Hierdie is iets wat ek al 'n geruime tyd dink, maar ek wil graag andere se opinie hieromtrent hoor.
Ons hoor gereeld dat skeppings-wetenskap te maklik is omdat God onsigbaar en onmeetbaar in die materieele wêreld is. Natuurlik is daar heelwat goeie argumente wat op die noodsaaklikheid van 'n persoonlike nie-materiele Skepper dui, so dit nie net 'n kwessie van blinde geloof nie, maar in iedergeval is ons gelowiges en die Christen geloof het sy eie A Priori's.
Maar terwyl die ewolusionis vingers wys oor onverifieerbaarheid, wonder ek of hy besef dat ewolusie lankal nie meer sodanig vaspenbaar is met bewyse nie.
Ek het reeds genoem dat die as mens die hoof teorie en al die sy-teoriee in ag neem, dan dek dit eintlik enige iets. 'n Teorie wat enige iets dek is nutteloos en ongeldig.
As ek sê, "Ouens, ek het 'n teorie: ALLES is of 'n lemoen of dit is nie." dan is dit 'n lee en tautologiese teorie.
"Lemoen?", "Ja, pas in by my teorie want my toerie voorspel dat daar lemoene sal wees".
"Liefde?", Yip, dit is nie 'n lemoen nie. Presies soos my teorie voorspel"
ens. ens.
Nou kyk mens na ewolusie, en mens sien iets soortgelyks:
Ewolusie bepaal dat spesies sekere eienskappe sal deel. Die gedeeltes wat nie baie geewolueer het nie.
Ewolusie bepaal dat spesies sekere verskille sal hê. Dit gedeeltes wat baie gewolueer het.
So ewolusie voorspel eendersheid en verskille, ja? So dit voorspel eintlik niks...
Ah, maar meer verwante spesies behoort meer eenders te wees, nie waar nie?
Die probleem is, dat die realiteit dit nie ondersteun nie, ons sien onverwante spesies soos die dolfyn, die karp en Ichthyosaurus, wat totaal onverwant is, wat eenders is.
Vlêrmuise en walvisse en dolfyne is onverwant maar hulle het 'n hoogs gesofistikeerde sonar stelsel wat nêrens anders in die natuur voorkom nie.
So ewolusie kom met 'n ondersteunings-teorie op genaamd "Convergent evolusion" wat sê dat somtyds kan onverwante diere in soortgelyke rigtings ewoleer, omdat dit werk.
Maar ewolusie beweer ook dat verwante diere heeltemal verskillend kan wees. Volgens ewolusie is wolwe moontlike voorvaders van walvisse.
So, wat het ons?
Verwant diere kan eenders of verskillend wees.
Onverwante diere kan eenders of verkillend wees.
Wat presies het verwantskap of eendersheid dan eintlik met ewolusie te doen en hoekom word eendersheid aangebied as bewyse vir verwantskap?
Maak wat ek sê sin, of is daar iets wat ek mis?




Reply With Quote



Bookmarks