Groot was ons verbasing toe ons die Meimaand se Weg ( met die Drakensberge voorop) deurblaai en op bl 24 n pragtige foto van ons plaas op die Agulhas Vlakte sien. Ons plaas is op die voetheuwels van die Bredasdorp berge, direk aan die suidekant van Napier (dorp van die maand). As jy op die berg by die toring staan kyk jy op ons plaas af. Die fotograaf moes n entjie teen die berg afgestap het , want ons huis en die tee verwerkingsaanleg se dakke is van bo af te sien. Op die foto is slegs die stoor en werkershuise te sien met die huis weggesteek agter die bome. Ons tee aanplantings is ongelukkig nie op die foto nie en is regs teen die berg. Die horison is so 30 km van ons af en net agter daardie duin le Kaap Agulhas en Struisbaai en vrinne. Ook die sendingstasie Elim is maar so 13 km padlangs van ons af.




Reply With Quote


Bookmarks