Your Advert here
cure-real
Page 3 of 3 FirstFirst 123
Results 31 to 42 of 42

Thread: Die konteks 'reël'

  1. #31
    JPR, ek dink die term, "Ek word gelei deur die Heilige Gees." moet verban word. Een persoon sal jou sus vertel en 'n volgende een so, maar die twee dinge is onderling uitsluitend. Dis nie logies nie. Sover ek gelees het is daar slegs een Heilige Gees en Hy is waarlik God en Hy is nie verward nie. Ek dink nie elkeen wat sê dat hy/sy deur die Gees gelei word, ken Sy stem nie, want as hulle het sal ons een boodskap gekry het, maar soos jy weet, dis nie die geval nie. Dis een van die redes vir my soeke na 100% waarheid.

    Ek het nie 'n probleem met iemand wat erken dat hy nie alles weet nie, maar om vas te skop oor iets en te sê, “Die Heilige Gees sê so.” maar dis anders as wat iemand anders wat ook gelei word, verkondig, is mos ... (vul jou eie woorde hier in.) Ek sit self met 'n hele klomp dinge wat van kleintyd af in my ingeprent is en is besig om dit te verwerk, maar dis 'n moeilike proses.

  2. #32
    CFJ, dis angswekkend. Gaan lees bietjie oor Jim Jones en The Peoples Temple. Om watter rede doen mens so-iets? Bybel interpretasie dalk?

  3. #33
    Join Date
    Oct 2009
    Posts
    109
    Freek, die Here klink net so aggressief soos jy as Hy teen leuenagtige waarsêery praat:

    Esg 13:7 Het julle nie ‘n bedrieglike gesig gesien en leuenagtige waarsêery gespreek nie deurdat julle sê: Die HERE spreek, terwyl Ék nie gespreek het nie? Esg 13:8 Daarom, so spreek die Here HERE: Omdat julle valsheid gespreek en leuenagtige gesigte gesien het, daarom kyk, Ek het dit teen julle, spreek die Here HERE. Esg 13:9 En my hand sal wees teen die profete wat bedrieglike gesigte sien en leuens waarsê: hulle sal in die vergadering van my volk nie wees nie en in die boek van die huis van Israel nie opgeskryf word nie en in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek die Here HERE is.

    Duidelik mag ek nie sê “die Here sê” as die Here nie gesê het nie. Hierteenoor, is leiding van die Heilige Gees my sekuriteit, nie my vyand nie. Dit is vreemd vir mense wat dit nie ervaar nie en dit is ontoelaatbaar en skep baie verwarring as jy die Heilige Gees se leiding voorhou vir promofering van jou eie of ander se idees.

    Die Here praat baie oor die leiding van die Heilige Gees en ek sou nie een van die volgende versies wou “verban” nie.

    Psa 143:10 Leer my om u welbehae te doen, want U is my God. Laat u goeie Gees my lei in ‘n gelyk land.
    Jes 63:14 Soos vee wat aftrek in die laagte, het die Gees van die HERE hulle na die rus gelei. Só het U u volk gelei, om vir U ‘n heerlike Naam te maak.
    Mat 4:1 Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.
    Luk 4:1 En Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei,
    Joh 16:13 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.
    Rom 8:14 Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God
    Gal 5:18 Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.

  4. #34
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,531
    Quote Originally Posted by Freek View Post
    CFJ, dis angswekkend. Gaan lees bietjie oor Jim Jones en The Peoples Temple. Om watter rede doen mens so-iets? Bybel interpretasie dalk?
    Freek,

    Dis net angswekkend as ons die pad alleen moet loop. 'n Klein seuntjie het min tot geen vrees as sy pa hom bystaan en met hom is nie. Net so het ons ook niks om te vrees oor hoe die Bybel verstaan moet word, as Jesus en ons Vader met ons is nie. Dit gaan nie oor godsdiens nie, want dit is dood en verwarrend, maar dit gaan oor God en Hy is 'n God van orde en uiteraard gaan dit oor 'n verhouding met Hom. Al hoe 'n man sekuriteit in enige vrou kan kry, is om in 'n verhouding met haar te staan. Die liewe Here is nie anders nie. Alle vrouens het bepaald soortgelyke eienskappe, maar tog kan mens weens hierdie eienskappe nie almal van hulle net blindelings vertrou nie, net as jy een van hulle spesiaal ken, raak haar eienskappe vir jou besonders. Die Bybel werk ook so, net as jy God ken, raak die eienskappe van die Bybel en uiteraard die waarheid 'n realiteit. Baie denominasies haal baie dinge uit die Bybel, maar as God nie leef vir jou nie, beteken hierdie boek niks. So is 'n vrou vir 'n man ook, as 'n vrou nie leef vir 'n man nie, beteken baie van wat vrou beteken, relatief to niks.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  5. #35
    Quote Originally Posted by JPR View Post
    Die Here praat baie oor die leiding van die Heilige Gees en ek sou nie een van die volgende versies wou “verban” nie.
    Ek het nie bedoel dat goed uit die Bybel gehaal moet word nie, slegs dat mense wat beweer dat hulle deur die Heilige Gees gelei word, seker moet maak dat hulle reg hoor? Net so terloops, hoe lei Hy 'n mens? Ek stel regtig belang.

  6. #36
    Join Date
    Oct 2009
    Posts
    109
    Quote Originally Posted by Freek View Post
    Net so terloops, hoe lei Hy 'n mens? Ek stel regtig belang.
    Freek, in kort;

    My ervaring is dat geloof altyd nodig is om die Here te hoor of om die leiding van die Heilige Gees te ervaar. Geloof is om oortuig te wees van wat buite die sintuiglike lê (Heb 11:1)

    Wat sy stem aanbetref:

    Ek lees die Heilige Geskrifte soekend en as Hy praat was dit nog altyd geskrewe Woord wat in lewendheid en toepaslikheid op een of ander manier wat ek nie kan verklaar nie, uitstaan. Dit is daarom altyd buite die konteks van die oorspronklike skrywe maar altyd binne die konteks van waar ek my bevind op daardie stadium in my lewe. Dit is somtyds so van toepassing op my dat ek nie kan glo dat die skrywer iemand anders daarmee wou bereik nie. Geskrewe woord in konteks kan per definisie nooit vir my lewend wees nie omdat ek nooit die onderwerp van die oorspronklike skrywer was nie. Die Outeur van die oorspronkike geskrewe Woord het dit egter so geformuleer dat dit op my ook van toepassing sou wees baie jare later. In kort: die geskrewe woord bring ‘n toepaslike boodskap op so ‘n manier wat ek oortuig geraak het kan net gebeur as daar ‘n lewende God is wie se eie Woorde so lewend is dat Hy dit (weer) aan my openbaar op tye wat Hy bepaal en in my spesifieke omstandighede. Dit is so werklik dat ek met tye al “heen en weer” met God gekommunikeer het deur woorde wat duisende jare terug op papier vasgevang is.

    Die leiding van die Gees ervaar ek op verskillende maniere en eintlik is wat ek hier bo geskrywe ook seker niks anders as die Heilige Gees wat die geskrewe Woord lewend maak nie. Verder is dit my ervaring dat Hy my herinner aan gesprekke wat ek voorheen met God gehad het. Ek ervaar dat Sy Woorde in my gedagte opkom wat op ‘n spesifieke situasie van toepassing is.

    Laastens; aanvanklik was my eie begeertes baie sterk en het ek by geleentheid my eie begeertes as’t ware gemeng met wat ek by God gehoor het. Soos toe hy vir my gesê het hy gaan my voorspoedig maak het ek verkeerdelik inkomste gehoor. Ek was by een so ‘n geleentheid erg verleë en verslae toe dit nie gebeur soos Hy gesê het nie. Sy Woorde aan my kort daarna was dat “ek niks moet byvoeg by wat Hy my sê nie” (Spreuke 30:6) Ek het deur dure ervaring en tugtiging geleer dat die self geen plek in God se kommunikasie het. Gedagtes wat moontlik uit die self kom, verwerp ek onmiddellik. Die Heilige Gees het my nog altyd “in Christus” in en uit die self uit gelei.

    Ek hou dagboek van God se gesprekke met my en dit is baie, baie kosbaar. Soms was Hy baie kwaai met my, selfs veroordelend toe ek aan my vlees toegegee het, en ander kere sag en koesterend. Nooit was ek weer honger gewees nie en nooit was ek sonder Hom nie. Hy is liefde.

  7. #37
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,809
    Quote Originally Posted by Paul Pienaar View Post
    Hallo Philip,

    Ek kyk na Amos hoofstuk 9, veral na vers 11 en 12.

    Amo 9:11 In dié dag sal Ek die vervalle hut van Dawid weer oprig, en Ek sal sy skeure toebou en sy puinhope herstel, en Ek sal dit opbou soos in die ou tyd;
    Amo 9:12 sodat hulle in besit kan neem die oorblyfsel van Edom en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die HERE wat dit doen.

    As die konteks in ag geneem word, sou 'n mens uit hierdie
    gedeelte kon aflei dat dit 'n profesie is oor die roeping van
    die Heidene? Soos wat Jakobus dit gebruik?
    Is die hut van Dawid (volgens die konteks) weer opgerig,
    soos in die OU tyd?
    Eerstens, oral waar die woord "dié", met 'n strepie op die "é" voorkom dan verwys dit na die eindtyd. Die vervalle hut van Dawid is NIE die heidene (met 'n klein letter) nie, maar Israel en God se volk....die Jode.

    Wesley (E-Sword)
    Amos 9:11 In that day - In the set time which I have fixt. Raise up - Bring back out of captivity, and re - establish in their own land, the house of David, and those that adhere to his family. Fallen - By the revolt of the ten tribes. The breaches - Which are in it by that long division.

    Kom ons lees bietjie vers 14:

    Amos 9:14 En Ek sal die lot van my volk Israel verander, en hulle sal die verwoeste stede bou en bewoon, ook sal hulle wingerde plant en die wyn daarvan drink, en tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.

    Hulle doen dit reeds vandag. Israel is 'n blomme tuin!
    ".......and go into the land of Israel:" (Matthew 2:20)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  8. #38
    Quote Originally Posted by JPR View Post
    Freek, in kort;

    My ervaring is dat geloof altyd nodig is om die Here te hoor of om die leiding van die Heilige Gees te ervaar. Geloof is om oortuig te wees van wat buite die sintuiglike lê (Heb 11:1)

    Wat sy stem aanbetref:

    Ek lees die Heilige Geskrifte soekend en as Hy praat was dit nog altyd geskrewe Woord wat in lewendheid en toepaslikheid op een of ander manier wat ek nie kan verklaar nie, uitstaan. Dit is daarom altyd buite die konteks van die oorspronklike skrywe maar altyd binne die konteks van waar ek my bevind op daardie stadium in my lewe. Dit is somtyds so van toepassing op my dat ek nie kan glo dat die skrywer iemand anders daarmee wou bereik nie. Geskrewe woord in konteks kan per definisie nooit vir my lewend wees nie omdat ek nooit die onderwerp van die oorspronklike skrywer was nie. Die Outeur van die oorspronkike geskrewe Woord het dit egter so geformuleer dat dit op my ook van toepassing sou wees baie jare later. In kort: die geskrewe woord bring ‘n toepaslike boodskap op so ‘n manier wat ek oortuig geraak het kan net gebeur as daar ‘n lewende God is wie se eie Woorde so lewend is dat Hy dit (weer) aan my openbaar op tye wat Hy bepaal en in my spesifieke omstandighede. Dit is so werklik dat ek met tye al “heen en weer” met God gekommunikeer het deur woorde wat duisende jare terug op papier vasgevang is.

    Die leiding van die Gees ervaar ek op verskillende maniere en eintlik is wat ek hier bo geskrywe ook seker niks anders as die Heilige Gees wat die geskrewe Woord lewend maak nie. Verder is dit my ervaring dat Hy my herinner aan gesprekke wat ek voorheen met God gehad het. Ek ervaar dat Sy Woorde in my gedagte opkom wat op ‘n spesifieke situasie van toepassing is.

    Laastens; aanvanklik was my eie begeertes baie sterk en het ek by geleentheid my eie begeertes as’t ware gemeng met wat ek by God gehoor het. Soos toe hy vir my gesê het hy gaan my voorspoedig maak het ek verkeerdelik inkomste gehoor. Ek was by een so ‘n geleentheid erg verleë en verslae toe dit nie gebeur soos Hy gesê het nie. Sy Woorde aan my kort daarna was dat “ek niks moet byvoeg by wat Hy my sê nie” (Spreuke 30:6) Ek het deur dure ervaring en tugtiging geleer dat die self geen plek in God se kommunikasie het. Gedagtes wat moontlik uit die self kom, verwerp ek onmiddellik. Die Heilige Gees het my nog altyd “in Christus” in en uit die self uit gelei.

    Ek hou dagboek van God se gesprekke met my en dit is baie, baie kosbaar. Soms was Hy baie kwaai met my, selfs veroordelend toe ek aan my vlees toegegee het, en ander kere sag en koesterend. Nooit was ek weer honger gewees nie en nooit was ek sonder Hom nie. Hy is liefde.
    Ek dink dis moontlik dat mens 'n bemoedigende boodskap uit 'n versie - uit konteks - kan kry, maar dit raak 'n probleem wanneer dogmas rondom tekste wat uit konteks geneem word gebou word. Dan kry mens allerhande snaakse leerstellinge. Dan verder, omdat een vers uit konteks geneem word, maak 'n versie op 'n heel ander plek nou nie meer sin nie. Diè word dan verdraai om ook by die nuwe dogma te pas. Dis soos iemand wat lieg en dan daardie leuen met 'n ander een probeer bedek en later is hy so in 'n knoop dat hy nie meer kan los kom nie. Dis al baie jare dat ek sulke goed gevoer word en toe besluit ek tot hiernatoe en nie verder nie.

    Selfs mense wat nie meer in die kerk kom nie, glo nog die goed wat hulle kerk hulle geleer het, of dit nou die waarheid is of nie en dis bitter moeilik om hulle anders te oortuig. Selfs al volg jy die metode in Jes 28:9-10.

  9. #39
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,710
    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    Eerstens, oral waar die woord "dié", met 'n strepie op die "é" voorkom dan verwys dit na die eindtyd.
    Johnny. Ek neem aan dis 'n grappie!

    Jy's OK né! Jy't nie koors of ietsie nie?
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  10. #40
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,809
    Quote Originally Posted by Philip dT View Post
    Johnny. Ek neem aan dis 'n grappie!

    Jy's OK né! Jy't nie koors of ietsie nie?
    Wel....in die gedeelte onder bespreking verwys dit na die eindtyd, maar nou wat weet jy in elk geval van die eindtyd, Israel en die Jode af?
    ".......and go into the land of Israel:" (Matthew 2:20)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  11. #41
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,710
    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    Wel....in die gedeelte onder bespreking verwys dit na die eindtyd, maar nou wat weet jy in elk geval van die eindtyd, Israel en die Jode af?
    Ek sal verstaan as jy verwys na die teks ter sprake. Maar dit het vir my geklink of jy veralgemeen.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  12. #42
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,809
    Quote Originally Posted by Philip dT View Post
    Ek sal verstaan as jy verwys na die teks ter sprake. Maar dit het vir my geklink of jy veralgemeen.
    Ek dink die teksverse en gedeelte aangehaal kan net na een gebeurtenis wys.....die eindtyd en die Jode se terugkeer. As dit onduidelik was, jammer daarvoor.
    ".......and go into the land of Israel:" (Matthew 2:20)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Reël no.9
    By Ta-An in forum Ester se Koffiehuis
    Replies: 1
    Last Post: Nov 20th 2009, 12:32 PM
  2. Bybel Studie in die Kerklike Konteks
    By Antonvs in forum Aanlyn Bybelskool
    Replies: 1
    Last Post: Sep 29th 2008, 09:41 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •