JPR, ek dink die term, "Ek word gelei deur die Heilige Gees." moet verban word. Een persoon sal jou sus vertel en 'n volgende een so, maar die twee dinge is onderling uitsluitend. Dis nie logies nie. Sover ek gelees het is daar slegs een Heilige Gees en Hy is waarlik God en Hy is nie verward nie. Ek dink nie elkeen wat sê dat hy/sy deur die Gees gelei word, ken Sy stem nie, want as hulle het sal ons een boodskap gekry het, maar soos jy weet, dis nie die geval nie. Dis een van die redes vir my soeke na 100% waarheid.
Ek het nie 'n probleem met iemand wat erken dat hy nie alles weet nie, maar om vas te skop oor iets en te sê, “Die Heilige Gees sê so.” maar dis anders as wat iemand anders wat ook gelei word, verkondig, is mos ... (vul jou eie woorde hier in.) Ek sit self met 'n hele klomp dinge wat van kleintyd af in my ingeprent is en is besig om dit te verwerk, maar dis 'n moeilike proses.




Reply With Quote
Bookmarks