Your Advert here
cure-real
Results 1 to 4 of 4

Thread: Raad benodig

  1. #1
    Join Date
    May 2009
    Location
    Boksburg
    Posts
    105

    Raad benodig

    Ons Gemeente het 'n maandelikse aksie waar ons so 40 tot 50 kinders gaan oplaai wat basies in wit plakkerskampe woon, dan gee ons vir hulle 'n kerkdiens en daarna verdeel ons hulle in kleiner groepies en doen bietjie geestelike werk met hulle, en dan daarna speel hulle speletjies...ons maak ook seker ons gee vir hulle kos en drinkgoed, en partykeer gee ons vir hulle klere ook wat geskenk is.

    Ek het gevolunteer om hierdie Saterdag die eerste keer my eie groepie besig te hou...maar het nie lekker 'n idee wat ek met hulle gaan doen nie, ons praat van so 45 minute...enige idees?

  2. #2
    Hallo LS,
    Watter ouderdomme is jou groepie ?

    Ek weet byvoorbeeld dat van die outjies nie groot op higiëne is nie, dalk vir elkeen 'n tandeborsel/tandepasta kry en 'n ietsie sê oor die voordele daarvan om skoon te wees, beginende met 'n skoon mondjie ?

  3. #3
    Join Date
    Feb 2009
    Location
    Edenvale
    Posts
    60
    Haai LS,

    Fila het 'n goeie idee daar beet. En jy kan dit altyd omswaai na 'n Jesus boodskap.
    (Onthou net dat as een kry moet almal kry - jy kan nie net vir jou 10 kindertjies gee nie.)

    Ons het al uitreike gedoen vir kampe van so 100 kinders.

    Praat met die persoon wat die hoof boodsakap doen en probeer by sy boodskap aanvul.
    Of breek weg en doen jou eie ding. Op aanvulling van Fila se idee. Vertel hulle van die higiene ens en miskien eindig eerder by die mondjie.
    Eindig met iets soos tandepaste help ook julle asems lekker ruik... en dan gaan in die tweede aktiwiteit....

    Vra hulle of hulle geweet het Jesus gee jou asem? En dat ons dit kan gebruik om te sing ens. Vra dan of hulle geweet het hulle kan prentjies met hul asem maak.
    (Gee elke kind 'n wit papier en 'n strooitjie, met 'n druppertjie drup 'n drupple kleursel op die papier en met die strooitjie blaas hulle dit alle kante toe. Vat dan 'n ander kleur en doen die selfde en dan 'n derder kleur.) Dit maak oulike prente wat hulle dan huis toe kan vat.









    Hoop dit help. Daar is baie idees as jy 'n tema het kan ons in daardie rigting dink.

    Groete Mari

  4. #4
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,536
    Blog Entries
    10
    Wat miskien ook kan pas by die mond/higiene is: woorde wat daar uitkom, en dat woorde om mense mee te seën, en vloekwoorde nie by dieselfde mond mag uitkom nie.... en net soos die tandepasta die mond skoon maak, maak Jesus jou hartjie skoon....

    En wys dan hoe elkeen sy tande moet borsel met die tandepasta en tande borsel.... kan pret wees ....

    Tandbederf is al geteken met mannetjies met hamers en bytels wat tande afbreek,,, net so breek sonde (vloek, lieg, skinder) mens se hart af....
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Terug SA toe - Raad nodig
    By Paul Pienaar in forum Adam en sy maters
    Replies: 5
    Last Post: May 29th 2011, 05:15 PM
  2. Ek het raad nodig
    By Mia Ashton in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 15
    Last Post: Sep 4th 2009, 05:33 PM
  3. Hulp benodig
    By lukeskywalker in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 2
    Last Post: Jul 1st 2009, 05:12 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •