Wat of wie is 'n ware kerk? Ek plaas 'n verkorte weergawe van 'n paar vereistes. My vraag is ook of ek aan 'n kerk/gemeente moet behoort, en hiermee bedoel ek 'n gemeente/kerk wat die Woord reg sny. Daar is 1000de gemeentes en kerke, maar nie almal voldoen nie. Dus gaan hierdie draad oor mense wat aan so 'n gemeente/kerk behoort. As dit die geval is, moet ek dan nog na ander gemeentes toe gaan of na ander leraars gaan luister? Ek weet ons is almal een liggaam in Chistus, maar moet jy nie die gemeente waar jy 'n lidmaat is ondersteun en getrou aan wees nie?
Is dit regverdig teenoor jou mede broers en susters en veral jou leraars om jou by ander gemeentes/leraars te skaar?
KENMERKE VAN ‘N WARE KERK
Die Woord van God is sentraal.
Wie die regte Kerk soek, moet vra: Is die Woord sentraal in die prediking?” Die prediking moet Woord-uitleg wees. Die prediking breek die Woord oop vir die mense sodat mense die Woord verstaan en deur die toepassing hoor wat God wil sę.
Die leierskap is volgens die Woord
Die rol van die geestelike leier bepaal die koers van ‘n Gemeente. Wie die regte Kerk soek, moet kyk na die leer, lewe en prediking van die geestelike leier. As die leraar die gemeente voed met morele lessies, sosiale teregwysings, geskiedkundige feite, kursusse, seminare en die Woord nie sentraal is nie, is die gemeente ‘n valse Kerk.
Die ware Kerk verkondig goeie nuus
Evangelie beteken goeie nuus. Die Goeie Nuus het te doen met mense se verlossing. Die goeie nuus is nie net dat God liefde is en sondaars liefhet nie. Die goeie nuus is ook nie dat Hy ons wil seën met voorspoed, met Sy gawes en dat ons reg moet lewe nie!
“Today, people can be happy, healthy members of evangelical churches without ever having to face a God who is anything more than a “buddy”, a Savior who is anything more than a example, and a Holy Spirit who is anything more than a power source. And that can happen without faith, without repentance, indeed, without conversion.” (PA Newton)
Lidmaatskap is voorwaardelik
“Terwyl ek kragtig by die Jode sowel as die Grieke aangedring het op die bekering tot God en die geloof in onse Here Jesus Christus.” (Hand 20:21). Die versikl tussen ‘n sekulęre organisasie en die Kerk as organisme, as liggaam van Christus, is baie groot. ‘n Kerk is ‘n groep mense wat ‘n ervaring van wedergeboorte het en deur die Heilige Gees saamgevoeg is in ‘n liefdesgemeenskap.
“There is a common worldly kind of Christianity in this day, which many may have, and think they have enough – a cheap Christianity which offends nobody, and requires no sacrifice – which costs nothing, and is worth nothing.”
J C Ryle
Dissipline/Tug
Daar behoort ‘n duidelike verskil te wees tussen die węreld en die Kerk. Sogenaamde christene lyk vandag net soos die ongeredde węreld. Hulle taal is dieselfde, hulle kyk na dieselfde onsedelike TV programme, lees dieselfde vuil tydskrifte, kul met die belasting, lag vir dieselfde vuil grappies, koop Lotto kaartjies, ens, ens. Die Kerk is veronderstel om heilig te wees want die Kerk se bestaansrede is die verheerliking van God.
“I think that genuine renewal in the church is tied in same way to her willingness to confront sin.”
John H Armstrong
Evangelisasie
Die Kerk bestaan uit mense wat uit genade gered is (genade is ‘n donasie). ‘n Donasie is ‘n gratis geskenk, ontvang sonder enige verdienste. Dankbaarheid is die gevolg van die ontvang van ‘n donasie. ‘Hy vir wie baie vergewe is, het baie lief.’ (Luk 7:47) Hieruit volg ‘n lewe van gehoorsaamheid en die begeerte om te getuig. Dit is tot sulke wedergebore, dankbare kinders van die Here wat die laaste opdrag uitgaan: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies…” (Mat 28:19).
“The test of a congregation, apart from personal holiness, is how effectively members penetrate the world. American churches are filled with pew-filling, sermon-tasting, spiritual schizophrenics, whose believe and behaviors are not congruent.”
Agape liefde
Die Kerk behoort ‘n intieme liefdesgemeenskap te wees. “Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar…” (1 Joh 1:7) Jesus het gewaarsku dat daar geen verhouding met God kan wees as mense nie onderling met makaar in die regte verhouding is nie. Hy het Sy verhouding met Sy Vader as voorbeeld gegee. Die verhouding tussen Vader en Seun moes in die gemeente reflekteer. “’n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhę; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhę. Hieraan sal almal weet dat julle My dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.” (Joh 13:34; 15:12)
Bookmarks