Your Advert here
cure-real
Results 1 to 9 of 9

Thread: Beskerming

  1. #1

    Beskerming

    Hoe voel die Lighuis manne oor die rol van die man as beskermer van sy familie ? Hoe ver sal jy gaan, indien enigsns, om jou geliefdes te beskerm teen 'n persoon/persone wat hulle leed wil aandoen ? Het jou geloof 'n invloed op jou opinie rondom die saak ?

    Indien jy wel sterk daaroor voel doen jy enige voorbereiding om dit beter te kan vermag ? Vuurwapens ens ?

  2. #2
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Gauteng, South Africa
    Posts
    187
    Wel, vir my is dit 'n saak van geloof. Ek's nie gepla oor wapens, alarms of sulke dinge nie. Die Here het my al baie keer laat sien hoe hy my beskerm, wat my geloof baie goed gedoen het. Dit klink dalk heel indrukwekkend - maar ek onthou 'n keer toe ek 'n man op my sien afstorm het, met 'n masjiengeweer in sy hande, en oortuig was dat dit my laaste oomblik in hierdie lewe was. Sjoe, ek onthou nog hoe die trane teen my gesig afgeloop het, en ek bewend die Here gesmeek het om my in genade aan te neem. Wel, ek's nog hier om daarvan te vertel, en dit het my herinner, soos in psalm 23, dat selfs al loop ek deur die dal van doodskadu, dat ek geen onheil hoef te vrees nie. Daardie ondervinding het my verander, op 'n manier wat ek nie heeltemal kan verklaar nie.

  3. #3
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961
    Fila, jy weet klaar wat my antwoord is, maar om die gesprek nie eensydig te laat verloop nie, kan ek nie anders as om my siening te verwoord nie.

    My wegspringpunt is sekerlik my geloof en een van my gunsteling gedeeltes is:
    Maar Moses het aan die volk gesê: Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van die HERE wat Hy vandag vir julle sal bewerk; want soos julle die Egiptenaars vandag sien, sal julle hulle nie weer sien in ewigheid nie. Die HERE sal vir julle stry, en julle moet stil wees.
    (Exo 14:13-14)
    Hierdie gedeelte laat my telkens met 'n groot knop in die keel, maar dit hou nie 'n emosionele beroep op pasifisme vir my in nie. Onthou, later toe die volk die beloofde land moes in besit neem, het God nog heeltyd VIR hulle geveg, maar hulle moes ook IN GEHOORSAAMHEID hulle vyande die stryd aansê. Dan is hulle nog by tye oor die kole gehaal wanneer hulle hulle nie goed genoeg van hulle taak gekwyt het nie!

    Nog 'n gunsteling gedeelte is:
    Daarop neem hy sy staf in sy hand en soek vir hom uit die spruit vyf gladde klippe uit en steek dit in sy herderstas wat hy gehad het, naamlik in die slingersak; en met sy slinger in sy hand het hy nader gekom na die Filistyn. Ook die Filistyn het al nader en nader gekom na Dawid, en die skilddraer voor hom uit. Toe die Filistyn opkyk en Dawid sien, het hy hom verag, omdat hy ‘n seun was—rooierig, met ‘n mooi voorkoms. En die Filistyn vra vir Dawid: Is ek ‘n hond dat jy met stokke na my toe kom? En die Filistyn het Dawid vervloek by sy gode. Verder sê die Filistyn vir Dawid: Kom na my toe, dat ek jou vlees aan die voëls van die hemel en die diere van die veld kan gee. Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met ‘n swaard en met ‘n spies en met ‘n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die HERE van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het. (1Sa 17:40-45)
    Hoekom het Dawid 5 klippies opgetel? Ek dink hy het net redelike voorsorg getref. Het dit afbreuk gedoen aan die feit dat hy primêr vas gestaan het in geloof? Weereens, moenie 'n sentimentele pasifistiese teologie rondom hierdie gedeelte weef nie. Moenie uit die oog verloor dat dit maar net die eerste van vele gevegte was vir Dawid en hy het darem nie al sy vyande met net 'n slinger en staf aangedurf nie. Onthou, dit was ook hy wat gesê het:
    (18:35) Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms ‘n koperboog span.
    (Psa 18:34)
    En wat het Jesus self oor die onderwerp gesê?
    En Hy sê vir hulle: Toe Ek julle uitgestuur het sonder beurs en reissak en skoene, het julle iets kortgekom? En hulle antwoord: Niks nie. Toe sê Hy vir hulle: Maar nou, wie ‘n beurs het, laat hom dit neem en so ook die reissak; en wie dit nie het nie, moet sy kleed verkoop en ‘n swaard koop.
    (Luk 22:35-36)
    Daar is 'n tyd en 'n plek vir pasifisme, maar daar is ewenwel 'n tyd en 'n plek om 'n wapen op te neem. Gehoorsaamheid is om God toe te laat om voor te skryf wanneer dit tyd is vir watter.

    Ek hoor graag nog sieninge.

  4. #4
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Fila

    Jy weet waar ek staan aangaande wapens




    Hoe meer, hoe beter

  5. #5
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Fila

    Jy weet waar ek staan aangaande wapens




    Hoe meer, hoe beter
    Jaaa! Dan praat ons nou nie noodwendig net van vuurwapens nie, maar vertel ons bietjie: Jy ken seker iemand by lisensieëring?

  6. #6
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Moenie laat hulle jou vertel jy kan net 1 wapen besit nie. As jy voldoen aan alles wat hulle wil hê jy aan moet voldoen soos om bevoegdheid te hê en 'n lid van CHASA te wees, kan jy soveel wapens aankoop as wat jy kan regverdig. Met die klem op regverdig natuurlik

    So, kom ons sê jy het 'n pistool en wil nog 'n rollie koop. Maklik, regverig hom vir jagdoeleindes, daar is baie wat revolver jag. Het jy reeds sê 'n .22, 'n 300 kaliber geweer en 'n haelgeweer en iets grooters en jy soek byvoorbeeld 'n .223 of .243, begin deelneem aan skietkompetisies, dan kan jy daai .223 maklik regverdig. Sorg net dat jy in alles voldoen aan hulle vereistes en jy sal geen nodigheid hê om te kla nie. Al wat my tans terughou is fondse

  7. #7
    Ek kom nou net van die geweerwinkel af, wil vir vroutjie 'n skietyster aanskaf, vir my 'n geweer, en ek moet een van my pa se gewere oorneem. Ek sien hier is 'n berg admin werk wat vir my voorlê om al die goete gedoen te kry .........

  8. #8
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961
    'n Youtube oor vuurwapen beheer in Brittanje: http://www.youtube.com/watch?v=TkS2BRoCd2I
    Sjoe, mens weet nie of jy dit onder Eindtye moet plaas of hier nie. Sulke dinge laat my hare rys en laat my dink die einde is baie naby.

  9. #9
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Hoe voel die Lighuis manne oor die rol van die man as beskermer van sy familie ? Hoe ver sal jy gaan, indien enigsns, om jou geliefdes te beskerm teen 'n persoon/persone wat hulle leed wil aandoen ? Het jou geloof 'n invloed op jou opinie rondom die saak ?

    Indien jy wel sterk daaroor voel doen jy enige voorbereiding om dit beter te kan vermag ? Vuurwapens ens ?
    In een van my vorige plasings het ek genoem dat ‘n mens se beskerming primêr by God begin. Die vraag is: waar eindig God se deel en waar begin my deel? Nee, hierdie is nie ‘n uitverkiesingsleer draad nie; ek voel sommer net vandag filosôôôfies.

    Wanneer is ek besig om in gehoorsaamheid aan God voorsorg vir my veiligheid te tref en wanneer is ek besig om in ongeloof op my eie sterkte te vertrou?
    Kom ons dink aan ‘n motorkar. Ek versien my motor gereeld en sorg dat die bande darem nie te erg afgeloop is nie. So, daar ís ‘n deel wat ek sélf moet doen. Dit is bloot logies. Ek kan tog nie fatalisties my skouers optrek en sê God sal sorg, terwyl ek weet die bande is glad nie. Of nog ene: moet ‘n gelowige versekering uitneem? My gevoel is, ek wil graag die volgende gedeelte hier van toepassing maak:
    Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.
    (Mat 4:7)
    Vir my is dit maklik om oor boord te gaan. Uit my vorige plasing sou julle kon aflei dat ek hóú van speelgoetertjies en ek het nog nooit daardie grootoog skoolseun bewondering verloor vir enige iets ‘army’-rig of ‘cowboy & crooks’-erig nie. Waar stop ‘common sence’ en waar beginne mens obsessief raak?
    Ek kan maar net glo dat as mens die Bybel in sy geheel bestudeer en eerlikwaar luister na die leiding van die Heilige Gees, dan sal mens wéét. Miskien nie op die ingewing van die oomblik nie, maar weldrae sal mens agterkom jy is besig met nonsies al dan nie.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •