Mans het ‘n universele klagte: hulle verstaan vrouens nie en weet nie wat ons wil hê nie. Wel, hulle is absoluut korrek, en al het dié uitdrukking al “clichéd” geraak is dit inderdaad waar: Mans is van Mars en vroue van Venus.
Dit is ‘n fout om eers ‘n poging aan te wend om ‘n artikel te skryf oor wat ons Evasgeslag wil hê. Daar is ontelbare webwerwe en boeke wat probeer om vrouens se behoeftes op te som in handige hardeblad handleidings met glansomslagte wat die arme bekommerde man raad kan gee wanneer hy op sy volgende inkopietog desperaat na ‘n geskikte geskenk soek terwyl hy in sy diepste wete daarvan bewus is dat hy dit net nooit reg sal kry nie. Al wat ‘n mens van die boeke kan sê is dat dit iets bevestig wat mans in elk geval weet en dit is dat hulle niks van ons af weet nie.
LEES VERDER:
http://www3.woes.co.za/artikels/vert...e_Verstaan.htm





Reply With Quote




Bookmarks