cure-real
Results 1 to 5 of 5

Thread: Prof. Julian Müller

  1. #1
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,638

    Prof. Julian Müller

    Op 2010-03-06 is die artikel "Dít wat ons nié dink" van prof. Julian Müller in die Beeld geplaas. Hy lewer kommentaar op ds. Klaas Hendrikse, die ateïstiese dominee van Nederland, wat sê God bestaan nie, maar is bloot iets wat tussen mense gebeur. Hieronder is sommige van Müller se uitsprake.

    "Met die ontwikkeling van die wetenskaplike wêreldbeeld waar daar nie meer 'n bo en onder in die heelal is nie en waar daar bewyse is van 'n evolusionistiese ontwikkeling oor miljoene jare, word dit vir die denkende mens toenemend moeilik om aan 'n teïstiese God te glo...

    “Die uitweg kan dalk in 'n ander rigting lê: As ons by 'n punt kan uitkom waar ons nie a-teïsties dink nie, maar post-teïsties. Gelowig, maar by die teïsme verby en nie in stryd daarmee en in reaksie daarop nie. Miskien bedoel Hendrikse dit so, maar dan is dit jammer dat hy homself as 'n ateïs bestempel,want dit skep baie verwarring.

    “Ek, aan die ander kant, sou myself 'n post-teïs wou noem. Dit beteken ek aanvaar doelbewus dat daar 'n era met denkwyses en taal oor God verbygegaan het. Natuurlik word ek nog daardeur beïnvloed en is dit bykans onmoontlik om nie reste daarvan in my eie denke en taal saam te dra nie. Ek dink nog, praat nog en sing nog in die ou taal en word selfs daardeur aangespreek. Aan die ander kant weet ek dat ek onherroeplik aanbeweeg het en nou gefassineer en geïnspireer word deur nuwe denkraamwerke oor God."

    Wat bedoel prof. Müller met post-teïsties? Hoe verskil dit van a-teïsme?

    Ons weet lankal hy glo nie dat Jesus uit die dood opgestaan het nie, maar nou lyk dit of die saak verder gaan. Liberalisme is 'n glybaan wat uiteindelik uitkom by die ontkenning van God. Hoe ver is Julian nou daarvandaan of is hy al daar?

  2. #2
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,965
    Ek dink hy is reeds daar David, as mens kan antwoord op die laaste vraag wat jy vra... Hierdie man is besig met die wysbegeerte en wil God filosofies beredeneer en opwek en mens doen dit net, as Hy nie meer vir jou bestaan nie. Hoe sou verhoudings tussen mans en vrouens wees, as mens dit so moes benader? Ek dink nie dit sou bestaan het nie. Dit is soos Atlantis, mens kan basies net oor hierdie stad filosofeer..., want vir wie bestaan hierdie stad nog?
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  3. #3
    Ek is bevrees hierdie soort denkwyse neem al meer toe. Gelowiges word onder al meer druk geplaas, ons kom dit net nie agter nie.
    Ek het 'n gevoel ons gaan later 'n punt bereik wat dit amper onmoontlik gaan wees om rein te bly en God te dien. Hopelik by daardie tyd het Jesus ons kom haal...

  4. #4
    Quote Originally Posted by David2 View Post
    Liberalisme is 'n glybaan wat uiteindelik uitkom by die ontkenning van God.
    Jy raak vir mynsiniens die kern van die sak aan met hierdie sin David, mens kan die degradering van 'n persoon se geloof baie maklik voorspel sodra hy/sy deurmekaar begin raak met liberalisme.

    Quote Originally Posted by David2 View Post
    Hoe ver is Julian nou daarvandaan of is hy al daar?
    Ek is versigtig om 'n oordeel te vel maar ek vermoed hy is al heeltemal daar : Om die Goddelikheid van Jesus Christus en die krag van Sy kruisdood te ontken maak van jou 'n goddelose nie waar nie ?

  5. #5
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,867
    Hallo. Verskoon as my antwoord bietjie filosofies raak. Ek verduidelik al die terme.

    Ek sou sê dit gaan oor godsbeeld. Wanneer jou godsbeeld so postmodern is dat jy nie meer God as 'n teïstiese, transendente, metafisiese, persoonlike God erken nie, raak "God" eintlik 'n kulturele skepping, 'n eie maaksel van die mens.

    teïsties: 'n God as werklike Persoon wat ontologies (in terme van sy bestaan) apart van die mens bestaan.
    transendent: buitekant / anderkant die werklikheid van menswees. Die New Agers glo bv. in 'n "immanente" God (teenoorgestelde van transendent) - hulle sien die mens is eintlik deel van God (panteïsme en panenteïsme).
    metafisies: dit verwys na 'n werklike dimensie waarin werklike wesens bestaan (soos God, engele, demone) wat nie fisies meetbaar is nie. Hulle bestaan nie in die fisiese, natuurlike realm nie, maar in die meta- (anderkant) fisiese realm.

    Julian Müller se standpunt kom daarop neer dat "God" 'n term is wat mense toedig aan dele van menswees wat hulle nie kan verstaan of met hulle sintuie kan ondersoek nie. Dit kom daarop neer dat "God" bloot 'n skepping is wat in 'n bepaalde kultuur neerslag gevind het, 'n skepping van die mens.

    Müller se teologie neig ook na monisme: dit het te doen daarmee dat hy nie die fisiese realm van die metafiese realm van mekaar skei nie. Anders gesê, hy tref nie 'n onderskeid tussen dit wat natuurlik is en bonatuurlik is nie. Hy praat daarom ook van 'n "integrale wêreldbeeld" - baie kenmerkend van oosterse en New Age denke.

    So die kort antwoord is, ja, wanneer jou godsbeeld so menslik is, glo jy nie meer in die God van die bybel nie, maar in 'n god wat deur die mens self geskep is.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •