Ek sien nog nie 'n "Fees van die takke" daarin nie. Nietemin. Is ek reg as jy verwys na die Loofhuttefees?
http://www.bibleguidance.co.za/Afrar...raelfeeste.htm
Die chronologie van Israel se feeste
Ou Testamentiese Skaduwee
Nuwe Testamentiese Vervulling
Pasga: slag van die Paaslam
Kruisiging van die Lam van God
Fees van die ongesuurde brode
Die begrafnis van Christus
Die eerstelingsgerf as beweegoffer
Die opstanding van Christus as eersteling
Ou Testamentiese Pinksterfees
Nuwe testamentiese Pinksterfees
Tyd vir die insameling van die oes
voordat die oesfees kan aanbreek
Die tyd vir wêreldevangelisasie voordat
die finale oes ingesamel sal word
Basuingeklank as begin van die oesfees
Basuingeklank kondig die wegraping aan
Sewe dae van verootmoediging
Sewe jaar van verdrukking
Die wederkoms van Christus
Die vrederyk begin
Die loofhuttefees
“Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir die Here… Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Israel gebore is moet in hutte woon, sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Israel in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipteland uitgelei het. Ek is die Here julle God” (Lev. 23:34, 42-43).
Hierdie is ‘n vreugdefees wat ná die finale insameling van die oes gevier word om die Here vir al sy weldade van daardie betrokke jaar te bedank, insluitende die oes wat gemaak is. Tweedens het dié fees ‘n terugwaartse verwysing na die uittog uit Egipte toe die kinders van Israel in hutte in die woestyn gebly het. Ter herinnering hieraan slaap baie mense nou ook in hutte of onder takskerms in hulle tuine en dank die Here dat Hy hulle voorvaders veilig deur die gevaarlike woestyn gelei en na die Beloofde Land gebring het. Derdens het die fees ‘n toekomsgerigtheid deurdat dit duidelik met die koms van die Messias verbind word. Dan sal die oes onder Israel en die nasies ingesamel wees en die Messias op aarde uit Jerusalem regeer.
As gevolg van die sterk Messiasverwagting tydens hierdie fees het Jesus se broers Hom in Johannes 7 versoek om die viering van die huttefees in Jerusalem by te woon en Homself daar as Messias bekend te stel. Daar is baie oor Hom geredeneer, maar die owerstes van die volk het Hom nie as die beloofde Messias aanvaar nie. By sy tweede koms sal hulle dit wél doen. Jesus het na sy hemelvaart en tweede koms verwys toe Hy aan hulle gesê het: “Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!” (Matt. 23:39). Dit is ‘n uitdrukking wat ook in Psalm 118:26 voorkom en deel van die liturgie van die loofhuttefees is. Die rabbi’s sê dit op sonder om te besef dat dit op Jesus se wederkoms betrekking het! Op hierdie fees lees hulle ook Sagaria 14 in die sinagoges voor. Dit handel oor:
· die koms van die Here met al sy heiliges (v. 4-5);
· die koningskap van die Messias (v. 9);
· die verhoging van Jerusalem (v. 8-11);
· die vernietiging van die vyande van Israel (v. 12-15); en
· die verpligte deelname deur ander nasies aan die huttefees in Jerusalem gedurende die Messiasryk (v. 16-18).
In Sagaria 14:16 is daar ‘n duidelike bepaling dat lede van nie-Joodse nasies aan hierdie fees sal deelneem nadat die Messias-Koning van Israel gekom het: “En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die Here van die leërskare, en om die huttefees te vier.”
Bookmarks