cure-real
Page 1 of 3 123 LastLast
Results 1 to 15 of 31

Thread: Stokperdjies

  1. #1

    Stokperdjies

    So.... waarmee hou Lighuis se manne hulleself besig ?

  2. #2
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    175

    waarmee besig

    Met Jesus, die lighuis en met facebook en my nuwe blackberry selfoon en dan natuurlik RUGBY!!!!!!
    Manie Verster
    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oŽ om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

  3. #3
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    603
    Blog Entries
    4
    Hmm... Fietsry (nie voor die TV sit en kyk nie maar in YHWH se skepping uit te gaan en daar te gaan ry), stap en draf
    Fotografie, maar ek kom nie so baie daarby uit meer nie.
    Teken, verf en daai goedjies
    Lees, musiek (speel (kitaar) en luister)
    Kan nie dink wat nog nie.... O ja en skryf, maar kom nie meer daarby uit nie.
    En dan BF.org
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

  4. #4
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Gauteng, South Africa
    Posts
    188
    Ons selgroepie hier by die werk het nounet weer bymekaargekom. Dis wonderlik om so deel van die Here se werk te wees.

  5. #5
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    175

    Thumbsup

    Quote Originally Posted by Francois Marais View Post
    Hmm... Fietsry (nie voor die TV sit en kyk nie maar in YHWH se skepping uit te gaan en daar te gaan ry), stap en draf
    Fotografie, maar ek kom nie so baie daarby uit meer nie.
    Teken, verf en daai goedjies
    Lees, musiek (speel (kitaar) en luister)
    Kan nie dink wat nog nie.... O ja en skryf, maar kom nie meer daarby uit nie.
    En dan BF.org
    Jy is 'n besige man, Franscois. Ek stel ook belang in fotografie. Dalk moet ons praat. Ek is maar 'n beginner en het maar klein digitale kamera.
    Manie Verster
    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oŽ om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

  6. #6
    Ek was ook op 'n stadium wild en woes in die fotografie ding in gewees, veral onderwater films en fotos .... maar toe loop my video kamera se "housing" vol water op 'n laaaaang dekompressie duik, waar al wat ek kon doen is om te sit en kyk hoe dit gebeur, en 'n ruk later breek die stil kamera toe ook sommer. Ek het gedink om op 'n stadium weer daarmee te begin, want dit was baie lekker toe alles nog gewerk het.

    Ek het wel iets geleer met hierdie hele petalje : Daar is twee soorte onderwater fotograwe in die wÍreld : Die wat al kameras versuip het en die wat dit nog gaan doen.

  7. #7
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    175

    Talking

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Ek was ook op 'n stadium wild en woes in die fotografie ding in
    gewees, veral onderwater films en fotos .... maar toe loop my video kamera se "housing" vol water op 'n laaaaang dekompressie duik, waar al wat ek kon doen is om te sit en kyk hoe dit gebeur, en 'n ruk later breek die stil kamera toe ook sommer. Ek het gedink om op 'n stadium weer daarmee te begin, want dit was baie lekker toe alles nog gewerk het.

    Ek het wel iets geleer met hierdie hele petalje : Daar is twee soorte onderwater fotograwe in die wÍreld : Die wat al kameras versuip het en die wat dit nog gaan doen.

    Fila, ek is maar net op die stadium waar ek hou van fotos neem
    Manie Verster
    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oŽ om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

  8. #8
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    603
    Blog Entries
    4
    Quote Originally Posted by manieverster View Post
    Jy is 'n besige man, Franscois. Ek stel ook belang in fotografie. Dalk moet ons praat. Ek is maar 'n beginner en het maar klein digitale kamera.
    Soms te besig.
    Ek het nie die beste oog nie, en nog minder die beste kamera. Maar dit verskaf my meer genot om net buite in die skepping te beweeg, of om die glimlag gesiggie te sien as jy hulle 'n foto wys van hulself. Ons kan regtig praat. Mens leer bymekaar. Ek was 'n lid van ODP (outdoorphoto.co.za) maar ek het beperkte internet toegang.
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

  9. #9
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    Western Cape, South Africa
    Posts
    576
    Ek hou van 4X4 ry - nie die wilde extreme goed nie, net lekker ry waar 'n kar nie kan kom nie - daar is die natuur op sy natuurlikste. Hou daarom ook van kamp - lekker eenvoudig kamp. Al moet jy dan soms met 'n grafie wegstap...

    Anton

  10. #10
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,994
    Blog Entries
    6
    Ek sien hier is 'n paar ouens wat lief is vir hulle fotografie, dis vir my goed om te hoor, julle moet gaan kyk, Írens in Alles en nog Wat is daar 'n "Waar is die fotograwe" draad, bring bietjie julle kiekies dat ons kan loer, of dalk kan ons 'n draad hier in die manne kamer oopmaak en dit daar doen, dan kan ons bietjie die foto's krit (dis nou positiewe behulpsame kritiek) en so verbeter ons almal ons stokperdjie.

    Ok, soos julle seker kan aflei, ek is lief vir fotografie, weer die laaste ruk erg bedrywig en geniet myself gate uit.

    Dan jag ons ook, geweer en boog. (Die wat nie daarvan hou nie, moet dit eerder nie vir my sÍ nie, jy gaan nie my kan oortuig om op te hou nie )

    Speel golf, of altans, ek probeer golf speel

    Baie lief vir visvang, spesiehengel

    Nou blykbaar het vriende van my besluit ons gaan nou stappers word, so, ons gaan nou stappers ook nog word

    En dit is vir nou eers al, my begroting laat nie meer toe nie

  11. #11
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    175
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post

    Ek sal jou nie oortuig om nie te jag nie maar dankie, jy kan dit maar vir jouself hou. Ouens, aangaande die fotografie, ek het net 'n klein Kodak digtale kamera en het nie die begroting vir daai groot goete met die lang lense nie.
    Manie Verster
    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oŽ om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

  12. #12
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,994
    Blog Entries
    6
    Hi Manie

    Net oordat jy 'n mik en druk digitale kamera het, beteken nie mens kan nie met hom goeie foto's neem nie, ek het al uitstekende foto's gesien met weggooi kameras, Ansel Adams, 'n welbekende fotograaf het iets gesÍ in die lyn van: "Die belangrikse deel van enige foto is die 12 duim agter die kamera".

    So, ek dink regtig ons moet kyk daarna dat ons bietjie riglyne gee oor fotografie, mens sal verbaas wees hoe gewone familie kiekies net soveel beter kan lyk deur net op 'n paar dinge te let tydens komposisie. So kan ons net almal by mekaar leer

  13. #13
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,877
    Ek probeer ook ook golf speel, speel klavier, kitaar.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  14. #14
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,726
    Houtwerk, muntversameling en draf. Hier staan ook 'n stel golfstokke wat my seun my laat koop het, maar dit kon ek net sowel gelos het. Die muntversameling is interessant en darem een van die stokperdjies waar mens weer minstens die geld wat jy spandeer het kan terugkry. Het ook 'n foto of twee hier op die fotograwe se draad maar ek sal my nou nie as 'n fotograaf uitgee nie. Het 'n Canon Rebel XT, 'n 18-55, 'n 70-300 en 'n 1.8 50 mm lens. Soek eintlik na die Sigma 28-300.

  15. #15
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,994
    Blog Entries
    6
    Ons moet 'n Lighuis golfdag hou Philip, ek tokkel ook die kitaar, maar ek moet erken, ek is lui wat dit aanbetref en moet meer moeite doen.

    David

    Daai 50mm 1.8, ek soek die Nikon weergawe, maar dalk die 1.4, dis nou as ek eendag weer geld het, ek het die bank gebreek noudie dag toe ek besluit het om vir my die Sigma 50-500 (Bigma) aan te skaf, lieflike lens, ek is oppad wildtuin se kant toe die week wat kom en sal hom hopelik daar goed kan inspan. Maar hoor hier, laat ek jou nou vertel, los die 28-300 en spaar eerder vir 2 jaar as jy ernstig wil raak oor mooi foto's, dan kyk jy of jy nie 'n Sigma 120-300 kan kry nie, wat 'n lens, jy sal hom so geniet, ek sal nie 2 keer dink as ek 'n geldjie het en een 2de hands vir 'n goeie prys sien rondlÍ Írens nie, dis vir my een van die beste Zoom lense op die mark, naas natuurlik nou die Nikon 200-400, maar wie kan daai ding bekostig.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •