Die meeste van ons het reeds die berigte gelees rondom die fossiele van 'n voorheen ongekende mensagtige of "homonoid" spesie wat in die Malapa grotte sowat 40 km van Johannesburg gevind is. ( BERIG )
Die eerste ding wat mens opval is die bemarking wat rondom hierdie fonds gedoen word : dit is finominaal om te sien hoeveel geld deur veral WITS en die regering in hierdie ding gepomp word. Wat 'n mens kon sien van die bekendstelling aan die publiek was absoluut "mind-blowing" , en baie goed gedoen : ek dink mens kan maar krediet gee aan die persone wat hierdie bemarkingsveldtog beheer : hulle weet wat hulle doen.
Ek dink mens moet ook in alle eerlikheid sê dat kreatonis-wetenskaplikes nog nie werklik die geleentheid gehad het om die gebeentes in detail te bestudeer nie, en soos hierdie AIG skrywe tereg opmerk :
Mynsinsiens moet dit duidelik gemaak word dat die mense wat glo dat die letterlike skepping soos vervat in Genesis waar is, nog altyd van mening is dat hierdie spesifieke fondse van mens-ape, of aap-mense, of verlore skakels, of watookal dit genoem word deur die hoofstroom wetenskap, in slegs drie groepe kan val, naamlik OF mens, OF dier (aap) , OF 'n liegstorie. (hoax) . Ek sit spesifiek die derde by aangesien daar so baie voorbeelde hiervan in die geskiedenis is.Creationists, in particular, do not routinely have access to such finds until much time has passed, preventing an investigation based on the biblical perspective.
Bogenoemde artikel begin met die kommentaar :
Is it time already for the announcement of yet another alleged “missing link”? Apparently so!
en gaan dan voort om te wys dat daar alreeds onsekerheid bestaan oor die presiese klasifikasie van die gefosileerde bene wat gevind is : is dit nou klasifikasie Homo of Australopithecus ? Ek glo dat die politiek waarin hierdie fonds vasgevang is eerder sal seevier as die waarheid, maar kom ons kyk maar of die geskiedenis homself gaan herhaal.
Ek glo ons moet egter vasstaan by een waarheid, soos wat hierdie artikel tereg afsluit mee :
Besef julle dat hierdie waarheid nog nooit impiries verkeerd bewys kon word nie ?As creationists, we can be confident of one thing: the Creator God created humans distinct from all animals, and we were made in His image and not from an ape-like creature (Genesis 1).




Reply With Quote





Oooook!
Bookmarks