Your Advert here
cure-real
Results 1 to 3 of 3

Thread: Die "egbreuk" Bybel

  1. #1

    Die "egbreuk" Bybel

    Kom ek nou net op 'n interesante (en snaakse ! ) storie af : die storie van die sg. "wicked" , "adulterous" of "sinners" Bible ......

    Die storie gaan so :


    In 1631 is daar 'n weergawe van die King James Bible deur mnr'e Robert Barker en Martin Lucas, die koning se drukkers in London gedruk. Alles goed en wel, maar toe maak hulle 'n spelfoutjie met die druk van Eksodus 20:14 en los 'n woord uit .... dit lees toe so :

    Thou shalt commit adultery.
    Die Bybels is omtrent almal vernietig in opdrag van 'n baie ongelukkige koning Charles die eerste, en daar is vandag net 11 van hierdie eksemplare nog oor.

    Natuurlik is hierdie eksemplare ook BAIE waardevol as gevolg van hulle unieke versamelwaarde.

    Bron

  2. #2
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,469
    Blog Entries
    10
    Dit is hoekom die oorspronklike oorskryf (kopie) van die Hebreeuse OT dit so belangrik was om elke lettertjie per lyn te tel, dan te tel hoeveel van watter letter daar per lyntjie is, en dan die somtotaal van alles per bladsy sodat geen fout insluip nie, en sou jy 'n fout maak mat die oorskryf, dan gaan jy maar huistoe n iemand anders gaan aan met die oorskryf werk.
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  3. #3
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699
    Interresant dat grieks en hebreeus die enisgte numeries en fonetiese alfabete/s? is en die ou testament grieks reeds ?300 vc vasgemaak is, (septuagint ) so die wat wil stry moet eers by die' verbykom met "nuwe vertalings" soos die opkomende afr waar hoofletters vir profeties verse vir Jesus blykbaar weggelaat moet word omdat Hebreeus nie hoofletters het nie....... so gaan ons alles ...ook God se naam in kleinletters nou skryf en elke sin met 'n klein-letter begin? ( het artikel gelees oor die waar iemand kapsie maak oor proef wat te lees gekry het...)

    Die Heilige Gees bly darem deur alles getroue opsigter oor die Woord... kry e-sword en kry paar bybels en vertalings en lees so drie of vier langs mekaar ... al verskil die woorde, kan die waarheid nie onderdruk word nie!
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Replies: 25
    Last Post: Mar 21st 2013, 10:41 PM
  2. Help asseblief bybel skool taak oor "creation"
    By Cornelia Russell in forum Aanlyn Bybelskool
    Replies: 7
    Last Post: Apr 3rd 2009, 03:42 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •