Ek lees in Roelof se Eindtyd Nuusflitse 'n bespreking van 'n kind wat uit die hemel terugkeer om te vertel van hoe dit daar is. Is dit Bybels? Wat maak ons dan met die volgende Skrif waar dit NIE toegelaat was in die Bybelse tyd nie....en ook NOOIT nie? Daar was al baie topverkopers op CUM boeke se rakke soos "Heaven is so Real" van Choo Thomas. Hulle verkoop "natuurlik" volgens hulle net "Skrifgefindeerde" publikasies.
Luk 16:22 En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham.
Luk 16:23 En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.
Luk 16:24 En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam.
Luk 16:25 Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte.
Luk 16:26 En by dit alles is daar tussen ons en julle ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie.
Luk 16:27 En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur—
Luk 16:28 want ek het vyf broers—om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie.
Luk 16:29 Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister.
Luk 16:30 Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer.
Luk 16:31 Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.![]()







Reply With Quote



Bookmarks