Na aanleiding van DSTV se planne om 'n porno-kanaal te begin, het Helpende Hand hierdie webtuiste begin waar mense 'n mediaverklaring aan Multi-Choice kan onderteken.
Volgens hierdie berig is daar al 13 000 mense wat die projek ondersteun.
Kan ek vra dat die Lighuisers ook hulle stem daar sal ingooi ? Dit vat letterlik net 'n paar sekondes om te regestreer
Wat dink julle ouens van pornografie ? Daar is natuurlik 'n groot gros mense wat reken dat porno nie sleg is nie, veral om dinge bietjie "op te kikker" in die huwelik. In bg. berig skryf Danie Langer egter:
Interesante stelling nê ?"All those who watch pornography are not necessarily molesters, but according to experts all child molesters watch pornography."
Ons lewe in 'n wêreld waar pornografie en losbandigheid heeltemal aanvaarbaar geword het, en eintlik aangemoedig word, maar wat is die gevolge hiervan ? Behalwe vir die skade aan jou siel, het mense wat hierdie lewenstylle aanmoedig al onlangs na die nuutste HIV statistieke gekyk ? Suid Afrika is los hande voor die res van die wêreld wat VIGS besmetting betref, wat beteken dat ons seker loshande die losbandigste land in die wêreld ook is. Losbandigheid en rondslapery word as kulturele verskynsels aan ons voorgehou om dit meer aanvaarbaar te maak, en Christene word selfs verkwalik as hulle eie sedes meer belangrik is as politieke korrektheid.
Wat is julle mening hieroor ? Wil jy graag sien dat jou kinders en kleinkinders onder hierdie omstandighede groot word ? Wat staan ons te doen as ouers, grootouers, en "wagters op die muur" wat die verskantsing (indien enigsens) van ons kinders betref ?




Reply With Quote


Bookmarks