Hallo Almal,
Ek wonder of ek dalk op hierdie draad julle mening kan kry?
Ek beplan om terug te keer SA toe. Is in 2002 weg, vir wat ek gedink het 'n jaar sou wees.
Sedertdien was ek 3 keer terug vir kort vakansies in die Tuin Roete area - oorspronklik van daar af.
Nou, ek oorweeg om na 'n ander area terug te keer. Drie areas wat ek oorweg is Durban en omliggende areas, Mpumalanga en Limpopo. Ek sal waarskynlik weer as onderwyser werk soek, en behoort redelik maklik 'n pos te kry. Dit is nie werklik my bekommernis nie. Die onderwys opsie sou wees om my voete weer te vind en die area beter te leer ken ens.
Die eintlike doelwit is om in die vervoer bedryf betrokke te raak. Al drie die areas wat ek hierbo genoem het, verstaan ek as geografies, goeie liggings, vir 'n potensiële vervoer bedryf.
Wat ek egter nie baie oor weet nie, is die veiligheid, kwailiteit van lewe, en bekostigbare verblyf. Ek sou enige raad en opinies wat julle het t.o.v. watter dorpe/stede/areas om te vermy of om sterk te oorweeg waardeer. Amper soos, as julle nou 'n skuif terug SA toe sou maak, waar sou jou julleself vestig, en hoekom?
Die idee is om oor so twee jaar 'n skuif terug te maak. Wat sou julle kon aanbeveel?
Hoor graag wat julle dink.
Groete
Paul



Reply With Quote


Bookmarks