Hi Vriende
Ek het al vir julle vertel van die vrou wat hier op die plaas is en wat haarself so baie sny. (Skuilnaam Anne) Ek het al so baie met haar gepraat en vir haar gebid.
Sy was nou vir ongeveer 5 maande in die hospitaal vir skokbehandeling en haar medikasie is drasties verhoog. Sy was egter pas terug op die plaas of sy het weer begin sny. Sy is verslaaf aan die snyery. Van haar kant wil sy egter geen poging aanwend om dit te probeer beveg nie. Indien ek met haar daaroor praat dan beweer sy ek gee nie meer vir haar om nie. Ek het haar ongelukkig toe sy hier gekom het toegelaat om op my rekenaar te werk, sy het egter die voorreg misbruik en vroeg of laat in ons kamer gekom. Ons het later geen privaatheid meer gehad nie.
Ek moes dit stop. Ek het haar ook gese dat sy nou self verantwoordelikheid moet neem vir haar snyery en nie vir my moet sms in die nag om haar te kom verbind nie. Ek het die saak met haar ma bespreek en sy bevestig dat Anne probeer om my te manupileer.Sy misbruik my omgee vir haar, sodat sy kan sny wanneer die drang te sterk word, en ek sal kom verpleeg.
Sy stuur gereeld vir my sms'e. In een van die laastes het sy my daarvan beskuldig dat ek haar verstoot en dit vererger net sake. Hierdie sms het ek nounet van haar gekry: "I know how much u care and that is why i not going to get u involved. If i do cut then it's my responsibility. It's better we don't get emotionally involved." Wat lees julle hierin?
Anne wil nie self iets aan haar probleem doen nie. Sy wil he dat of die medikasie of die hospitaal haar moet genees. Sy wil nie 'n besluit neem soos enige ander verslawing dat sy gaan en wil ophou nie. Dit pas haar om in 'n omgewing te wees waar sy weg van haar ouers, kan sny en ek moet nie 'involved' wees nie.
Gee my asb. raad!!!!
Dankie
Mia



Reply With Quote



, hy is 'n kenner op die gebied, en hy sal jou die beste raad kan gee.
(My naam is Anneke)

Bookmarks