Your Advert here
cure-real
Page 4 of 15 FirstFirst 123456789101112131415 LastLast
Results 46 to 60 of 215

Thread: Tiendes

  1. #46
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705
    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Paving stones Want ons gaan dans op strate wat met goud uitgelê is
    Verseker...en hier is mos 'n paar wat al dansklasse neem...of hoe?
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  2. #47
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705
    Chisel, moet my nou nie "opvryf" nie. Ek is nie lus om met jou in 'n argument betrokke te raak oor die HERE SE EIENDOM NIE. Jou geld, my geld...en die HELE wereld se geld BEHOORT aan die Here. Dit is iets wat jy sal moet begin verstaan. Ons is net Sy bestuurders daarvan hier op aarde.

    "Chisel" nou uit...! Soos ek gese het, laat die Heilge Gees vir die wat WIL gee 'n antwoord gee HOEVEEL om te gee. Ek los jou met hierdie gedagte:

    1 Korinthiers 4:7 Want wie trek jou voor? En wat het jy wat jy nie ontvang het nie? En as jy dit dan ontvang het, waarom roem jy asof jy dit nie ontvang het nie?



    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  3. #48
    As 'n mens daaraan gewoond raak om te gee, dan pla dit jou nie meer nie.
    Die onderwerp is nie oor "gee" nie, maar oor die feit dat predikante glad nie die outoriteit het om 10% van mense se salarisse te vat onder die voorwentsel dat dit 'n Bybelse opdrag is nie, en dan nog verder mense te boelie, soos ek later in die week sal poog om aan te dui nie.

    Hier is wat die Bybel sê oor die saak: Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai. Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief.
    (2Co 9:6-7)

    In teenstelling met die bostaande, as gevolg van die moderne tiende konsep, word arm mense emotioneel geboelie om geld aan kerke te gee (omdat hulle geseen wil word), selfs mense wat van welsyns tjeks afhanklik is.

    Die ander ding is dat mense geleer word dat hulle gawe net geldig is as dit aan 'n kerk betaal word. Dit beteken dat baie mense nie sendingwerk en welsyns organisasies kan ondersteun nie, omdat die kerk eerste haar deel wil hê.

    Ek het self al vele tiende preke geluister waar die predikant pertinent sê, "Onthou mense, offers en tiendes is nie dieselfde nie. As jy welsyns organisasies wil ondersteun, doen dit, maar nadat jy jou tiende betaal het".

    Dit is presies die teenoorgestelde as wat Christus geleer het, inteendeel, myns insiens maak dit van die kerke 'n handelshuis, waar 'geloof' of 'seeninge' teen 'n premie verkoop word, terwyl organisasies wat in die veld werksaam is met die krummels tevrede moet wees.

    Hier is my voorstel vir diegene wat tiendes (of watokaal) wil betaal. Stuur daardie geld aan sendings organisasies in Iran. Iran is tans 'n hotspot, waar baie mense openbaringe van Christus kry en begin glo, maar dit is ook 'n plek waar Christene tans die ergste vervolg word ter wille van die evangelie.
    http://www.acryfromiran.com/

    Laat die suburban kerke hulle water en ligte en multimedia kostes self betaal en help eerder hierdie mense. Trouens, laat die ligte heeltemal afgaan in die kerke en aanbid in kerslig. Verkoop die "Band" se instrumente, mens kan sonder dit sing.

    Dis wat ek voorstel. Na die wind met bruto of netto seeininge en daai snert.

  4. #49
    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    Chisel, moet my nou nie "opvryf" nie. Ek is nie lus om met jou in 'n argument betrokke te raak oor die HERE SE EIENDOM NIE. Jou geld, my geld...en die HELE wereld se geld BEHOORT aan die Here.
    Maar dit is nie die HERE is wat sy hand uithou om dit te ontvang nie, dit is jou predikant.

    Predikante het nêrens in die Bybel die outoriteit om namens die Here, 10% belasting van God se kinders, te eis nie.

    As alles aan die Here behoort, laat die Heilige Gees dan Sy werk doen en mense lei om te gee aan wie God wil, ja?

    Hierdie pos bevat 'n lys van voorbeelde hoe die moderne tiende doktrine TEEN die invloed van die Heilige Gees werk. Mense voel telkens geroep om aan hulpbehoewendes te gee, maar as gevolg van onbybelse moderne teologie is hulle bang dat hulle 'n vloek oor hulself sal bring of dat hulle God beroof.

    Hoe gee ek aan God?
    Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af. Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom. Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee? En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee? En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom? En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen. Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie. Ek was ‘n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie. Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of ‘n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie? Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie. En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.
    (Mat 25:34-46)

    God identifiseer Homself met die armes, die hongeres, die naaktes. As mens dus volgens die Bybel aan God wil gee, moet mens gee aan hierdie mense.
    Maar predikante leer mense dat mens eerste aan die kerk moet gee, en dan as jy nog geld oor het, kan jy die hongeres, die naaktes en die gevangenis help. Predikante leer dat om vir die kerk te gee = om vir God te gee. Dit is nie wat in die Bybel staan nie.

  5. #50
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,486
    Blog Entries
    10
    Quote Originally Posted by chisel View Post
    Die onderwerp is nie oor "gee" nie, maar oor die feit dat predikante glad nie die outoriteit het om 10% van mense se salarisse te vat onder die voorwentsel dat dit 'n Bybelse opdrag is nie, en dan nog verder mense te boelie, soos ek later in die week sal poog om aan te dui nie.
    Boeta, dis nie waaroor die draad gaan nie, die Ds het nie gevra nie, MC is 'n Splinter nuwe Christen en wou net weet of daar voor-geskryf word oor geldelike bydraes want sy het al mense daaroor hoor praat....

    Niemand het gevra nie.... sy behoort nie aan 'n skatryk NG kerk nie

    En kan ek vra dat ons die humeure beteuel, sit jou saak op die tafel, en moenie raas maak nie
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  6. #51
    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Boeta, dis nie waaroor die draad gaan nie, die Ds het nie gevra nie, MC is 'n Splinter nuwe Christen en wou net weet of daar voor-geskryf word oor geldelike bydraes want sy het al mense daaroor hoor praat....

    Niemand het gevra nie.... sy behoort nie aan 'n skatryk NG kerk nie

    En kan ek vra dat ons die humeure beteuel, sit jou saak op die tafel, en moenie raas maak nie
    Hallo Ta-An,

    Ek dink my passie vir hierdie onderwerp is dalk verkeerdelik gesien as humeurigheid, so ek vra om verskoning as ek verkeerdelik oor gekom het.

    Ek besef dat MC nie aan 'n skatryk kerk behoort nie, en daarom is my antwoorde eerder aan Johnny gerig, maar indirek is dit tog 'n feit dat die idee van tiendes (die moderne persepsie daarvan) wel sy oorsprong by predikante het. So om MC se vraag te antwoord moet mens kyk of die idee dat "tiendes" aan 'n kerk betaal moet word, sy oorsprong in die Bybel het, of by die predikante het wat dit verkondig.

    Wat ek bedoel met die gedeelte wat jy aangehaal is, is dat "tiendes" onregverdig gekoppel word aan "gee" om sodoende te impliseer dat diegene wat nie die moderne "tiendes" betaal nie, gekant is teen enige vorm van "gee". Dit is natuurlik glad nie so nie, en daarom my woorde, "Die onderwerp is nie oor "gee" nie".

    Ek is jammer as hierdie nie duidelik in my plasings deurgekom het nie.

  7. #52
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705
    Chisel, net om die perspektief reg te kry. Ek het nie 'n dominee of predikant nie...maar 'n Pastoor. Ons is Pinkster en nie Gereformeerd nie.

    Ek dink dit druis teen die Heilige Gees in om oor so 'n onderwerp soos geld te twis. As ons ons koppe neerle dan bly alles agter wat jy het....en nie net 10% nie. So, hoekom probeer ons 100% aan God gee nie. Ons tyd, "ons" geld, ons kerkbywoning, ons offers, ons gebedslewe, ons bybelstudie, ons tydverdryf, ons gesinne, ons werk ens sodat dit saam 100% maak. Hoesdaai?
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  8. #53
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    3,279
    Blog Entries
    7
    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    Chisel, net om die perspektief reg te kry. Ek het nie 'n dominee of predikant nie...maar 'n Pastoor. Ons is Pinkster en nie Gereformeerd nie.

    Ek dink dit druis teen die Heilige Gees in om oor so 'n onderwerp soos geld te twis. As ons ons koppe neerle dan bly alles agter wat jy het....en nie net 10% nie. So, hoekom probeer ons 100% aan God gee nie. Ons tyd, "ons" geld, ons kerkbywoning, ons offers, ons gebedslewe, ons bybelstudie, ons tydverdryf, ons gesinne, ons werk ens sodat dit saam 100% maak. Hoesdaai?
    I definitely like.........!
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  9. #54
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,489
    Ek moet eerlik wees, die perspektief wat Chisel oor tiendes gee en ook die skakel wat Philip geplaas het, is werklik leersaam en dit dring my om met groter passie hieroor te besin.

    Ek hoor wat Johnny sê, maar my eie siening is dat dit raadsaam vir elkeen sal wees, om ag te gee aan wat beide Philip en Chisel oor tiendes in hierdie draad gesê het. Mens hoor dit nie aldag nie en ek is 100% oortuig dat dit 'n beginsel is wat deur Kerke uitgebuit word, omdat tiendes in hoofsaak gebruik word om predikante/pastore se salarisse te betaal en om kerkgeboue instand te hou.

    Daar is sekerlik niks fout daarmee om tiendes te gee nie, maar mens wil so half die indruk kry en Gene het dit wel genoem, dat baie mense rustig agteroor sit, as hulle tiendes vir die maand betaal is. Daar is veel meer wat mens vir die Here kan doen, as om net geld te gee en te dink dit sorteer alles in jou wandel met die Here uit.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  10. #55
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    You will like this even betta...sorry for english moderators.

    The Beauty of Mathematics


    Here is an interesting and lovely way to look at the beauty of mathematics, and of God, the sum of all wonders.


    1 x 8 + 1 = 9
    12 x 8 + 2 = 98
    123 x 8 + 3 = 987
    1234 x 8 + 4 = 9876
    12345 x 8 + 5 = 987 65
    123456 x 8 + 6 = 987654
    1234567 x 8 + 7 = 9876543
    12345678 x 8 + 8 = 98765432

    123456789 x 8 + 9 = 987654321


    1 x 9 + 2 = 11
    12 x 9 + 3 = 111
    123 x 9 + 4 = 1111
    1234 x 9 + 5 = 11111
    12345 x 9 + 6 = 111111
    123456 x 9 + 7 = 1111111
    1234567 x 9 + 8 = 11111111
    12345678 x 9 + 9 = 111111111

    123456789 x 9 +10= 1111111111


    9 x 9 + 7 = 88
    98 x 9 + 6 = 888
    987 x 9 + 5 = 8888
    9876 x 9 + 4 = 88888
    98765 x 9 + 3 = 888888
    987654 x 9 + 2 = 8888888
    9876543 x 9 + 1 = 88888888

    98765432 x 9 + 0 = 888888888


    Brilliant, isn’t it?


    And look at this symmetry:



    1 x 1 = 1
    11 x 11 = 121
    111 x 111 = 12321
    1111 x 1111 = 1234321
    11111 x 11111 = 123454321
    111111 x 111111 = 12345654321
    1111111 x 1111111 = 1234567654321
    11111111 x 11111111 = 123456787654321

    111111111 x 111111111 = 12345678987654321


    Now, take a look at this…


    101%


    From a strictly mathematical viewpoint:


    What Equals 100%?


    What does it mean to give MORE than 100%?


    Ever wonder about those people who say they are giving more than 100%?


    We have all been in situations where someone wants you to


    GIVE OVER 100%


    How about ACHIEVING 101%?


    What equals 100% in life?


    Here’s a little mathematical formula that might help


    Answer these questions:



    If:


    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z



    Is represented as:


    1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26.



    If:


    H-A-R-D-W-O-R- K


    8+1+18+4+23+15+18+11 = 98%



    And:


    K-N-O-W-L-E-D-G-E


    11+14+15+23+12+5+4+7+5 = 96%



    But:


    A-T-T-I-T-U-D-E


    1+20+20+9+20+21+4+5 = 100%


    THEN, look how far the love of


    God will take you:



    L-O-V-E-O-F-G-O-D


    12+15+22+5+15+6+7+15+4 = 101%


    Therefore, one can conclude with mathematical certainty that:


    While Hard Work and Knowledge will get you close, and Attitude will
    Get you there, It’s the Love of God that will put you over the top!
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  11. #56
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,705
    Soos ek dit verstaan is "gee" inderdaad 'n beginsel in die Nuwe Testament. Johnny is reg dat alles eintlik aan die Here behoort. Ons kan nie wedergebore wees en met 'n toe hand lewe nie. Maar die NT koppel daardie gesindheid en daardie aksie nie aan 'n spesifieke persentasie nie. Die tiende is 'n Ou Testamentiese beginsel wat verstaan moet word teen die konteks wat Chisel verduidelik het. Ons is nie meer onder die Torah (wet) nie.

    Dis belangrik om te besef dat die verwysings in die NT na "wet" (veral in die evangelies) verwys nie na die 10 gebooie as sodanig nie, selfs nie na al die geskrewe wette as sodanig nie (insluitende Levitikus nie), maar na die eerste 5 boeke van die Bybel - die Torah (die Hebreeuse bybel bestaan uit die Wet [Torah], die Profete [Nevi-im] en die Geskrifte [Ketovim]). Daarom sê Jesus bv. in Mat 5 Hy het die "wet en die profete" vervul - die Torah en die Nevi-im. In Joh 10:34; 15:25 word selfs na die Psalms verwys as "wet." Die term "wet" (Grieks: nomos / Hebreeus: Torah) het dus veral in die NT-tyd hierdie breër betekenis gehad. Ek bespreek dit breedvoerig in my artikels daaroor (1, 2).

    Dieselfde geld vir Paulus se gebruik van "nomos" (wet). As hy sê ons is nie meer onder die "wet" nie (Rom 6), dan beteken dit die ganse Ou Verbond, insluitende al die gebooie, insluitende die tiende-wet is nie meer van toepassing op ons as NT Christene nie.

    Groete
    Philip
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  12. #57
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705
    Beteken "bekeer jou" anders in die Ou Testament as "bekeer jou" in die Nuwe Testament? Ons kan nie die Ou en Nuwe Tesatament los maak van mekaar nie. Die Nuwe Testament is 'n vervulling van die Ou Testament. Sal dit nie logies sin maak as die Here 10% van die Ou Testamentiese mense verwag het....ook 10% van die Nuwe Testamentiese mense verwag nie? Afterall, ons leef in baie meer rykdom as hulle! Soos dit vir my klink uit die plasings moet ons tog liewers so min as moontlik of NIKS gee nie, maar moet in HEMELSNAAM net nie 10% gee nie. Dit is ONSKRIFTUURLIK!
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  13. #58
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,705
    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    Sal dit nie logies sin maak as die Here 10% van die Ou Testamentiese mense verwag het....ook 10% van die Nuwe Testamentiese mense verwag nie?
    Nee, die tiendewette is saam met die res van die wet vervul. Net soos ons nie die reinigings- en eetwette van Levitikus in die NT moet nakom nie, is ons ook nie meer onder die 10-e wet nie. Al wet waaronder ons is is Christus se wet: die wet van die liefde. (A new commandment I give unto you...)
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  14. #59
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,486
    Blog Entries
    10
    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    Verseker...en hier is mos 'n paar wat al dansklasse neem...of hoe?
    Nee meneer..... of eintlik, Ja, Die Here is my Leermeester, en dan wys ek aan andere hoe
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  15. #60
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705
    Quote Originally Posted by Philip dT View Post
    Nee, die tiendewette is saam met die res van die wet vervul. Net soos ons nie die reinigings- en eetwette van Levitikus in die NT moet nakom nie, is ons ook nie meer onder die 10-e wet nie. Al wet waaronder ons is is Christus se wet: die wet van die liefde. (A new commandment I give unto you...)
    Die wet is nou nog strenger as ooit, want ons moet nou in gehoorsaamheid aan Jesus en Sy standaarde voldoen.

    Matteus 5:17 Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.

    Ek sal maar aan die veilige kant bly.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •