Dit is uit en uit regtig 'n saak wat mens met Vader alleen bespreek, maar ek sal kan help met ruglyne.
Dit hang af van watter vas mens doen.
Ek het al die Daniels vas gedoen. Probleem is ek offer nie veel op nie. Ek is gewoond om slegs groente te eet.
Die Ester Vas: 3 Dae. Vas waar niks ingeneem word nie. Ek drink gewoonlik slegs water as ek so vas.
Die eendag vas - Gewoonlik op 'n Maandag. Probeer hou by water of sap, maar het soms net opsie vir tee.
7 dae Vas - Geen voedsel ingeneem nie. Slegs water of Sap.
Die 40 dae vas is baie moeilik vir my. Ek is redelik aktief by die werk (loop so 5 - 12 km op 'n dag) so dit raak 'n probleem vir energie.
My ma is tans besig om 'n studie te doen oor wat met die liggaam gebeur tydens 'n vas. Een van die pasiente wat by hulle kom aanklop het, het sy lewensversekering verloor agv 'n vas wat hy besig mee was. Dit klink of mens se liggaam 'n groot skok kry as mens vas. Daar was bv bloed in sy urium, sy suiker was sky high gewees en als was deurmekaar gewees.
'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
[May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
[May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'
Bemidbar 6:24-26
[Numbers 6:24-26]
Bookmarks