cure-real
Results 1 to 3 of 3

Thread: FinansiŽle ineenstorting

  1. #1
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,693

    FinansiŽle ineenstorting

    Eers het die Dollar begin val, nou is dit die Euro, met Griekeland wat bankrot is en Frankryk sterk op hulle hakke. Toe hoor ons ook dat China, wat 'n klopmpie jaar gelede met 'n groot bang weggespring het toe hulle "kapitalisties" geword het, nou ook finansiŽle probleme het. Hulle kan eenvoudig nie meer die pas volhou nie. As die wÍreld se heel sterkste geldeenhede so agteruitgaan, wat sÍ dit vir julle van die tyd waarin ons leef? Hoe ver is ons van die punt af waar die groot misleier gaan opstaan en gaan sÍ: "Luister na my, ek sal julle geldelike probleme vir julle oplos."

    En as jy meer wil lees oor die wÍreld se ekonomiese krissis en wat dit beteken, los dan die koerante en gaan lees Jak. 5

    5:1 Kom nou, julle rykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom.

    5:2 Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel.

    5:3 Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot 'n getuienis teen julle wees en sal soos 'n vuur julle vlees verteer. Julle het skatte vergader in die laaste dae.

    5:4 Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep uit; en die geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van die Here van die leŽrskare.

    5:5 Julle het op die aarde 'n weelderige en losbandige lewe gelei; julle het jul harte vet gevoer soos op 'n slagdag.

    5:6 Veroordeel, vermoor het julle die regverdige; hy versit hom nie teen julle nie.

    5:7 Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeŽ en die laat reŽn ontvang het.

    5:8 Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby.

  2. #2
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    1,029
    Ek het net anderdag 'n praatjie van 'n Suid Afrikaanse ekonoom geluister. Die ekonoom het gesÍ dat die impak van Amerika se krisis die ganse wereld beÔnvloed het, maar dat lande soos Suid Afrika effens ligter daarvan afgekom het. Die rede daarvoor is dat ons ekonomie grootliks deur grondstowwe gehelp is, met die dat die groot ontwikkeling in China klomp grondstowwe opgeslurp het. As China dus ook begin swaartrek en die aanvraag na grondstowwe begin afneem, sal Suid Afrika die volgende stamp so bietjie harder beginne voel...

    As jy nog nie erns gemaak het met jou verhouding met God nie: daar is volop waarskuwings dat die tyd besig is om ons in te haal, oppas dat dit nie dalk uitloop voor jy reg is met God nie.

  3. #3
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699
    Quote Originally Posted by Son of the South View Post
    As jy nog nie erns gemaak het met jou verhouding met God nie: daar is volop waarskuwings dat die tyd besig is om ons in te haal, oppas dat dit nie dalk uitloop voor jy reg is met God nie.
    Wat nog te se van hoeveel tyd elkeen van ons oor het, more word jy dalk nie wakker nie! en Hy het jou so liefgehad dat Hy vir JOU OOK aan die kruis gesterf het, glo dit net en se vir Hom jy is jammer, laat die res aan Hom oor, Hy SAL jou verander... 8-)
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. n Finansiele suksesverhaal.
    By protea in forum Alles en nog wat
    Replies: 9
    Last Post: Feb 1st 2010, 05:11 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •