Raai raai hoekom is ons bure wat met wingerd boer so lief vir ons?...... Omdat ons so baie vyebome het en voels verkies enige dag vye bo druiwe. My skoonpappie hulle het op hulle ou familieplaas onder teen die rivier n lang vyelaning gehad naby die voels se neste. Die voels hak dan by die vyebome vas en hulle vlieg nie verder na die wingerd toe nie. Elementary my dear Watson....
Die foto is geneem van die Kadota vy en die druppel wat so hang is nie omdat hy besig is om suur te word nie. Dis n helder kleurige jel en stroopsoet en die bye is mal daaroor. As jy netnou weer by die vyebome kom het die bye dit al weer weggewerk. Jy kan ook merk die toe vrugogie en daarom raak die Kadota vy nie sommer suur ook nie want die muggies wat die vye suur maak het nie toegang nie.
Dis voorwaar n treffer. En ja , daar is nog oorgenoeg vye vir ons ook en om weg te gee. Hier is nie swerms finke en spreeus nie , maar WOLKE van hulle... Toe ons hier gekom het , het Hubby gese ek moet een van elke soort plant en so plant ek rustig voort om nou met 22 vyebome te sit , oorgenoeg vir mens en dier(ystervarke) en voels.




Reply With Quote



.

Bookmarks