Ek haal 'n gedeelte aan van 'n plasing oor die koste verbonde aan evangelisasie.
Hoe is dit dat daar miljoene geborg word vir sport, ontspanning, drank en so meer. Hoeveel besigheids mense wat by MMC was borg hierdie instansies, maar vra geld vir die voorsiening van skerms, waterpype, ens.Nou vermenigvuldig hulle R150 met 250 000 mense en sien Buchan het byna R40miljoen gemaak.
Ek sidder om te dink wat die kostes is wat Buchan en die trustees aangegaan het om hierdie naweek moontlik te maak.
Afgesien van die verhoog, klankstelsels en massiewe grootskerm-televiestelle wat honderde duisende rande, dalk miljoene moes kos om op te rig, is minstens 250 000 grasbale gebaal wat as sitplekke kon dien. Altesaam agt kilometer se waterpype is aangelê met 2800 sit-toilette en 2500 storte! Voorts word die buurplase se eienaars vergoed vir hul grond waarop hulle nie kan plant nie en waar die besoekers hul tente opslaan.
Absa borg ook die oudste nasionale kunskompetisie, die jaarlikse Absa L’Atelier vir jong kunstenaars van tussen 21 en 35 jaar.
http://www.artlink.co.za/news_articl...ontentID=16965
Nedbank het behendig ’n gaping gevat en homself met ’n borgskap (sokker) van R400 miljoen oor die volgende vyf jaar tot nóg ’n groot sportsoort verbind.
http://152.111.1.88/argief/berigte/b...teNedbank.html
Met sy ruim borgskapsteun, is Toyota die derde agtereenvolgende jaar weer die voorloper onder goue Pendoring-borge.
http://www.pendoring.co.za/a_news.html
Hierdie is maar 'n druppel in die emmer. My vraag is.......waar is die BORGE vir die werk van Jesus.
2Co 11:7 Of het ek sonde gedoen deur my te verneder sodat julle verhoog kan word, omdat ek die evangelie van God kosteloos aan julle verkondig het?
2Co 11:8 Ander gemeentes het ek beroof deur vergoeding te neem om julle te bedien; en toe ek by julle teenwoordig was en gebrek gehad het, het ek niemand lastig geval nie.
2Co 11:9 Want in my gebrek het die broeders voorsien wat van Macedónië gekom het. En ek het my in alles in ag geneem om julle nie te beswaar nie, en ek sal my in ag neem.





Reply With Quote




Bookmarks