
Originally Posted by
David2
Tog is daar iets wat 'n Christen mooi moet verstaan: Die persoon wat ons kragtens ons natuurlike geboorte was, bestaan wettiglik nie meer nie (Rom. 6:6). Hoewel die ou sondige natuur nog met ons is tot die laaste dag, maar die persoon wat ons in Adam was, het geen wettige bestaansreg voor God nie.
Ek is dus nie meer veroordeelde David nie, maar geregverdigde David. Hoewel een mens twee nature het, kan een mens nie dieselfde tyd veroordeeld en geregverdig wees nie (Rom. 8:33,34).
Baie goeie punt David. Ek stem 100% hiermee saam. Ons het die ou mens afgesterf in Christus (Rom 6). Stem jy saam Rom 7 dui op die toestand van die ou mens voor wedergeboorte?
Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."
Bookmarks