Your Advert here
cure-real
Page 2 of 3 FirstFirst 123 LastLast
Results 16 to 30 of 41

Thread: Die lewe en werk op Funny Farm

  1. #16
    Join Date
    May 2009
    Location
    Hillcrest KZN
    Posts
    146
    Baie dankie Protea vir jou mooi kompliment.
    Ek het nie die program gesien waarvan jy praat nie, maar ek kan getuig van die wonderlike waarde wat perdry-terapie op gestremdes het. Saterdae kom hier altyd mense wat hulle kinders bring vir terapie. Dit sluit kinders in met autisme, baie swaksiende, baie spasties en uiters breingestremd. Die jongste is 'n dogtertjie van 1 jaar oud. Sy het wynig sig en is uiters moeilik en huilerig. Wil niks van die perd weet nie, totdat die perd begin loop. Voor jou oe kan jy sien hoe die kind ontspan, ophou huil en begin glimlag. Dit is werklik verbasend. Die kinders ry ook op die perd deur 'n donker tonnel met ligte wat flits. Dit stimuleer blykbaar die oogsenuwees en kan sig verbeter. Ek is nie so op hoogte met presies al die mediese feite nie, maar ek kan getuig dat dit ook die kinders help met balans en natuurlik ontspan. Ekself het al bietjie gery en moet se na 'n uiters vermoeiende dag is dit wonderlik om net te sit en jou oortegee aan die ritme van die perd se stap. As dit dan ook nog in 'n mooi omgewing is, dan is die bonus dubbel. Ek voel mos altyd so naby aan onse Skepper so in Sy mooi skepping.

    Ons gaan binne 'n week of wat met ons jaarlikse vakansie. Eintlik is dit al meer as 'n jaar gelede dat ons regtig 'n breek gehad het. Ek kannie meer wag nie. Kaap, hier kom ek. Moet se ons het dit bitter nodig. 'n Vreemde perd hier op die plaas het ons klein Maltese brakkie (Klaradyn) in die gesig geskop en sy het in die hospitaal beland. Die dag wat ek haar kon gaan haal, breek ons motor ook nog. Ek loop toe so ewe die hospitaal uit met die verkeerde hond. Kon nie verstaan hoekom is my Klaradyn so styf teenoor my nie. Besef darem voor ek te ver gery het, dit is die verkeerde hond. Die een was 'n manhond en ek het 'n vrouhond. Die veearts lag nounog vir my. Moenie julle ooknog lag nie hoor.

    Hier is nog 'n paar foto's.
    1. Moeder Maria (Rosie) Hoofengel (Tessa) en twee engeltjies. (Catie en Talente)
    2. Deel van die gehoor met my beligtingsman bo-op die leer. (Ons was baie professioneel hoor!)
    3. Ouma se hart-se-punt. Drean, my kleinseun wat sy ouma kom help het. Hy was een van Herodes se raadgewers.
    4. Skaapwagters, wyse manne en al die ander.
    5. My twee klein engeltjies.

    Hoop julle geniet dit en raak nie verveeld nie.
    Liefde
    Mia
    Attached Images Attached Images

  2. #17
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Nooit sal ons verveeld raak nie! Die laaste 2 engeltjies is te pragtig en lyk nie naastenby gestremd nie. Wie is hulle?

    Ek hoop julle kom uitgerus weer terug van die mooiste Kaap! Na watter deel in die Kaap kom julle? Want die Kaap is so effens groot....

  3. #18
    Join Date
    May 2009
    Location
    Hillcrest KZN
    Posts
    146
    Nouja, hier is ons alweer terug na 'n volle maand se vakansie in die mooiste Kaap. Dit is al twee weke dat ons terug is en met die intrap toe onder al die werksaamhede. Voel ek kort 'n vakansie.

    Ons het heerlik gerus, rondgery, Tafelberg verken en vir my kleinseun gewys, movies gekyk, Stormsrivier gaan verken (was bang my man wil my daar gaan afgooi) het oor die hangbrug geloop en my opnuut verwonder aan die skoonheid en natuurprag van ons land en die wonder van die skepping. Ons het in Durbanville by Pat se niggie gebly en het ons nie nodig gehad om verblyf te betaal nie, maar die Kaap is bitter ver van Hillcrest af en ons het gery en gery en gery!!!!!!!

    Oppad van Stormsrivier het ons oornag in Hartenbos en daarna is ons na Hermanus. Voordat ons by Hermanus kom, het ek 'n uitdraaipad gesien Bredasdorp en ek was so jammer dat ek nie geweet het waar jy bly nie Protea, anders het ek by jou kom koffie drink en beskuit eet. Ek belowe volgende keer ry ons nie weer verby nie.

    Dit gaan dol op Funny Farm. Ons het sopas ons groot houthuis met nege kamers voltooi en die mense het begin intrek. Ons is nou altesame 47 siele op die plaas waarvan oor die 30 gestremdes is. Vandat ons terug is, het ons 9 nuwe mense ingeneem. Ag, ek kan maar net vir julle se dat ek dink party mense dra swaar aan hulle kruise. Hierdie kinders is so gestrem: die een outjie het Williams Syndrome, hy kannie praat of self eet of niks vir homself doen nie. Hy maak net geluide en glimlag die hele dag. Hy dra doeke en ek moes vir hom 'n nuwe 'carer' aanstel. Ek het vanaand bietjie by hulle in die sitkamer gesit en TV kyk en hy het styf teen my kom sit en my hand houvas. Hy is 19 jaar oud. Die ander meisie wat gekom het vir 'n onderhoud is 25 jaar oud en het Aspergers sindroom - dit is verwant aan 'n sekere mate van autisme. Wanneer jy die eerste keer met haar praat kom sy vreeslik ongeskik en voor op die wa voor, totdat jy besef dat hierdie arme mens het haar hele lewe verwerping ervaar, juis as gevolg van haar toestand. Blykbaar is dit 'n siekte wat moeilik gediagnoseer word en baie keer is dit dan op 'n baie laat staduim van so 'n persoon se lewe. Die gevolg is dat haar onaanvaarbare gedrag haar ongewild maak en sy nerens aanvaar word en reg van die begin tree sy aanvallend op. Wel vriende, julle moet maar solank vir my begin bidde ............ want ek en ons voorsitter wat die keuring doen het besluit sy is 'n uitdaging en het haar aanvaar. Sy kom hierdie naweek vir 'n proef tydperk hier bly. Haar ouers se groot probleem is dat hulle 'n B&B bestuur het, en die het nou toegemaak, so hulle sit sonder 'n inkomste en gaan in 'n karavaan bly. Waarmee hulle haar verblyf by ons gaan betaal is deur en deur 'n geloofsaak. Bid ook vir hulle asb.

    My hart is net baie seer want een van die stupid honde hier op die plaas het my gansie wat ek met die hand grootgemaak het, doodgebyt. Haar maat kom slaap elke aand voor my kamervenster en ek hoor hoe roep hy na haar in die nag. Ek kry hom so jammer en wens ek kan weer vir hom 'n maatjie kry. Die twee ganse het my orals op die plaas gevolg soos twee hondjies en het uit my hand ge-eet.

    Kan ek ook net weereens vra dat julle sal help bid vir my kind wat nog steeds gebuk gaan onder geweldige finansieele druk. Ek het nounet met haar op die foon gepraat en haar geloof bly so sterk, maar ek kan die tamheid in haar stem hoor. Haar versoek was dan ook dat almal wat kan bid tog asb. moet help bid, sy gaan more twee nuwe kliente sien en dit is groot ouens in die sake-wereld.

    Dankie dat ek altyd vir julle kan vra.
    Lief vir julle met baie plaasgroete en laat weet as julle wil kom kuier. Ek het nie vergeet daar was 'n paar ouens wat sulke beloftes gemaak het ........ soos hulle gaan eerste in die dam spring. Wie was dit nou-weer????????????
    Mia

  4. #19
    Quote Originally Posted by Mia Ashton View Post
    ..Lief vir julle met baie plaasgroete en laat weet as julle wil kom kuier. Ek het nie vergeet daar was 'n paar ouens wat sulke beloftes gemaak het ........ soos hulle gaan eerste in die dam spring. Wie was dit nou-weer????????????
    Mia
    Mia ! Dit is altyd goed om van jou te hoor, ek (ons) bid dat al die nuwe dinge en mense op die plaas sal verloop soos die Here wil...... en ja, dit was ek wat in daai dam gaan kom spring, het nog nie vergeet daarvan nie !

  5. #20
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,804
    Met gisteraand se biduur het ons ook verneem van afdankings van broers en susters in ons gemeente by hulle werk. By my werk is hulle besig met "retrenchments". Uit die 700 wat hier werk moet 187 loop. Weet nognie wie nie. Een ding kan ons weet. As kind van die Here sal Hy vir Sy kinders sord en voorsien. Uit menslike oogpunt weet ons nie hoe nie!

    Lukas 10:35 En toe hy die volgende m๔re weggaan, haal hy twee pennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en s๊ vir hom: Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag h๊, sal ek jou betaal as ek terugkom.

    BARNES: E-Sword
    Two pence - About 27 cents, or 1 shilling, 2d. This may seem a small sum, but we are to remember that that sum was probably ten times as valuable then as now - that is, that it would purchase ten times as much food and the common necessaries of life as the same sum would now. Besides, it is probable that all the man wanted was “attention” and kindness, and for all these it was the purpose of the Samaritan to pay when he returned.

    Jesus is ons "barmhartige samaritaan" as ek dit so kan stel. Dit word vermoed dat die arme man wat gehelp is 'n Jood was.

    The host - The innkeeper.

    Ons "host".....ons "innkeeper" is ons Vader in die hemel! Hy sal nie dat jy honger gaan slaap as jy aan Hom behoort nie. Hy het NOOIT rykdom belowe nie, 'n gemaklike lewe ens, ens, belowe hier op aarde nie, maar daar is 'n blyplek in die hemel waar diewe....mot en roes nie kan inkom nie. 'n Ewige tuiste!

    Matteus 4:2 En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword.

    Hy weet wat dit is om honger en dors te wees.
    ".......and go into the land of Israel:" (Matthew 2:20)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  6. #21
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1
    Hallo Mia ...

    Ja, aspergers is 'n vorm van "high functioning autism " .... die mensies kan kommunikeer maar is sosiaal heel deurmekaar en dit kan 'n uitdaging wees om met hulle saam te leef...... Hulle lyk en tree oenskynlik "normaal" op, maar met swak "social skills" ..... wat hulle se en bedoel kom ook uit verskillende woordeboeke !? ........... en heelwat daarvan gaan heeltemal ongediagnoseerd en word afgemaak as iemand onbeskof ......

    die beste wat julle kan doen is om tyd saam met haar te spandeer en haar te leer ken - sy sal een ding se / doen en iets heel anders bedoel ....... sy mag jou dalk wegdruk as sy eintlik toenadering soek ens ...... met tyd sal jy haar "bodylanguage" leer ken en rustiger wees, wetende sy verwerp jou nie, maar weet net nie hoe om reg te reageer nie .....

    .... hulle is ook sensitief vir die omgewing en hanteer verandering maar met 'n gesukkel, maar as jy van die begin af dinge reg aanpak, het jy later beter resultate ...... maak seker sy het iewers 'n plekkie waarheen sy kan "onttrek" as dinge bietjie woelig raak en moenie kwaad raak as sy 'n sekere stoel of hoekie tot haarself toeeien nie - dit is nie selfsug nie, maar 'n behoefte aan sekuriteit.... 'n bietjie compromise sal net help in die langeduur......

    Onthou die goue reel met autisme : COOSE YOUR BATTLES ....... werk aan een ding op 'n slag wat onaanvaarbaar is en help haar reg met baie gedult .... en moenie haar uitbarstings peroonlik opneem nie ......

    anyways ..... daar is baie info daaroor op die web, maar soos altyd met autisme, is elkeen daarmee uniek ...... en die Vader sal julle bystaan om haar te help..... wees net altyd sensitief vir die Gees om haar optrede te interpreteer en julle het 'n suksesstorie op hande ! ....

    ek sal graag wil hoor hoe dit met haar gaan ...

    en ek sal onthou dat jy hier op my voorstoep verby is en nie eers kom hallo se nie !!! ......

    groetnis
    m
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  7. #22
    Join Date
    May 2009
    Location
    Hillcrest KZN
    Posts
    146
    Mari
    Baie dankie vir jou baie goeie raad. Ek gaan dit lees en nogmaals lees en onthou wat jy se. Alles wat jy se maak sin, dit verklaar haar vreemde gedrag en tog die gevoel wat ek diep binne my het dat daar iemand anders wegkruip onder die oeinskeinlike onbeskofte houding. Jou raad kom so betyds, sy kom more vir die naweek as 'n proef.

    Ek besef nou-eers waar jy bly, volgende keer maak ek seker dat ek julle adresse het en dan kom ek kuier. Sorry man, ek wag net eers dat Protea en Fila kom kuier, hulle gaan hier kom kamp .......... kan jy dink hoe lekker dit gaan wees. Hier is so baie werk, ek sal moet mooi dink wat kan ek die kuiergaste eerste gee om te doen. Hoenderhok bou of veggietuin vergroot of ........................(ek soek die smilies, waar is hulle??)
    Liefde
    Mia

  8. #23
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Hallo Mia,
    Welkom terug! Ons hoop julle het julle vakansie terdee geniet! Was naderhand net bang julle het ge-emigreer sonder om totsiens te se....

    Nou as jy weer by die Bredasdorp bordjie verby ry ne, dan draai jy suid en hou verby oom Charlie se stukkende windpomp , hou tog maar stadig by tant Mart se ganse verby , sy is tog SOOO heilig op hulle. Volgende voor jou in die pad sien jy n bord waarop staan Agulhas vuurtoring ,maar pasop , die volstruise in die kamp net langsaan dink die pad en die vuurtoring behoort aan hulle. Hulle het voorwaar n 'attitude' op hulle, so kyk maar syyyyyntoe as jy daar verby toer. As jy ommie berg gery het , dan weet jy jy is nou naby en dan bel jy my sodat ek die ketel kan aanskakel....... Kyk, toe nonsense praat uitgedeel is , het ek nogal nie agter innie ry gestaan nie.......

    Ernstiger nou : Mari , jy is die ideale persoon om vir Mia raad te gee oor die hantering van persone met enige graad van outisme en jy praat werklik met gesag omdat jy WEET waarvan jy praat. En vir ons lesers is dit net so interessant.

    Mia , ons bid vir jou dogter se finansiele voorsiening. Ons Vader is die Meester Voorsiener en ons GLO Hy sal tot haar hulp kom!

    Groetnis.

  9. #24
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1
    ja julle .... vra maar vir baas Ferdie.... net so annerkant die pienk olifant ... daar sal julle die baaaiks kry ....... en hier's altyd koffie ........

    Protea ..... ek sien dit wat ek beleef met my seunskind en sy maats by die skool as iets van die Vader wat Hy in Sy Wysheid oor my pad gebring het met 'n rede .... my redes vir rejoice is soms soveel meer as ander ! .... elke dag is voorwaar genade .... bediening is nie altyd teologies nie, maar heelpaty keer erg tires-inne-modder prakties ..... ons kan soveel van mekaar leer ..... deur te gesels met Mia kan ek nou weer iets nuuts leer oor ander se gesukkel .....

    ons gesels nou heelwat in pm's maar as julle wil he ons moet van die inligting hier iewers plak, se maar so ..... iewers het ek 'n draad van die leef met gestremdes...... sal dalk ietsie daar gooi .....

    groete
    m
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  10. #25
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Mari, ek pleit skuldig. Ek was die ander dag in George maar die liewe tyd het hopeloos te vinnig opgeraak ek dit was in my beplanning om die baaik winkel te gaan soek..... Sal kom tee drink as ek weer daar verby ry, bloooo.... Sallie pienk olifant gaan soek.....

    Sit ASB jou en Mia se gesprekke op daardie 'draad oor gestremdes'. Ek stel net so belang in die hantering van sulke kinders/volwassenes.

    Mari, jou bediening is gesentreer om jou seuntjie en sy vriende en al hulle behoeftes en aktiwiteite en die moets en moenies in hulle hantering. Almal van ons het sy of haar eie unieke bediening en dis n wonderlike wete om 'slap-dash-bang' innie mirrel van God se wil vir jou lewe te wees. DAAR voel jy tuis en het jy die vrede van ons Vader. En daar is jy gelukkig. Uit jou skrywes het ons n gelukkige mens leer ken wat weet sy is op die regte plek op die regte tyd. Watter unieke bediening het jy nie!

    EK het so baie vir die Here gevra: Here , wat kan ek vir U doen en toe antwoord ons Vader : WEES net wat My wil vir jou is. Jy en Mia het albei sulke unieke bedieninge wat ons lewens verryk as ons daarvan lees. Want julle het BAIE genade en kalmte en vrede nodig vir julle werk nodig. Wat ons Vader mildelik aan julle gee as julle daarom vra. Mia en Mari, keep us posted! Ons lees graag en bid saam .
    Liefde
    Protea

  11. #26
    Join Date
    May 2009
    Location
    Hillcrest KZN
    Posts
    146
    Ai Protea, baie dankie vir jou mooi woorde en die versekering van gebed. Ek is werklik vanaand so moeg dat my voete sleep. Die naweek is verby en dit was moeilik en ook vandag was in vele opsigte 'n regte blou Maandag. Tog wil ek gou bietjie by julle kuier en vertel van die naweek se gebeure.

    Shelly het Vrydagmiddag laat hier geariveer en dit het nie te sleg gegaan nie. Sy was rustig en tevrede met alles. Ook Saterdag het dinge belowend gelyk en ek het tyd gemaak om met haar te sit en gesels. Sy het nie baie gehou van die reels van die huis nie en wou haar eie ding doen. Alleen gaan draf, gaan perdry, met haar vriend gaan baaik ry en elke keer moes ek volledig verduidelik hoekom sy nie kan nie. Dit is net nie veilig nie. Sondagoggend is ek met 'n klomp van my kinders kerktoe. Sy het haar kans goed waargeneem en onmiddellik van die ander opgekommandeer om vir haar 'n perd op te saal en weg is sy.

    Terug van die kerk moes ek 'n soektog op tousit na haar. Sy het lang stories gehad hoekom sy dit gedoen het en gese sy vind dit moeilik met al die reels, maar sy sou graag op die plaas wil kom bly. Ek worstel regtig binne in my met die vraag of ons plaas die regte plek is vir haar. Dit gaan bitter moeilik wees om haar gedurig op te pas. Ek wil hierdie mense so graag help, maar tog dink ek dit is belangrik om ook aan die ander mense te dink en miskien ook aan myself. (Mari, gee asb. jou mening.) Ek sit met 10 tot 15 verskillende gevalle. Elkeen het sy eie geite en giere. Een man wou vandag niks weet van stort nie. Dit het my byna 'n uur gekos om hom sover te kry om te gaan stort. Hierna het daar weer 'n geveg uitgebreek in die eetsaal omdat een van die nuwe intrekkers die kanaal op die TV verander het, en een van die oues nie hiervan gehou het nie.

    Hierdie mense, veral die mans en hier is meestal mans, is so sterk soos beeste. Hulle kan 'n sak sement oplig sonder om 'n oog te trek - so as twee begin baklei, kry ek skoon 'n angsaanval.

    Sorry as ek vanaand bietjie klaerig is, is net bietjie moeg en soek net simpatie by julle. More sien ek weer vir die klomp kans en sleep die wat nie wil bad nie sommer self onder die stort in. Daarvoor is hulle baie bang.

    Dit is altyd 'n inspirasie om hulle in die kerk te sien. Hulle sing met soveel oorgawe en wil net altyd bly vir tee.

    Ek gesels weer more met julle, nou eers bietjie slaap.
    Mooi bly
    Mia

  12. #27
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Shelley


    Hallo Mia, by ons kan jy ALTYD jou hart oopmaak. ORE ( liewers oge!) is hier volop! Almal van ons kry maar ons dae wat ons teen ses-uur die aand vra: Kan my dag nou maar eindig??

    Wat Shelley betref: Om jouself en al die inwoners in ag te neem , moet ALMAL by die reels hou. Een wat die reels skeef trek , trek die hele wa skeef en almal moet daaronder ly op die ou end. Selfs jy ook wat die vermeerdering van spanning betref. So , as sy nie by die reels wil hou nie, dan kan julle haar nie akomodeer nie. Klink ek nou baie wreed? Sy klink vir my intelligent genoeg om net te wag dat jy GOED uit die pad is voor sy haar eie ding doen. Sy weet mos jy gaan nie binne n uur terug wees nie , so hier is my kans nou!

    Ek giggel nou oor die ouens wat nie wil stort nie. (Ek is oortuig daarvan dis nie vir jou snaaks nie!) Dis so tipies klein kindertjies.... en ek is seker jy kry nog met BAIE sulke klein-kinnertjie-gedrag te doen by julle sentrum! Maar dat dit sy tol eis op julle energie is n feit soos n koei.

    Ek hoop jou week verloop beter as die begin!

    Liefde
    Protea

  13. #28
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1
    Hallo Mia ...

    Baie aan julle gedink die naweek ..... sorrie ek kom nou eers terug, my laptop het 'n ruk gelede die gees gegaf ( danksy kleinman se ywerigge spelery ) en die werk PC moet nou vir eers doen, so net online in wekure - en ons het maandag geawol om net bietjie rus in te kry ......


    ..... dit klink my julle Shelly is 'n handvol ..... asperger mensies kan gewoonlik nie by reels hou nie en kan net met tonne geduld in lyn gekry word ....... elke reel en rede daarvoor en navolge as dit nie gevolg word nie moet stukkie vir stukkie verduidelik word.... meer as een keer ..... sy klink na 'n baie intellegente persoon en dit kan dan nogal moeilik wees ....

    Mia, sy klink redelik onafhanklik en julle moet mooi dink of sy werklik julle sorg nodig het .... dit gaan moeilik wees, maar nie onmoontlik nie ....... julle moet tot haar deurdring dat julle haar beste sorg wil gee en sy nie kan maak soos sy wil nie ....... julle moet haar goed bewus maak van die ander se probleme en as sy nie kan saamwerk nie, bedink die ding goed ...... dit mag dalk help om haar sekere verantwoordelikhede, veral iets wat met roetiene te doen het, te gee .... onthou, hul grootste probleem is juis beheer ...... sy sal reels probeer breek om te bewys sy is in beheer van haar eie "space" .... maak haar bewus daarvan dat dit juis selfbeheersing kos om ander in ag te neem en by reels te hou wat almal veilg laat voel .......

    ... natuurlik is gebed en oop ore die beste uitweg .... onthou, die Vader gee jou nooit meer as wat jy kan hanteer nie, Hy ken jou perke, en Hy ken haar behoeftes en het die beste vir almal in gedagte ........ as sy moet bly, sal jy wysheid deur die Gees kry ........ as sy nie kan bly nie, sal die Vader op 'n ander manier voorsien en kan julle die ondervinding as 'n leerproses aanvaar ......

    groete en sterkte

    m
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  14. #29
    Join Date
    May 2009
    Location
    Hillcrest KZN
    Posts
    146
    Hallo almal
    Vlieg die tyd by julle ook so vinnig verby soos hier op F.F. Dis amper 'n maand gelede dat ek met julle gesels het, ten spyte van my goeie voornemens elke aand dat ek bietjie by julle gaan kuier. Nouja, vanaand gaan ek kuier. Wie het beskuit en koffie, of nee wag ek sal Milo neem want dit laat my slaap en dit raak nou koud hier by ons in die aande. In die dag is dit heerlik warm, maar die aande en oggende is koud en as manlief vir my tee bring dan druk hy die kombers so om my vas en se ek moet nog bietjie le, want dit is koud. Hy weet van dag een af........ ek staan nie op voor ek nie my tee gekry het nie.

    Nouja en toe gaan staan en steek ek my kop in die bye-nes en neem vir Shelley weer terug vir nog 'n week proef. Somtyds dink ek dit is ek wat op proef is................. Daar is iewers iets in my wat nie wil 'opgee' vir die kind nie. Sy maak my kwater as kwaad, tog is ek diep binne meer jammer en lief vir haar as kwaad. Sy is nou drie dae hier en dit het nie te sleg gegaan nie. Gladnie maklik, maar ek het gedink en het haar vertroue gewen en dat sy min of meer by my reels sal hou................... tot vandag. Die omgewing waar F.F. is, is afgesonder en daar is 'n baie streng reel dat nie een van ons 'kinders' alleen mag gaan draf of rondloop nie. Hier was al gevalle van verkragting, gelukkig nie van ons mensies nie. So vandag besluit juffrou die oomblik wat ek besluit ek gaan vir 'n halfuur bietjie rus, sy gaan draf............... ten spyte van my uitdruklike nee. My man was gelukkig op pad terug van Hillcrest af en kry haar draf op die GROOTPAD. Sy se toe vir hom ek gaan 'uitfreek'. Ek het ook.
    Ons plaas is groot en hier is genoeg spasie waar sy kan hardloop en van haar energie ontslae raak maar dit was glo nie groot genoeg vir haar nie. Ek moes tog ook in my hart vir haar lag, want sy het 'earplugs' in. Ek se: Shelley haal uit daai goed in jou ore, ek wil met jou praat!
    Nee, mamma Mia, ek is bang om te hoor hoe jy op my gaan skree, my ore is baie sensitief. Ai tog, ek het maar weer reg van die begin af verduidelik waarom ons reels het en wat en waar en hoekom. Mari, help asb. Sy se sy was op antidepressante, maar dit het nie gehelp nie, en sy het net opgehou om dit te drink. Haar rede vir die lang hardloop was dat sy depressief gevoel het en net oefening help daarvoor. Op my vraag hoekom sy nie die werk wat ek haar gegee het gedoen het nie, beweer sy dit is nie genoeg oefening vir haar bene nie. Sy beweer sy het Ritelin gebruik en dit het haar baie gehelp, maar haar ouers was teen dit. Ek het hulle vanaand geskakel en hulle is nou bereid om enige medikasie wat haar kan help, vir haar te kry. Kan jy vir my se wat dink jy van medikasie vir aspergers? Sy is meeste van die tyd so gelukkig op die plaas, dit sal my hart breek om haar te moet laat gaan. Hierdie is een van die laaste plekke waar sy nie opgesluit is, maar tog beskerming en vryheid tot 'n groot mate het. Ek voel so totaal ontoereikend, en tog weet ek ek kannie haar nou laat gaan nie.......................... Weereens, sal julle bid? Ek kan haar nie nou verstoot nie. Haar woorde aan my was dat sy vir die eerste keer in jare gelukkig is en voel sy is tussen mense wat haar aanvaar en nie verstoot nie. Sy het ook gevra of ek haar kan leer om te skilder.

    More kom ons laaste inwoner, dan is ons tjok en blok vol. Ons is ook besig om ons kombuis en eetkamer te restoreer. Die brekery en bouery is vreeslik.....................net stof waar jy kyk. Vir die kinders is dit heerlik, hulle eet meestal buite of op die stoep en dan braai ons ook baie. Vir hulle is dit soos piekniek. O ja, amper vergeet ek, ons gaan op TV wees. 50/50 het 'n insetsel vir hulle program hier kom doen. Hoofsaaklik van die perde en die inpak van die terapie op die gestremde mense. Ons lag so, want Shelley het 'n hele halfuur onderhoud met hulle gehad, tog weet sy niks van die terapie, maar sy het baie goed gevoel. Ek sal julle laat weet wanneer die uitsending sal wees.

    Mooi bly almal tot ons weer gesels.
    Liefde
    Mia

  15. #30
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1
    Liewe Mia ... julle is gessend ( en sien vir baie kans ! ) ......

    baie aan julle gedink die laaste tyd, veral gebid dat wysheid julle sal omvou ....

    medikasie is nie iets om mee te speel nie, en sy kan nie self besluit sy los nou pille nie - antidepresante het 'n detox tyd nodig en jy kan dit nie sommer net los nie !!! ....... dit is uiters belangrik dat sy medise hulp met kennis van aspergers kry en onder opservasie enige medikasie gebruik ...... daar is baie ander middels, sagter en meer natuurlik as Rittelin, wat wel vir die mensies kan help .... dit sal ook beter wees as iemand haar medikasie elke dag gee, pleks van dit aan haar oorlaat, want die " beheer" storie kan in die pad kom - soos julle sien met die anti dep's ....... dit sal ook goed wees as sy in aanraking kom met 'n dieetkundige met kennis van die toestand, want seker aanvullings of spesiale dieete kan amper meer ten goede doen as chemiese middels ........ medikasie onder die regte toesig, kan 'n groot voordeel vir hierdie mensies wees, maar kan ook meer skade as goed doen as dit nie behoorlik toegedien word nie ......... asperger breintjies is erg sensitief vir enige chemiese wanbalanse en reageer dan ook sensitiewer op meeste middels, daarom is dit belangrik om kenners hulp in te roep ( en nie alle dokters of psigiaters is altyd so clued op hierdie toestande nie ) ........


    as julle oorweeg om haar langtermyn daar te hou, dink aan iets wat haar kan besig hou ..... sy het mos joernalisiek geswot as ek reg onthou ? ..... wat van haar aanstel om 'n nuusbladjie bymekaar te sit - maandeliks of so, wat bv. op e-pos uitgestuur kan word ( onder toesig vanselfsprekend ! ) ......... laat haar dalk van julle mensies se " stories " skryf ( hou net 'n oog hier, natuurlik ) ............ dit sal haar ook help om meer bewus van julle struktuur en ander se probleme te word ......

    anyways ...... hoop dit help .....

    sterkte,seengroete en tonne huggs....m
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. SNOW on the farm... Pictures
    By Firefighter in forum Christian Fellowship
    Replies: 34
    Last Post: Feb 8th 2010, 06:29 PM
  2. Boererate wat werk.
    By protea in forum Alles en nog wat
    Replies: 13
    Last Post: Aug 1st 2009, 01:34 PM
  3. Gebed: Aansoek vir werk
    By marline in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 28
    Last Post: May 4th 2009, 07:35 PM
  4. Gebed: Ek wil werk vir Jesus
    By MercyChild in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 3
    Last Post: Mar 19th 2009, 07:01 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •