, liewe vriendin, duisende wonderlike juigende dankies vir elkeen wat bid. Ek het nooit gedroom dat ek op my 'oudag' op 'n plaas soos die sou beland het nie.
Ek het jou versekering en bemoediging so baie nodig gehad en die wete van gebed!!!!
Dankie. Dankie ook vir die stukkie by ons trauma draad. Ek voel nogal vanaand so bietjie af en sonder krag. Soms vergeet mens so bietjie waar jou krag vandaan kom en kyk jy teveel na die hoe golwe.
Ek bid vir klynsis en mag sy gou beter en sterk voel. Ek dink jy is presies wat sy nou nodig het. Oppas, ek kan dalk ook besluit ek soek bietjie TLC.
Liefde groete
Mia



Reply With Quote
Bookmarks