Verskoon tog as julle onlangs hierdie gesprek gehad het, ek was vir 'n tydjie afwesig, maar nou is ek weer bietjie aktief en ek sien iets vreemds vandag, 'n manier vir die skryf van my Verlosser se naam wat ek nog amper nooit gesien het nie, ek dink ek het eenmaal tevore daarmee te doen gekry.

Die spelling was Yehoshuah. Nou hier is my punt, ek kan gaan daarvoor as mense na die Here HERE verwys as YHWH, dit is immers Hebreeus, Ou Testamenties en een van die maniere hoe God hom aan ons openbaar het, net soos El Shaddai ens. Ek is ok daarmee as mense hierdie aanspreekvorme vir God gebruik, moet net nie vir my kom vertel dis die enigste manier hy die Here aangespreek mag word nie, MAAR

En hierdie is 'n groot MAAR. Waar kry mense die name wat hulle tans vir Jesus gebruik, dis beslis nie in die Bybel nie en as dit nie in die Bybel is nie, is die nie geinspireerd nie, is dit nie 'n openbaring van God aangaande sy Naam nie. Waar kom ons aan hierdie nuwe name vir Jesus?
En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
Handelinge 4:12
Ek is gelukkig as ons Immánuel gebruik, Verlosser, Christus, maar is ons nie besig met 'n gevaarlike speletjie as ons name begin gebruik wat nie aan ons geopenbaar is nie?

Ek hoor graag ander se insette in die verband.

Groete
Phil