cure-real

View Poll Results: Wie is die Bruid van Christus?

Voters
3. You may not vote on this poll
  • Net die onder punt (A)

    3 100.00%
  • Net die onder punt (B)

    0 0%
  • Almal onder punt (A) en punt (B)

    0 0%
Results 1 to 12 of 12

Thread: Wie is die Bruid van Christus?

  1. #1

    Wie is die Bruid van Christus?

    Is die HELE kerk deel van die Bruid? Sluit dit ALLE gelowiges in? Ek dink nie so nie.
    Na baie besprekings op die forum oor die wegraping, meen almal (behalwe ek) dat die HELE kerk deel gaan wees van die Bruid. Kom ons kyk gou na ‘n paar Bybelse vereistes. Daar is nog ‘n vereiste wat ek al genoem het, maar elke keer word ek “afgeskop” as ek dit noem, so ek los dit maar vir nou.

    BRUIDSKAP - God se standaard.
    Isa 61:10 Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel—soos ‘n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos ‘n bruid wat haar versier met haar juwele.
    Isa 62:5 Want soos ‘n jonkman ‘n jongedogter trou, so sal jou kinders jou trou; en soos die bruidegom bly is oor die bruid, sal jou God oor jou bly wees.
    Rev 21:2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.
    (Job 22:3) Het die Almagtige daar belang by dat jy regverdig is? Of is dit voordeel vir Hom dat jy onberispelik wandel?
    (Luk 1:6) En hulle was altwee regverdig voor God en het in al die gebooie en regte van die Here onberispelik gewandel.
    (1Co 1:8) wat julle ook sal bevestig tot die einde toe, om in die dag van onse Here Jesus Christus onberispelik te wees.
    (Php 2:15) sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ‘n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wreld,
    (Php 3:6) wat ywer betref, ‘n vervolger van die gemeente; wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik.
    (Col 1:22) in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel;
    (1Th 2:10) Julle is getuies, en God, hoe heilig en regverdig en onberispelik ons ons gedra het teenoor julle wat glo,
    (1Th 3:13) sodat Hy julle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vader by die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al sy heiliges.
    (1Th 5:23) En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!
    (1Ti 3:2) ‘n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingeto, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig;
    (1Ti 3:10) En hulle moet ook eers ‘n proeftyd deurmaak; daarna, as hulle onberispelik is, kan hulle dien.
    (1Ti 5:7) Beveel ook hierdie dinge, sodat hulle onberispelik kan wees.
    (1Ti 6:14) dat jy die gebod onbevlek, onberispelik bewaar tot by die verskyning van onse Here Jesus Christus
    (Tit 1:6) as iemand onberispelik is, die man van een vrou, gelowige kinders het wat nie beskuldig word van losbandigheid of tugteloos is nie.
    (Tit 1:7) Want ‘n opsiener moet as ‘n rentmeester van God onberispelik wees, nie eiesinnig, nie oplopend, geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie;
    (Heb 8:7) Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n tweede gesoek word nie
    (2Pe 3:14) Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede.

    ONBERISPELIK (Westley) E-Sword

    That ye may be blameless - That you may give no occasion for others to accuse you of having done wrong.And harmless - Margin, "sincere." The Greek word (ἀκέραιος akeraios) means properly that which is unmixed; and then pure, sincere. The idea here is, that they should be artless, simple, without guile. Then they would injure no one. The word occurs only in Mat_10:16; Phi_2:15, where it is rendered "harmless," and Rom_16:19, where it is rendered "sincere"; see the Mat_10:16 note, and Rom_16:19 note.The sons of God - The children of God; a phrase by which true Christians were denoted; see the Mat_5:45 note; Eph_5:1 note.Without rebuke - Without blame; without giving occasion for anyone to complain of you.In the midst of a crooked and perverse nation - Among those of perverted sentiments and habits; those who are disposed to complain and find fault; those who will take every occasion to pervert what you do and say, and who seek every opportunity to retard the cause of truth and righteousness. It is not certainly known to whom the apostle refers here, but it seems not improbable that he had particular reference to the Jews who were in Philippi. The language used here was employed by Moses Deu_32:5, as applicable to the Jewish people, and it is accurately descriptive of the character of the nation in the time of Paul. The Jews were among the most bitter foes of the gospel, and did perhaps more than any other people to embarrass the cause of truth and prevent the spread of the true religion.Among whom ye shine - Margin, "or, shine ye." The Greek will admit of either construction, and expositors have differed as to the correct interpretation. Rosenmuller, Doddridge and others regard it as imperative, and as designed to enforce on them the duty of letting their light shine. Erasmus says it is doubtful whether it is to be understood in the indicative or imperative. Grotius, Koppe, Bloomfield, and others regard it as in the indicative, and as teaching that they did in fact shine as lights in the world. The sense can be determined only by the connection; and in regard to it different readers will form different opinions. It seems to me that the connection seems rather to require the sense of duty or obligation to be understood. The apostle is enforcing on them the duty of being blameless and harmless; of holding forth the word of life; and it is in accordance with his design to remind them that they ought to be lights to those around them.As lights in the world - The comparison of Christians with light, often occurs in the Scriptures; see at Mat_5:14, note, 16, note. The image here is not improbably taken from light-houses on a seacoast. The image then is, that as those light-houses are placed on a dangerous coast to apprise vessels of their peril, and to save them from shipwreck, so the light of Christian piety shines on a dark world, and in the dangers of the voyage which we are making; see the note of Burder, in Ros. Alt. u. neu. Morgenland, in loc.

    Daar is 2 soorte wat die Here dien na wedergeboorte of bekering. Die een wat ‘n 180 draai maak en die een wat ‘n 360 draai maak.

    (A) Die 180 bekering: ‘n Radikale verandering. Verloor heel moontlik vriende en familie lede. Loop na die kruis en drai sy rug op die wereld.
    1. Waarlik bekeer.
    2. Breek met die ou lewe.
    3. Breek met sonde.
    4. Stap ‘n pad saam met Jesus.
    5. Steef na ‘n Heiligmakings lewe.
    6. Het gemeenskap met die heiliges.
    7. Skakel in by ‘n gemeente.
    8. Doen bybelstudie en groei in Christus.
    9. Jesus is nou op die troon in jou lewe…en nie jy self nie.
    10. Wil Godvrugtig lewe…en sal heel moontlik vervolg word en teenkanting kry omdat jy nie meer deel wil wees van die werelse plesier en dinge nie.

    (B) Die 360 bekering: Geen noemenswaardige verandering nie. Draai na die kruis, maar draai weer rug op kruis en volg die wereld.

    1. Waarlik bekeer…. (?)
    2. Die ou lewewenswyse is nog dieselfde.
    3. Die ou sondes word nog beoefen.
    4. Stap nie regtig ‘n pad saam met Jesus nie.
    5. Streef nie na Heiligmaking nie.
    6. Gaan nie kerk toe nie….geen gemeenskap met die heiliges nie.
    7. Behoort aan geen gemeente.
    8. Het ‘n Bybel, maar die l rens in die huis of ‘n kas.
    9. Die eie ek is nog op die troon.
    10. Leef nie Godvrugtig nie….en is nog heel moontlik by al die ple gewild, kuier nog lekker saam en is maar nog deel van die wreld.

    Nou is my vraag. Na aanleiding van sommige teksverse aangehaal….en daar is nog BAIE….dink julle groep (A) en groep (B) sal deel wees van die Bruid. Voldoen almal aan GOD se verieste vir Bruidsakp? Sal die hele kerk deel wees van die Bruid soos wat almal glo? (Behalwe ek)

    Volgens my beskeie mening as ek vandag na die kerk kyk en baie :chrsitinne" se lewenswyse….dan leef die MEESTE christinne nog soos die duiwel. God kom vir ‘n oorblyfsel…’n “REMNANT” wat waardig geag sal moet wees.

    Luk 21:36 Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.

    (Act 15:17) sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.
    (Rom 9:27) En Jesaja roep oor Israel uit: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word;
    (Rom 11:5) Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd ‘n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade.

    Nie ALMAL.....

    (Mat 7:21) Nie elkeen wat vir My s: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
    (Mat 7:22) Baie sal in daardie dag vir My s: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
    (Luk 6:46) En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek s nie?
    (Luk 13:25) Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te s: Here, Here, maak vir ons oop—sal Hy antwoord en vir julle s: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie.

  2. #2
    Nou ja.......so much vir 'n goeie plasing. Lyk my die 13 "viewers" is nie seker wat om te antwoord nie.

    2Co 13:5 Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. Of is julle nie seker van julself dat Jesus Christus in julle is nieas julle ten minste nie verwerplik is nie!

  3. #3
    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    Nou ja.......so much vir 'n goeie plasing. Lyk my die 13 "viewers" is nie seker wat om te antwoord nie.

    2Co 13:5 Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. Of is julle nie seker van julself dat Jesus Christus in julle is nieas julle ten minste nie verwerplik is nie!





    c...c...c...ceeeee toe!

  4. #4
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Johnny, die Bruidegom sal self bepaal wie almal deel van die Bruid sal wees. Dis so eenvoudig soos dit. Dit sal natuurlik kinders van die Allerhoogste wees wat Sy beeld reflekteer.

  5. #5
    Join Date
    May 2009
    Location
    Hillcrest KZN
    Posts
    149
    Quote Originally Posted by protea View Post
    Johnny, die Bruidegom sal self bepaal wie almal deel van die Bruid sal wees. Dis so eenvoudig soos dit. Dit sal natuurlik kinders van die Allerhoogste wees wat Sy beeld reflekteer.
    Amen !!!!!! Laat ons dus seker maak dat daar genoeg olie in ons lampies is terwyl ons wag vir ons Bruidegom om te kom.!!!!!!

  6. #6
    Join Date
    Oct 2007
    Posts
    166
    Miskien is hierdie draad by die verkeerde adres? Dit kan nogal 'n lekker warm debat raak. Die vraag is miskien baie meer aktueel. Ek glo nie dat ons die bruid is nie. Israel is die bruid en ek is nie 'n Israelliet nie. Ek is deel van die Liggaam van Christus waarvan Christus die Hoof is, nie die bruidegom nie.
    Dan die ander ding, die Liggaam is nie 'n oorblyfsel nie, maar die volheid soos Ef4 s. Oorblyfsel beteken dat daar ander was wat "uitgeroei" is. Dit dui op Israel wat deur die verdrukking gaan.
    Vrede

  7. #7
    Join Date
    Oct 2009
    Posts
    128
    Die gemeente is die liggaam van Christus en die Liggaam van Christus is die gemeente. Christus is die hoof van die liggaam. Dus, die liggaam, met Christus as hoof, is almal gelowiges wat end-uit volhard het. Hierdie volharding word deur Yehoshuah "oorwinning" genoem in sy boodskap aan die sewe gemeentes in Openbaring. Aan al 7 die gemeentes sluit Hy die brief af met: "Aan hom wat oorwin .."


    Die volgende is belangrik:
    1. Almal sal deur wedergeboorte, dieselfde vlees/gees mens wees as wat hulle oudste broer, Yehoshuah was.
    2. Almal sal "in Christus" wees as Hy weer kom.
    3. Almal sal deel van die eerste opstanding wees of, as nog in die lewe, sal hulle in 'n oogwink met heerlikheid beklee word.
    4. Sommige se werke en dade sal met Sy koms baie min goeie dade toon bloot, dink ek omdat hulle nie genoeg tyd gehad het om met hulle vlees klaar te speel nie. Die wat laaste is gaan eerste wees en die wat eerste in die koninkryk ingegaan het, gaan laaste wees. Niemand sal onder enige veroordeling wees nie omdat hulle saam met Christus gesterf het.
    5. Die skepping sien met reikhalsende verlange daarna uit dat God bekend gaan maak wie die kinders regtig is. Niemand weet dit op die stadium nie.
    Tydens die 1000 jaar:
    1. Indien Christus oor 10 jaar sou kom, sou daar ongeveer 6 biljoen mense wees wat deur die groot verdrukking gaan. Hoeveel dit gaan oorleef, weet ek nie maar sou die helfte oorleef, gaan hulle, en hulle kinders na hulle, vir 'n 1000 jaar onder Goddelike heerskappy op aarde voortleef.
    2. Al die gelowiges wat weggeraap is, let wel na die groot verdrukking, gaan dan saam met Christus op aarde regeer. Hulle gaan as 'n eenheid regeer met een Koning - Yehoshuah. Hulle gaan God se wil, sonder enige teestand, vir die eerste en laaste keer in die aarde se bestaan, op aarde implementeer. Sommige van Christus se liggaam gaan ho posisies in God se koninkryk beklee, terwyl ander, minder belangrike posisies gaan beklee.
    3. Die implementering van Goddelike rels deur mense wat nie aan die dood onderworpe gaan wees nie, gaan vir die aardbewoners letterlik voel of hulle deur "aliens" regeer word. Hulle vleeslike natuur wat nie Goddelike rels kan verstaan nie, en wat sonder enige hoop op redding/bekering/wedergeboorte is, sal erg gebuk gaan onder God se wil en dit gaan vir hulle 'n onhoudbare situasie wees waaraan hulle noodwendig moet gehoor gee. Aan die einde van die 1000 jaar gaan Satan hulle mobiliseer vir die slag van Armagedon onder die voorwendsel dat hierdie "aliens" van die aarde af verdelg moet word.
    Ek vermoed dat die huwelik na die 1000 jaar gaan plaasvind. (Miskien is ek verkeerd en gaan dit voor die 1000 jaar wees) Die bruid gaan uit Christus se liggaam geneem word soos wat God Eva uit Adam se liggaam geneem het sodat die skrif vervul kan word wat s: "die man is nie uit die vrou nie maar die vrou is uit die man".

  8. #8
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,723
    By 1 Thess. 4 lees ek dat diegene wat by die wegraping ons Here sal ontmoet, is die wat "in Christus gesterf het" of die wat "in Christus" sal wees by sy koms. Wie is "in Christus"? Is dit net diegene wat 'n sekere standaard van heiligheid bereik het, of is dit die wat in die bloed van Christus gewas is?

    Is daar 'n verskil tussen die wat in die bloed gewas is en die wat 'n sekere standaard van heiligheid bereik het? Wat is 'n standaard van heiligheid? Is dit werke? Gaan daar dus op grond van werke 'n keuse gemaak word oor wie in is en wie uit? Ek dink nie so nie.

    In elk geval glo ek nie ons heiligmaking gaan oor werke nie. Dit kom van die Here alleen: "Hy is ons heiligmaking" (1 Kor.1). Stem ek dus vir punt B? Nee ek glo nie so nie. Daar is te veel punte by punt B wat my ernstig laat twyfel of daardie persoon werklik gered is. Ek is dus nie daarvoor oop om die liggaam van Christus goedkoop te maak en almal daar toe te laat nie, maar ek is ook nie bereid om die "standaard" af te bring na die vlak van goeie werke nie, want dan is ons terug onder die wet.

    Wie is dus in? Net die bloedgewastes en die Here sal hulle self uitwys, ons hoef dit nie te doen nie.

  9. #9
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614
    Ek kon nie stem nie, want ek weet nie wat punt A en punt B is nie...?

    Nietemin, ek sal graag wil weet waar die Bybel enigiets anders as alle WEDERGEBORE kinders van die Here as die bruid van Christus aandui? (Kom ons vergeet vir eers van die wegraping, my vraag het niks daarmee te doen nie)
    Last edited by Gene; Nov 4th 2009 at 10:52 AM. Reason: te gou gepos

  10. #10
    Join Date
    Oct 2009
    Posts
    128
    Gene, kan ek die vraag omdraai?: waar in die skrif word ges dat wedergeborenes die bruid gaan wees? (nie dat ek nie saamstem nie, maar ek sou wou h dat mens nie iets daarin lees wat nie daar staan nie)

    David2, ek dink jy raak die hart van 'n baie belangrike saak aan. Ek gaan met versigtigheid die debat betree omdat, wat hierdie onderwerp aanbetref baie gelowiges aan heroin verslaaf is en die prys wat betaal moet word om van die leuen verlos te word vir baie eenvoudig te groot is. Daar word dan naarstiglik na medeverslaafdes gesoek vir vertroosting en regverdiging vir die situasie.
    Is daar 'n verskil tussen die wat in die bloed gewas is en die wat 'n sekere standaard van heiligheid bereik het? Wat is 'n standaard van heiligheid?
    As jy my sal vergun, sou ek graag wou afskop met die vraag: Wat beteken "om in die bloed gewas te wees en watter dele van die skrif word gebruik om die konsep te bevestig?

  11. #11
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,723
    JPR
    Om in die bloed gewas te wees is vir my bloot 'n term om die waarheid van die verlossingsboodskap op te som. Al wat ons kan doen om seker te maak dat ons gewas is in die bloed is om in die algenoegsame offer van Jesus Christus aan die kruis te glo en Jesus as Here en Verlosser aan te neem. Die "was" is dus nie iets wat ons kan doen nie, Hy het dit reeds gedoen. Ons moet net van harte glo en Hom anneem. Daar is baie verse wat ons hiervoor kan gebruik, o.a. ook Joh. 3:16 of 1 Kor. 1:30

    Groete
    David

  12. #12
    Join Date
    Oct 2009
    Posts
    128
    Jammer David2, ek is nie gereed vir die gesprek nie. Beskou die twee aanhalings:

    Opn 1:5 en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed.

    Rom 5:9 Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Benodig raad Nuwe vriende in Christus
    By MercyChild in forum Ester se Koffiehuis
    Replies: 1
    Last Post: Aug 8th 2009, 11:15 AM
  2. Die 250 name en titels van Jesus Christus
    By CFJ in forum Alles en nog wat
    Replies: 38
    Last Post: Jan 21st 2009, 10:19 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •