Your Advert here
cure-real
Results 1 to 3 of 3

Thread: Het jy al jou huis weggegee? Doen dit!

  1. #1
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    600
    Blog Entries
    4

    Het jy al jou huis weggegee? Doen dit!

    Hierdie nou per e-pos gekry. Laat mens dink!!!



    n Man sit een aand rustig in sy gemakstoel in die sitkamer en koerant lees. Aandete was verby, die kinders was gebad en in die bed en sy vrou was elders in die huis besig.

    Die volgende oomblik is daar 'n klop aan die deur en toe hy oopmaak, staan Jesus voor hom. Hy was baie bly om Jesus te sien en nooi hom vriendelik in en vra hom om te sit. Terwyl hulle nog gesels, is daar weer 'n klop aan die deur. Die man maak die deur oop en voor hom staan die Duiwel. Die man sê toe dat hy Jesus as gas het en dat die Duiwel dadelik moet weggaan en met die maak hy die deur toe.

    Na 'n rukkie is daar weer 'n klop aan die deur. Weer staan die Duiwel voor die deur. Die man vra hom weer om weg te gaan maar die Duiwel probeer met mag die deur oopstoot om in te kom. Na 'n redelike gespook, kry die man dit reg om die deur toe te druk en hy kom sit weer.

    Skaars het hy gesit of daar is weer 'n geklop en weer is dit die Duiwel. Hierdie keer is hy en die man behoorlik in 'n stoeigeveg betrokke maar uiteindelik slaag die man tog daarin om die Duiwel te oorwin en die deur toe te druk.

    Gehawend, vol knoppe en skrape en uitasem val hy in sy stoel neer. "Jesus, ek verstaan dit nie. U sien hoe ek sukkel om die Duiwel uit die huis te hou, ek het gebid en gevra dat U my moet kom help en U sit net hier en doen niks!" laat die man verontwaardig hoor.

    "Maar ek is net 'n gas in jou huis. Dit sal mos nie goeie maniere wees as ek blatant sou inmeng wanneer jy gaste ontvang nie," antwoord Jesus kalm.

    Die man vertel toe vir Jesus dat hy baie las het van die Duiwel wat net altyd in sy huis wil inkom en dat hy al baie beserings opgedoen het in sy pogings om die Duiwel uit te hou. Dit was dan ook die rede waarom hy so ernstig gebid het dat Jesus tot sy redding moes kom. Hy wou toe by Jesus weet wat hy kan doen om hierdie aanslae permanent af te weer.

    "Dis baie maklik," antwoord Jesus. "Gee jou huis vir My!"

    Die man was baie verbaas en ontsteld. "En wat dan van my - en my vrou en my kinders? Waar moet ons dan heengaan?"

    "Nee, jy verstaan nie mooi nie," antwoord Jesus. "Ek het net gesê jy moet jou huis vir My gee. Ek het nie gesê dat julle moet weggaan nie. Al wat verander is dat Ek nou die nuwe eienaar van die huis word. Jy en jou gesin bly nogsteeds hier en gaan aan met julle lewens soos gewoonlik. Niks behalwe eienaarskap gaan verander nie!"

    Die man oordink die aanbod 'n rukkie en stem toe in.

    Met die is daar weer 'n klop aan die deur. Die man wil opstaan maar Jesus keer hom. "Nee, nee, onthou Ek is nou die Eienaar van die huis. Ek sal die deur oopmaak."

    Jesus maak toe die deur oop en voor Hom staan die Duiwel en 'n klomp van sy demone, gereed om met mag en geweld die huis binne te storm. Toe hulle Jesus sien, deins hulle terug.

    "Waar is die eienaar van die huis?" wil die Duiwel weet.

    "Jy praat met die nuwe Eienaar van hierdie huis. Van hierdie oomblik af is nie jy of een van jou demone hier welkom nie. Maak dat julle wegkom! Ek wil julle nooit weer hier sien nie!" Verward en hals-oor-kop is die spul toe daar weg en het nie weer probeer om daardie huis te beset nie! Daarvoor was die nuwe Eienaar net een te veel vir hulle!

    ________________________________________

    "Hy wat voor God kniel, kan voor enigeen staan"


    ________________________________________

    Ps 127:1 As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

  2. #2
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,697
    Francois, hierdie verhaal is al menigmaal in ons dienste gebruik. Dit is die probleem met die meeste van ons. Ons wil nog op die troon in ons huis sit en terselftertyd Jesus aan 'n halsband hou om so nou en dan vir Hom 'n been te gooi om Hom gelukkig te hou. Maar oooo wee, as die paw paw die fan strike, dan hardloop ons gou gou na Hom toe.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  3. #3
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    600
    Blog Entries
    4
    So waar Johnny. Ons stupid mense darm maar
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. As 'n 7 jarige dit kan doen.....
    By Ta-An in forum Alles en nog wat
    Replies: 0
    Last Post: Feb 8th 2009, 03:32 PM
  2. Was ek maar by die huis!
    By MercyChild in forum Ester se Koffiehuis
    Replies: 6
    Last Post: Jan 18th 2009, 08:43 PM
  3. Dit is wat ek doen
    By Ta-An in forum Ester se Koffiehuis
    Replies: 12
    Last Post: Oct 11th 2008, 07:24 PM
  4. Vertel: - Wat doen God vir jou?
    By CFJ in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 2
    Last Post: Aug 18th 2007, 07:35 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •