Net so klip in die bos, wat betref die taal waarin die Nuwe Testament geskryf was. Jesus self, het Hom aan Johannes op Patmos op eg Griekse wyse voorgestel en Homself ook in die Griekse taal aan Johannes voorgestel... Die bewyse dat die Nuwe Testament in Grieks geskryf was, is so maklik soos om aan mense te wys die hemel is blou. Dit is veral die openbaringe aan Johannes op Patmos, waar Jesus self aandui wie Hy is en ook Sy naam aan Johannes openbaar. Jesus het dit in Grieks openbaar en nie in Hebreeus nie…
Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste. Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad. Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen. Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.
(Open 22:13-16 AOV)
Alfa en Oméga is die Griekse alfabet en Jesus gebruik dit vele kere in Openbaring om Homself te verklaar, oor wie Hy is. Hy stel Hom ook voor in Grieks, Hyself sê in vers 16 van Openbaring 22, Ek, Jesus (Iēsous).
Strongs
G2424
Ἰησοῦς
Iēsous
ee-ay-sooce'
Of Hebrew origin [H3091]; Jesus (that is, Jehoshua), the name of our Lord and two (three) other Israelites: - Jesus.
'Iēsous' word deurgaans in die Nuwe Testament gebruik. Kyk ook spesifiek aan wie Paulus se briewe gerig was, dit was hoofsaaklik aan Grieke wat Paulus geskrywe het.
King James Concordance
G2424
Ἰησοῦς
Iēsous
Total KJV Occurrences: 977
jesus, 967
jesus’, 10
Hoe sou mens weet of die Nuwe Testament in Grieks geskrywe was en hoe sou mens sekerheid kon hê? Daar is sekerlik geen beter bevestiging as die Bybel self nie. Matthéüs het sekerlik nie aan ‘n Joodse gehoor geskrywe, toe hy Hebreeus moes uitlê nie…
Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
(Mat 1:23 AOV)
Hulle sal Hom Emmánuel noem en hy gee ook die betekenis as dit vertaal sou moes word. Hoekom moes Matthéüs dit vertaal? Dit was omdat sy gehoor aan wie hy geskryf het, Grieke was en nie Hebreeus of Aramees kon verstaan nie. Lukas wat die skrywer van die boek Lukas en ook Handelinge was, rig sy skrywe aan Theófilus, ‘n hoogeerwaarde Griek wat ‘n gesagsposisie beklee het.
Aangesien baie onderneem het om ‘n verhaal op te stel oor die dinge wat onder ons al vervul is, soos hulle wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was, dit aan ons oorgelewer het, het ek ook dit goedgedink, hooggeagte Theófilus, nadat ek van voor af alles noukeurig ondersoek het, om dit in volgorde aan u te skrywe, sodat u met volle sekerheid kan weet die dinge waaromtrent u onderrig is.
(Luk 1:1-4 AOV)
Die eerste verhaal, Theófilus, het ek opgestel oor alles wat Jesus begin doen en leer het tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het;
(Hand 1:1-2 AOV)
Op verskeie plekke het Lukas Hebreeuse gebruike verduidelik, want die gehoor aan wie geskryf was, was nie bekend met hierdie gebruike nie. Hy skryf op een so geval…
En die fees van die ongesuurde brode, wat pasga genoem word, was naby.
(Luk 22:1 AOV)
Dit spreek eintlik vanself dat woordeboeke van die oorspronlike tale waarin die Bybel geskryf was, ook gesag aan Grieks en Aramees gee, wat opsigself aandui dat Jesus Christus in die taal bedien word van hulle wat bedien moet word. Ek glo egter nie JPR is verkeerd om in Hebreeus die Here te verheerlik nie, maar dit gaan oor wat Hy kom doen het vir ons en Die Filadelfieer se klem op paidforinfull se plasing som dit op, soos ekself dit verstaan.

Originally Posted by
Die Filadelfieer
Paidforinfull vat die hele kwessie meer raak as wat ek dit kan doen, mens kan gerus haar pos weer gaan lees : Die Seun van God se Bloed is vir ons sondes gestort, en DIT is wat ons red, nie die uitspreek van 'n naam, of selfs 'n Naam nie. So iets wys reguit terug na mistieke Kabalistiese ritueele en gelowe toe.
Bookmarks